Pitso se ‘kop (weer)op ’n blok’

2012-02-04 03:00

JOHANNESBURG. – Die Suid-Afrikaanse Sokkerfederasie (Safa) het gister gesê hy het glad nie bedoel om onsekerheid te skep oor die toekoms van die nasionale afrigter, Pitso Mosimane, nie.

Berigte wou dit gister hê dat Mosimane se kop gaan rol as Bafana Bafana nie aanstaande jaar ten minste die eindstryd van die Afrikabeker-toernooi in Suid-Afrika haal nie.

Dit volg nadat die waarnemende president van Safa, Mwelo Nonkonyana, gesê het hy is bang om die uitdrukking “koppe sal rol” te gebruik, maar dit is presies wat sal gebeur as die span nie die eindstryd haal nie.

Gister het Safa egter gesê dit was nooit sy idee om onsekerheid rondom Mosimane se posisie te skep nie.

“Safa wil dit net duidelik maak dat hy volle vertroue het in die afrigter en die spelers.

“Ons glo wel dat die span ten minste verder as die groepfase moet vorder en die ideaal is dat hy voor sy tuisskare in die eindstryd speel.

“Alles in sokker draai rondom wen. Ons weet presies watter invloed die nasionale span se vertonings op die gemoed van die nasie het.

“Dit is ’n verantwoordelikheid wat ons én die nasionale afrigter nie ligtelik opneem nie. Die nasie wil hê dat die span moet wen en ver vorder in die toernooi,” lui die verklaring voorts.

Volgens Safa is hy in beheer van die span en kan hy daarom, soos Nonkonyana gesê het, minimum vereistes vir prestasie stel.

Safa glo ook dat hy hoë doelwitte moet stel omdat dit as aansporing vir beter vertonings sal dien.

“Ons wil wen.”

Safa se doelwit oor die kort termyn is om toe te sien dat Bafana Bafana “uitstekend vaar” in volgende jaar se Afrikabeker-toernooi en kwalifiseer vir die Wêreldbeker-toernooi van 2014 in Brasilië.

Safa het gesê sy doelwit oor die lang termyn is om toe te sien dat Bafana Bafana een van die top-drie spanne in Afrika word én bly.

Bafana Bafana het die Afrikabeker-toernooi in 1996 met sy eerste probeerslag gewen.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Ander-kommentaar

anton.delport sê... Boels is darem stil die week? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.