Amanda wil haar netbal in Nieu-Seeland slyp

2012-02-03 00:00

BLOEMFONTEIN. – Die Pro­teas-kaptein, Amanda Mynhardt, vertrek einde vandeesmaand na Nieu-Seeland waar sy klubnetbal in Auckland gaan speel.

Sy het dit pertinent gestel dat sy nie vir Suid-Afrika verlore is nie en dat sy enige tyd vir die nasionale span, soos ooreengekom, beskikbaar sal wees.

Die 26-jarige verdediger/hulpverdediger sê haar hoofdoel met die Kiwi-uitstappie is bloot om ervaring te gaan opdoen – iets wat sy later by die Proteas sal kan terugploeg.

“Ons speel eintlik baie min netbal hier en my groot doel is om bykomende ervaring te gaan opdoen.”

Die voormalige Silver Ferns-breier Yvonne Willering was by die reël daarvan betrokke. Alle betrokkenes is ook bewus van die voorwaarde dat Suid-Afrika steeds eerste keuse op haar het.

Netbal Suid-Afrika beplan ’n driehoekige reeks, terwyl Jamaika die Proteas ook vir ’n toetsreeks uitgenooi het.

“Ons het nog geen kalender gekry nie, maar hulle weet ek is beskikbaar, wat een van die voorwaardes was,” sê Mynhardt.

Behalwe dat sy kleintyd daarvan gedroom het om eendag vir Suid-Afrika te speel, was dit ook nog altyd ’n droom van haar om beroepsnetbal te speel, sê Mynhardt.

Die Blues sal vanjaar sonder haar moet klaarkom indien die Netball Grand Series nog voortgaan.

Mynhardt hoop om ook later provinsiale netbal in Nieu-Seeland te speel.

)Die bekende dr. Sherylle Calder, wat verskeie sportspanne, onder meer die Springbokke, as spesialis in visuele vaardighede bygestaan het, gaan die nasionale netbalspan ook touwys maak.

Calder meen die spelers behoort nadat sy hulle onder hande gehad het vinniger en meer doeltreffende besluite onder druk te kan neem.

Die voormalige Proteas-breier Elize Kotzé het die nuus verwelkom en sê dit kan hulle na daardie volgende vlak neem.

“As ons tussen die voorste vier spanne ter wêreld wil tel, moet daar iewers vordering gemaak word. Ons moet ook meer spesifiek wees oor wat ons probeer doen.

“Die soort afrigting wat dr. Calder sal voorsien, kan ons na die volgende vlak neem.

“Ons het fantastiese spelers en met dié wetenskaplike hulp twyfel ek nie dat ons by ons doelwit, om met die voorste vier spanne saam te praat, sal uitkom nie.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Ander-kommentaar

anton.delport sê... Boels is darem stil die week? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.