Waugh sê Smith moet leisels los

2012-02-07 00:00

SYDNEY. – Graeme Smith moet ’n blaadjie uit Ricky Ponting se boek neem en afstand doen van die kapteinskap van die Suid-Afrikaanse toetsspan, glo die voormalige Australiese krieketkaptein Steve Waugh.

Smith, wat verlede jaar ná die Wêreldbeker-toernooi afstand gedoen het van die kapteinskap van die eendagspan, het ’n lopiedroogte beleef in die toetsreeks teen Sri Lanka en het ’n gemiddelde van slegs 29.50 in die drie toetse gehandhaaf.

Daar is baie kritiek uitgespreek teenoor Smith, met talle ondersteuners wat glo hy moet die tuig neerlê.

Waugh stem daarmee saam, en hy glo die lopies kan weer van sy kolf vloei nadat hy afstand gedoen het van die las van kapteinskap. Dit is wat met Ponting gebeur het in die onlangse toetsreeks teen Indië.

Die gewese Aussie-kaptein het ’n honderdtal en ’n dubbele honderdtal gemoker.

“Graeme is al van ’n jong ouderdom die kaptein en hy dra daardie mantel nou al ’n lang tyd,” het Waugh aan Eyewitness News Sport gesê.

“Miskien sal dit nou vir hom goed wees om net ’n speler te wees en nie meer die kaptein nie. Ricky Ponting het dit gedoen en dit het baie druk van hom afgeneem. Graeme moet daaraan dink om nie meer ’n toetskaptein te wees nie en net sy kolfwerk te geniet.”

Waugh is ook uitgevra oor die Suid-Afrikaanse spelers se spelpeil en hy glo hulle moet meer bestendig wees as hulle as die beste span ter wêreld bestempel wil word.

“Suid-Afrika het oomblikke wanneer hy soos die beste span ter wêreld lyk, maar dan is daar weer tye wanneer hy glad nie so lyk nie,” het Waugh gesê.

“Hulle (die Proteas) is bietjie onbestendig. Hulle moes Australië in die onlangse reeks met 2-0 geklop het, maar om een of ander rede kan hulle dit nie doen wanneer die geleentheid hom voordoen nie.” – Sportredaksie

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Krieket-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.