Meer as R1,5 m. vir Philander aangebied

2012-02-04 03:00

BLOEMFONTEIN. – Herschelle Gibbs staan straks met vandag se veiling in Bangalore ’n kans om ’n bod op hom te verenig en weer in die Indiese Premierliga (IPL) krieket te speel.

Die 37-jarige Suid-Afrikaner, wat voorheen vir die Deccan Chargers gespeel het, se kolf was aan die brand vir die Perth Scorchers in die Big Bash-liga. Hy het die beste vertoon van al die oorsese spelers in dié afgelope Australiese blitsreeks.

Die minimum bod op Gibbs is boonop relatief min.

Dit beloop slegs R400000, wat ook die intreebod vir die Suid-Afrikaanse snelbouler Marchant de Lange is.

Sy landgenote Vernon Philander en die voormalige Indiese Krieketliga-speler Nicky Bojé se laagste bod is heelwat meer, R1,6miljoen.

Altesame 30 Suid-Afrikaners is van die hoopvolles op die lys wat op 30 Januarie aan die media beskikbaar gestel is. Philander, De Lange, Mark Boucher, Jacques Rudolph, Robin Peterson, Imran Tahir, Lonwabo Tsotsobe en Alviro Petersen is van spelers wat dié seisoen vir die Proteas in aksie was.

Uit Indië word berig 144 spelers van 11 lande is op vandag se vyfde veiling beskikbaar.

Die meeste van hulle gaan teleurgesteld wees.

Hoewel die franchises hul groepe van 30 tot 33 spelers mag uitbrei, is die verwagting dat sowat 20 tot 30 spelers uit die groot groep spelers bykomend gekontrakteer sal word, berig espncricinfo.com.

Die veelsydige Ravindra Jadeja van die Kochi Tuskers Kerala sal glo ’n gesogte kopie wees.

Die Kochi-span is deur die Indiese Krieketbeheerraad ontbind nadat ’n ooreenkoms verbreek is.

Die franchise se spelers is almal vir die veiling beskikbaar gestel.

Kochi se topkolwers verlede jaar, Mahela Jayawardena van Sri Lanka en die Kiwi Brendon McCullum, sal ook in aanvraag wees.

McCullum het in die heel eerste wedstryd van die eerste IPL – in 2008 – 158 onoorwonne lopies van 73 balle vir die Kolkata Knight Riders teen die Royal Challengers Bangalore gemoker. Sy intreebod is R3,2miljoen.

Die Royal Challengers Bangalore kon hul mokerman Chris Gayle van die Windies teen $550000 behou.

Dis R800000 meer as wat hy hulle verlede jaar gekos het.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Krieket-kommentaar

Leon sê... Is dit nou die verslaggewer se skuld dat Gibbs soveel keer in die moeilikheid was? Hy noem die ander spelers ook. Geen ander speler se goeie deugde word besing nie, waarom moet Gibbs s'n genoem word? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.