Chippy speel homself terug in top-50 met Katar-sege

2012-02-05 21:36

Paul Lawrie het gister sy bynaam gestand gedoen en as oorwinnaar uit die stryd getree in die Katar-meesterstoernooi. Foto: Ross Kinnaird, Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

DOHA. – Paul Lawrie tel die eerste keer sedert 2003 weer onder die 50 voorste gholfspelers ter wêreld nadat hy gister hier sy tweede Katar-meesterstoernooi gewen het.

Die 43-jarige Skot, wat as Chippy bekend staan, het twee keer kaphoue in die blikkie laat rol om sy laaste rondte op 65 houe af te sluit.

Australië se Jason Day en die Sweed Peter Hanson het met vier houe meer geëindig.

Skaars ’n jaar gelede was Law­rie, Ope-kampioen van 1999, nog 272ste in die wêreld, maar nou is hy weer in gholf se uitsoekgroep.

Sy sege het ook verseker dat hy deel is van die 64 spelers wat later vandeesmaand aan die Wêreld-putjiespel-toernooi in Arizona in aksie sal wees. Hy het ook sy plek vir Mei se toernooi in Spanje bespreek.

Hy is op koers om die eerste keer in 13 jaar weer in die Ryderbeker-toernooi te speel.

As hy die volgende sewe weke sy plek in die top-50 kan behou, sal hy in April in die Meesterstoernooi in Augusta te sien wees.

“Ek dink nie ek kan veel beter as dit speel nie,” het Lawrie gesê nadat hy die 54 putjies in 15 houe minder as die baansyfer voltooi het.

Die toernooi is verkort weens ’n stormwind wat Vrydag gewaai het.

“As jy die kans het om ’n toernooi te wen, slaap jy nooit rustig die vorige nag nie. Alles steek in jou agterkop vas. ’n Mens moet net terugkeer na die basiese dinge en ek het dit gedoen,” het Lawrie gesê.

In die laaste ronde was Sergio Garcia kort op Lawrie se hakke, maar die Skot se kaphou op die negende putjie vir ’n arend het hom weer twee houe voor geplaas.

Die 24-jarige Day het die eerste en tweede nege met vier agtereenvolgende voëltjies begin, maar ’n brouhou op die negende putjie het hom agterweë gelaat.

Lawrie het voëltjies op die 11de, 14de en 16de aangeteken en die sege in die sakkie gekry met sy tweede suksesvolle kaphou op die 17de. Hanson het Day ingehaal deur ’n arend op die 16de putjie aan te teken.

’n Stout seun van gholf, John Daly, het vasgebyt en vierde geëindig.


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Ander-kommentaar

anton.delport sê... Boels is darem stil die week? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.