Dubbele slag vir Contador

2012-02-07 00:00

Alberto Contador is wel geskors, maar kan vanjaar al weer deelneem. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – Alberto Contador, ’n driemalige Tour de France-wenner, het gister maar die derde fietsryer in die Tour se 109-jarige bestaan geword wie se titel van hom weggeneem is.

Dit volg nadat die arbitrasiehof vir sport beslis het dat die Spanjaard wel gedurende die Tour in 2010 clenbuterol, ’n verbode middel, gebruik het.

Contador het aangevoer dat hy dié middel sou ingekry het nadat hy besmette vleis geëet het.

Die arbitrasiehof het bevind dat die verskoning onwaarskynlik is en daarom is hy vir twee jaar geskors. Die vonnis is terugwerkend, wat beteken dat Contador weer van 6 Augustus aan renne kan deelneem.

Andy Schleck van Luxemburg, wat in 2010 tweede net 39 sekondes agter Contador geëindig het, word nou as die Tour-wenner beskou. Schleck het al verlede jaar gesê dit is nie hoe hy ’n Tour wil wen nie.

In 2006 is Floyd Landis se Tour-titel van hom weggeneem nadat daar in ’n toets bevind is dat sy testosteroon-vlakke heeltemal te hoog was.

Maurice Garin van Frankryk, wat in 1903 die eerste Tour de France gewen het, het in 1904 die eerste kam­pioen geword wat amptelik vir twee jaar geskors is. Sy titel is ook weggeneem.

Dié presiese rede hiervoor is nie duidelik nie. Gerugte wil dit hê dat Garin op sy oudag erken het dat hy ’n deel van die Tour in ’n trein sou afgelê het.

Contador is die vierde Tour-kam­pioen sedert 1996 wat hom aan die gebruik van verbode middels skuldig gemaak het.

Bjarne Riis, 1996 se kam­pioen, het in 2007 erken hy het verbode middels gebruik toe hy gewen het.

Jan Ullrich, kampioen in 1997, is in 2006 nie toegelaat om aan die Tour deel te neem nie, omdat daar bewerings was dat hy verbode middels sou gebruik het. Hy het in 2007 uitgetree voordat die ondersoek afgehandel kon word.

Marco Pantani, 1998-kampioen, het wel nooit positief getoets nie, maar hy is in 1999 nie toegelaat om die Giro d’Italia te voltooi nie, omdat sy rooibloed-telling die wenkbroue laat lig het.

Die vermoede het bestaan dat hy EPO sou misbruik het.

Pantani het in 2004 aan ’n oordosis kokaïne gesterf.

Ten spyte daarvan dat die VSA se federale ondersoek laat vaar is ná die beweringe dat Lance Armstrong, sewemalige kampioen,verbode middels sou gebruik het, sal daar altyd ’n vraagteken oor dié Amerikaner hang.

Cyclingnews.com haal ’n joernalis van Sports Illustrated aan wat sê hy is nie verbaas dat die ondersoek teen Armstrong laat vaar is nie.

“Armstrong is ’n magtige man met baie kontakte in hoë plekke. Hy is ook dié held van baie mense.”

Die vrae wat altyd oor Armstrong gevra word, beteken dat Carlos Sastre (2008) en Cadel Evans (2011) waarskynlik die enigste twee werklik “skoon” Tour-kampioene van die afgelope 16 jaar is.

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Ander-kommentaar

anton.delport sê... Boels is darem stil die week? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.