2012-02-07 00:00
Graeme Smith moet ’n blaadjie uit Ricky Ponting se boek neem en afstand doen van die kapteinskap van die Suid-Afrikaanse toetsspan, glo die voormalige Australiese krieketkaptein Steve Waugh.
2012-02-07 00:00
Engeland sal blitsvinning moet skaaf aan sy kolfwerk teen draaiboulers as hy teen die einde van die jaar steeds die voorste toetskrieketspan ter wêreld wil wees.
2012-02-05 21:36
Die Titans se moed sou in hul skoene gesak het nadat hul wedstryd die naweek teen die Warriors afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
2012-02-04 03:00
Sestien paaltjies het gister hier op die eerste dag van die derde en laaste kriekettoets tussen Engeland en Pakistan geval.
2012-02-03 00:00
’n Kniebesering in die SuperSport-wedstryd tussen die Knights en die Cape Cobras net minder as ’n maand gelede, het hom sy nasionale kleure gekos.