Tom Dreyer
42 keer gelees
Baie mense het ’n rol gespeel in die geskiedenis van die duikboot. Aristoteles beskryf ’n omgekeerde pot wat lug vaskeer vir ’n duiker om in te asem. Alexander die Grote het glo die bodem van Athene se hawe met so ’n apparaat bewandel.
Willem Pretorius
89 keer gelees
Dat ’n hyser vir ’n dwerg anders ruik en lyk, is seker. ’n Dwerg wat van kuns hou, sou sukkel om te verstaan hoe iemand R960 miljoen vir ’n pastel-skildery kon betaal.
Gasrubriekskrywers
107 keer gelees
Boerdery, vertel die slim mense, is nie meer ’n leefwyse nie, maar ’n besigheid wat groot kapitaal, kundigheid en fyn bestuursvernuf vereis om in die komplekse landboubedryf met sy vele uitdagings te oorleef.
Dana Snyman
5 menings | 286 keer gelees
Ons is kwaad vir die regering. Ons is kwaad vir die polisie. Ons is kwaad vir die weermag, wat die land nie meer kan beskerm nie. Ons is is kwaad oor die moorde. Ons is kwaad oor die rooftogte en die inbrake. Ons is kwaad oor die korrupsie. Ons is kwaad vir almal wat die boere se plase wil vat en die myne wil nasionaliseer.
Johan van Zyl
1 menings | 114 keer gelees
“Wat is hierdie potsierlike gedoente oor die twee rassistiese modelle op die voorblad van die koerant?” ’n Siddering dril deur die vierde ken van tant Blanche Beukman, ons kontrei se doyenne van die handtertjie en ystervarkie, voordat sy haar Maandagmôre-verbystering takel soos enige ander ongeloof wat haar pad kruis:
Martie Retief-Meiring
65 keer gelees
Pasga is reeds verby, maar ek het nog ’n paar bokse matso’s. Die krakerige, plat beskuiterige “brood” is eintlik onthoukos wat ek nou met botter en appelkooskonfyt voor NCIS kan sit en kraak-kou.