Willem Jordaan

Wat is die verskil tussen Zuma en Mbeki?

2009-11-10 23:25

Soms behandel die geskiedenis jou maar wreed, en pres. Jacob Zuma is besig om dié les op die harde manier te leer.

Met ’n plofbare alliansieberaad wat die naweek op hande is vir die ANC, SAKP en Cosatu, is dit opmerklik hoe anders verhoudings tussen dié partye is as toe die alliansievennote verlede jaar in Mei vergader het.

Al drie vennote het tóé nog sterre in hul oë gehad, en almal was vol verwagtinge oor hoe lieftallig die verhouding sou verloop nadat daardie nare Antjie Somers van ’n Thabo Mbeki uit die weg geruim is.

Trouens, Zuma het self op daardie vergadering gepraat van die “afsluiting van ’n hoofstuk van spanning en wantroue tussen die regerende party en die alliansievennote”.

Wel, nou woed daar een allemintige alliansiegeveg oor die ekonomiese rigting van die regering (net soos toe Mbeki die ANC-leier en president was), maar met die bykomende kwessie oor wie die grootste beheer oor ekonomiese beleid uitoefen.

Die gematigdes staan bankvas agter mnr. Trevor Manuel om sy volle rol as hoof van die nasionale beplanningskommissie op te neem, maar die linkses wil van niks weet nie.

Húlle meen Manuel gaan ’n soort superminister word en te veel invloed oor ekonomiese beleid hê; daarom gooi hulle hul gewig agter mnr. Ebrahim Patel, oudvakbondman en minister van ekonomiese ontwikkeling.

Kennelik glo hulle hy sal die ekonomie in ’n meer sosialistiese rigting as Manuel stuur. Die ideologiese stryd wat onder Mbeki ’n hoogtepunt in die regerende alliansie bereik het, het dus allermins onder Zuma se leiding tot ’n einde gekom.

Die slagveld waarop dit gevoer word, het trouens net uitgebrei van alliansieberade tot die kabinetskamer. Dit is nogal ironies, want Zuma se makkers het mos graag verkondig hoe hy meer konsulterend gaan optree en dat hy baie meer bereid gaan wees om debat toe te laat – ook van links af.

Nou weet ons dit was maar net alliansietaal om te sê hulle verwag van hom om ’n linkse handpop te wees.

Terselfdertyd maak Zuma ons pynlik daarvan bewus dat die vermoë om debat toe te laat en terselfdertyd die nodige dissipline, rigting, eensgesindheid en doelgerigtheid te skep wat vir goeie regering vereis word, ’n uiters seldsame vaardigheid is.

Dit is duidelik dat Zuma debat kan toelaat, maar waar is hy as rigtinggewende leiding van die president nodig is? Byvoorbeeld: Hy laat mnr. Julius Malema van die ANC-jeugliga toe om sy mond oor alles en nog wat uit te spoel. Maar waar is hy wanneer rasseverhoudinge deur Malema se uitlatings bedreig word?

Hy laat toe dat elke Cosatu-Jan Rap en sy SAKP-maat ’n lang relaas lewer oor ekonomiese beleid en Manuel se rol. Maar dit is opmerklik hoe min hy doen wanneer Manuel – een van sy senior-kabinetslede – die slagoffer word van ’n hoogs persoonlike aanval uit linkse en jeugliga-geledere. Dít is nie leierskap nie.

Ongelukkig strek die probleem veel verder.

In die vakuum wat hy laat deur te selde die pas aan te gee oor belangrike landsake, vind verskeie politici met bedenklike motiewe die ruimte om vure aan te steek wat Zuma kennelik nie kan beheer nie.

Malema is een van dié politici. Maar hoe omstrede en hoe gehaat hy ook al in sekere kringe is, hy is nie een van die gevaarlikstes nie. Die gevaarlikes is daardie mense wat naby aan Zuma sit – in sy kabinetskamer – en in die huidige twis oor Manuel se rol voortdurende die vure aanblaas in ’n poging om die alliansiegeveg op ’n volskaalse konfrontasie te laat uitloop.

Die doelwit wat húlle voor oë het, is ’n volskaalse magsoorname. Zuma wéét dit maar te goed, maar dit is asof hy in vrees vasgevang is en nie uit sy hoek wil kom en baklei nie.

Een ding is egter seker: Hy gaan nie die storm oorleef deur weg te kruip nie. Hy sal moet begin lei.

Tweedens het hy waarskynlik ’n bietjie meer empatie met die moeilik situasie waarin Mbeki hom tot kort voor sy ondergang bevind het.

Soos dié wrang alliansiegrappie lui: Wat is die verskil tussen Mbeki en Zuma?

Mbeki het sy eie ondergang in twee termyne bewerkstellig. Zuma gaan dit dalk in een regkry.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Willem Jordaan-kommentaar

Prikkie sê... 100% Sedge - has been redakteur wat nou moet staatmaak op "los joppies" en nie die moed het om mense soos Zuma, Malema en kie net so hard en veroordelend te kritiseer nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.