Cape Cobras wil dié keer ook giftig in kitskrieket wees

2011-10-30 22:00

KAAPSTAD. – ’n Nuwe uitdaging begin vandeesweek vir die Cape Cobras wanneer hulle gaan probeer om hul uitstekende spelpeil in die meerdaagse SuperSport-reeks in die nuwe eendaagse krieketreeks te herhaal.

Die Kaapse streekspan het die afgelope naweek net meer as twee dae nodig gehad om die Titans ’n hengse pak slae toe te dien. Die Cobras is op koers om dié vierdaagse titel die derde agtereenvolgende jaar te wen.

Die Cobras het Saterdagoggend al met die Titans klaargespeel toe hulle vir net 236 lopies in hul tweede beurt uitgehaal is. Die Cobras het die wedstryd met ’n beurt en 46 lopies gewen.

Justin Kemp, die Cobras se kaptein, was vol lof vir sy span, veral die boulers.

“Ek dink ons het die gunstige boultoestande beter as die Titans gebruik,” sê Kemp.

“Die Titans het effens kort geboul, wat dit maklik gemaak het vir ons kolwers.

Ek het ná die wedstryd aan my spanlede gesê dit is maklik om kaptein te wees as die ouens op die regte plekke boul.”

Rory Kleinveldt, die held in die eerste beurt toe sy 5/26 gehelp het om die Titans vir 112 uit te boender, het met 3/68 weer baljaar, terwyl Vernon Philander met 4/71 ook sy reputasie meer gestand gedoen het.

Philander het in die tweede beurt met vier van die Titans se vyf topkolwers klaargespeel.

Dit het die groot kanonne Jacques Rudolph en Martin van Jaarsveld ingesluit.

Dié veelsydige bouler is nou al die laaste drie jaar die mees suksesvolle bouler op plaaslike vlak en dit sal interessant wees om hom in Potchefstroom teen die Aussies in aksie te sien.

Philander is deel van die Suid-Afrikaanse A-span, wat van môre af die toeriste in dié studentedorp in ’n vierdaagse wedstryd pak.

Philander is ook lid van die Proteas se toetsgroep, maar dit is onwaarskynlik dat hy in die eerste toets sal speel, wat op 9 November hier op Nuweland begin.

Die Kapenaars se ander groot held in die wedstryd is die paaltjiewagter Dane Vilas. Hy het in uiters moeilike kolftoestande 161 in die Cobras se eerste beurttotaal van 394 gemoker.

Die Cobras is tans uitstekend op dreef en het twee van hul eerste drie SuperSport-wedstryde gewen.

Kemp weet dat die spelpeil bitter min in die eendagreeks sal beteken. Die Cobras speel Vrydag in Durban teen die Dolphins.

“Ons moet ook nie meegevoer raak met dié sege nie. Ons was redelik gelukkig om die loot op ’n moeilike kolfblad te wen,” sê Kemp.

“Ons het verlede jaar nogal klei getrap in die eendagreeks en is oorgehaal om vanjaar beter te vertoon.”

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.