Zelda Jongbloed

André P. behoort sy prys terug te gee

2009-12-07 01:06

Ek ken die skrywer André P. Brink nie persoonlik nie, maar het respek vir en bewonder hom as skrywer.

Maar ek kan dit skaars glo dat die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) toegelaat het dat die belangrike erflating van die kuns­tenaars Marjorie Wallace en Jan Rabie na iemand soos Brink gegaan het. Brink is die eerste ontvanger van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs van R350 000, wat gefinansier word uit die twee kunstenaars se boedel. Op 75 is Brink al langer as 50 jaar ’n gevestigde skrywer en gee elke tweede jaar ’n boek uit, wat dikwels ook internasionaal vertaal word. Hoewel hy nie as een van die wêreld se grootste skrywers beskou word nie, hét hy internasionale statuur.

Ek vind dit bra skandelik,’n onreg, mistasting, amper ’n misbruik, dat die beoordelingskomitee díe belangrikste letterkundeprys in jare aan so ’n gevestigde skrywer toegeken het. Myns insiens kleef daar ietwat van ’n geurtjie aan die toekenning. En, asseblief, dit het niks met die persoon van Brink te doen nie.

Chris Barnard, Brink se goeie vriend en iemand wat nog altyd openlik partydig vir hom was, was voorsitter van die komitee wat oor die beurs moes besluit. Die ander twee was die skrywer Dido en prof. Steward van Wyk.

Opkomende sowel as gevestigde skrywers kon om die beurs aansoek doen en ek aanvaar die komitee se woord dat Brink se inskrywing die meeste beïndruk het uit die 92 wat ontvang is.

Moes die prys na ’n verdienstelike bruin skrywer gegaan het soos wat die Afrikaanse Skrywersvereniging sonder omhaal van woorde reken? Ek het nie ’n spesifieke partydigheid vir bruin as sodanig nie, wel vir jong, jongerig, talentvol en opkomend.

Ek wonder tog wat die gemiddelde mens daarin lees dat Rabie en Wallace se lewe deurgaans nou verweef was met projekte om Afrikaans binne spesifiek die bruin gemeenskap sy regmatige plek te gee. In die beoordeling van die bedoeling met die erflating kan jy dit sekerlik nie buite rekening laat dat die geld spesifiek aan die UWK – ’n tradisoneel bruin/swart universiteit – gegee is om te adminis­treer nie. Plaas ’n mens hierdie testamentêre opdrag binne die konteks van Rabie veral, moet mos onthou word dat hy veral baie oorgehad het vir en ’n lewenslange bemoeienis gehad het met bruin Afrikaanses.

Rabie het byvoorbeeld agter die skerms ’n groot rol gespeel in die uiteindelike posisionering van die UWK as sentrum vir bruin/swart letterkunde. Hy was openlik partydig vir bruin mense en hul taal, Afrikaans. Van sy laaste toesprake voordat hy siek geword het, was byvoorbeeld juis ’n aanval op die Afrikaner-establishment wat na sy mening nie genoeg gedoen het om die oorsprong (synde in bruin geledere) van Afrikaans te erken nie.

Wat staan almal te doen? As julle my vra, sou ek sê indien Brink regtig vir Afrikaans omgee en ’n jong of jongerige opkomende skrywer wil help, sal hy die prys teruggee en vra dat dit weer toegeken word. Én homself dan beskikbaar stel om só ’n skrywer te mentor. Dít sal ’n blywender nalatenskap wees as om geld, wat hy kennelik nie nodig het nie, te vat om homself “oor die witstreep te neem”.

Tweedens behoort ’n nuwe, onafhanklike komitee saamgestel te word. Dan moet weer besin word oor die bedoeling van die erflating deur dit binne die konteks van die lewe van Rabie en Wallace en hul verbintenis tot bruin en die UWK te beoordeel. Indien so ’n nuwe komitee nie dink daar is sterk genoeg jongerige kandidate nie, verdeel die prys dan tussen ’n paar opkomende skrywers.

En laat die UWK die soort van mentorsrol speel waarvoor sy eie mense bekend is. Ek dink hier aan prof. Wium van Zyl wat byvoorbeeld die skrywer A.H.M. Scholtz (Vatmaar) tot uitnemendheid gementor het.

En laat ons nie vergeet dat die skrywer Antjie Krog, wat sélf mentor, óók by die UWK is nie.

As dit só gedoen word, glo ek dat die bedoeling van Jan Rabie en Marjorie Wallace se erflating ten uitvoer gebring sal word.

Indien volstaan word met die huidige beurshouer, sal werklike opkomende talent later glad nie aansoek doen nie en sal die edel motiewe van die erflating vernietig word.

My bede is dat daar nóú besin word voordat die beurs vir goed deur gulsigheid besoedel word.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Zelda Jongbloed-kommentaar

Prikkie sê... 100% Sedge - has been redakteur wat nou moet staatmaak op "los joppies" en nie die moed het om mense soos Zuma, Malema en kie net so hard en veroordelend te kritiseer nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.