Van Alle Kante

BRANDPUNT: Politieke verlangens nie rede vir taal-strewe taal

2009-08-18 21:48

Prof. Jonathan Jansen verwyt Afrikaners in sy rubriek Kennis in die Bloed, onder die opskrif “Taalstryde ondermyn Afrikaans se potensiaal”, dat hulle met ’n onverkwiklike en intense stryd om die voortbestaan van Afrikaans aan Suid-Afrika se histories Afrikaanse universi­teite besig is.

Die gesindheid (“taalhouding” of attitude) waarmee die stryd gevoer word, is volgens Jansen verdag.

Die redes wat hy hiervoor aanvoer, is dat dit by implikasie mense seermaak, in die teken van ’n enge nasionalistiese en etniese sentiment staan, en dwars in die weg staan van die taal se “aansien en die potensiaal om harmonie, konsensus en maatskaplike samehorigheid” in die land te bewerkstellig.

’n Mens wil hom toegee dat daar minder kwetsende maniere bestaan om jou misnoeë oor taalgebruik en -voorkeure te kenne te gee.

’n Mens wil hom veral ook toegee dat taalgebruik nie in die weg van gesonde rasseverhoudinge behoort te staan nie.

Maar dit val ’n mens tog op dat Jansen vierkant binne die paradigma van ’n enkele omgangs- en wetenskapstaal (te wete Engels) staan.

Hy beskik kennelik oor geen simpatie met die swaarverworwe taalregte van Afrikaners en die harde werk wat dié gemeenskap oor die jare heen vir die erkenning van Afrikaans gedoen het nie.

Afrikaans is tans ’n (taal)kennis in die bloed van baie Suid-Afrikaners oor die kleurspektrum heen.

En hulle beskik mos oor die grondwetlike reg om hul minderheidsregte uit te leef, of hoe?

Die Afrikaanse gemeenskap sien homself beslis nie as die spoil­ers van die grondwetlike dinamiek in Suid-Afrika nie.

Die Federasie vir Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het juis oor die afgelope jare hard saam met sy kultuurvennote gewerk om die inklusiewe Afrikaanse Taalraad gestig te kry.

En terwyl sake daar tans op dreef kom, dien die saak van die status van Afrikaans aan ons universiteite wel deeglik op dié organisasie se agenda.

Gesprekke in hierdie verband is reeds met die bestuur van die Universiteit Stellenbosch gevoer.

Dit sal egter ’n denkfout wees om aan te voer dat Afrikaanssprekendes tans meer vir Afrikaans opeis as wat die taal in werklikheid verdien.

Afrikaans geniet grondwetlike sanksie en beskerming (as een van Suid-Afrika se 11 amptelike tale).

Sonder die Afrikaanse gemeenskap se werksaamheid en hul strewes oor dekades heen, sou heelwat van die bestaande goeie universiteitsgeriewe, ook dié van die Universiteit van die Vrystaat, waar Jansen tans die rektor is, nooit bestaan het nie.

Afrikaans se regmatige posisie is een van vreedsame naasbestaan en gelykberegtiging, die kru en verwondende optrede van som­mige van sy meer onkiese sprekers ten spyt.

Indien prof. Jansen en diesulkes die Grondwet en die belange van alle burgers van Suid-Afrika respekteer, sal hulle hulself ook daarvoor beywer.

Die FAK glo nie dat die Afrikaanse gemeenskap daarna hunker om hierdie pragtige land ooit weer alleen as ’n groep te regeer nie.

Derhalwe kan politieke verlange nie vir hulle legitieme strewes die skuld gegee word nie.

Hierdie is nie ’n stryd vir Afrikaans wat goedsmoeds laat vaar gaan word nie – daarvoor het ons te lank gewerk en gestreef.

  • Dr. Bredenkamp is die uitvoerende beampte van die Federasie vir Afrikaanse Kultuurverenigings.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Van Alle Kante-kommentaar

Willem sê... Hier moet ek met Blip saamstem - die geleenthede was daar maar is nie aangegryp nie. Dit is ook onwaarskynlik dat so 'n geleentheid hom weer sal voordoen. Die blanke in die NUWE Suid-Afrika moet maar Noordwaarts kyk en besluit of hy gaan bly en verlief neem dat Afrika standaarde sy voorland is of dat hy vertrek na plekke waar ander standaarde geld. Persoonlik sien ek hier net al hoe meer tekens van Afrikanisering en as die volk rumoerig word sal die blanke minderheid, soos in Zim, en die Jode destyds in Duitsland, die sondebok wees wat die sondes van die ANC se mislukking moet dra. Dit is 'n wyse rot wat betyds die sinkende skip verlaat. Ek verstaan dat Blip een is? Wens ek kon dit ook doen, maar hierdie rot is te arm en te oud. Tog eienaardig hoe die geskiedenis hom herhaal - by die Evian-les-Bains konferensie wou niemand die vlugtende Jode asiel verleen nie en die wereld wat destyds so hard op die blanke in die RSA geleun het om tog die mag aan die swart meerderheid te oorhandig, is ook onwillig om nou aan die blanke wat die ellende sien kom asiel te verleen! Eintlik behoort al die deure wyd oop te staan want die ellende van Zim is tog 'n duidelike voorbeeld. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.