Murray La Vita

Oop Kaarte: 'n Vrou raak verlief op 'n taal

2012-02-03 11:34

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Sy is die vrou by die tafeltjie in die hoek. Die een wat maklik lag totdat haar oë op skrefies trek.

Dit is vir EKM Dido lekker om mense hier in die kafeteria van die Bellville- bib­lio­teek te ontmoet. Deur die glasmure is die rye en rye boeke sigbaar. En mense – veral kinders – kom en gaan met boeke in hul hande en onder hul arms vasgeklem.

Ons gesels oor kinders wat wegraak. Dit is die tema van haar kortverhaal Baby, wat sy vir die Suidoosterfees in ’n toneelstuk omskep het.

“Toe ek dit geskryf het, was ek bekommerd oor onse klomp kinders wat ontvoer word en vermoor word?.?.?.?wat net wegraak. Nou ek het vir myself gevra: Jong, as dit mý kind moes wees, hoe gaan ek voel? En ek het myself in daardie ouers se skoene geplaas. Hoe voel húlle?”

Sy het gepraat met mense wie se kinders “verlore geraak het”.

“Ek is gelukkig in die posisie dat ek skrywer is aan die een kant en verpleegster aan die ander kant. En nou kom al die strome inligting na my.”

Dido is ’n dosent in verpleegkunde aan die Netcare-opleidingskollege in Bellville.

“En natuurlik help my geaardheid ook baie. My stilheid in gees sal mense uitlok om te gesels al wou hulle ook nie gepraat het nie.

“Ek dink my omgee vir kinders spruit uit my eie kinderjare. Ek het in die Transkei grootgeraak in Tsomo. En daar het ons geleer ’n kind is nie net die ouers se kind nie.

“Daardie kind behoort aan die gemeenskap. Dis my kind, dis jou kind, dis ons almal se kind. So as my kind iets doen, of jy sien my kind, behandel hom soos jou eie.

“Ek dink hoe ouer ’n mens raak, hoe meer is jy geneig om weer terug te val op dit wat jy as ’n tiener of in jou kinderjare geleer is.”

Op die vraag hoe haar kinderjare was, maak sy ’n geluid soos “Uhgh” en begin dan lag.

“Behalwe vir die armoede... dit was nie slég nie, want ek het van niks beter geweet nie. En tog, in daardie niks ken en niks het nie, was daar dae en oomblikke wat jy baie, baie meer gehad het as wat hedendaagse kinders het.

“Wie kan nou deedae poedelnaak in ’n rivier gaan swem? Daar was nie bakterieë gewees soos wat daar nou is nie. En lang ente gaan stap; buite slaap. En jou deure nooit sluit nie.”
Sy praat stadig.

“Ek het daardie ervaar. O, ek het poppe gehad...ons het regtig van die hand tot die mond geleef...die poppe het my ma-hulle vir my gemaak, en ek het my stokkiespoppe gemaak met lappies en goed. En dan het jy kleigoed vir jouself gemaak.”

Dido se eerste roman, Die Storie van Monica Peters (1996), het begin as ’n brief aan ’n koerant.

“Ek wou klá. Man, ná ’94 was die swart ouens baie verbaal. Hulle het gevoel dit is deur die bruin mense dat die Wes-Kaap NNP gebly het.

“En, het hulle gevoel, die bruin mense weet nie van swaarkry nie; hulle was nooit in die struggle betrokke nie en hulle is die jam tussen die twee snye brood.

“En ek het net gedink dit is die grootste snért! Hoekom praat die mense nie? Dis beskuldigings wat wyd en syd en kliphard gestrooi word en niemand reageer nie.

“En elke keer gaan ek huis toe en dan sê ek vir my dogter Vereena: ‘Ek is nou so vies ek het nou weer dít gehoor en ek het nou weer dat gehoor!’

“Toe raak sy ’n bietjie op van my en toe sê sy vir my een Saterdag aan die begin van my verlof: ‘Hoekom gaan skrýf jy dit nie, want ek is maar net 16 jaar oud.’

“Toe gaan sit ek en ek sou ’n brief vir die koerant geskryf het – enige koerant – want my mense het nie gereageer nie. Maar wat ek van my mense weet, is dat hulle oggend, aand en wat ook al koerant lees.

“En daarom sou ek ’n koerantding gemaak het daarvan. En toe begin ek in Engels: ‘Dear Editor...’ En die maande het aangegaan met Dear Editor, en agterna toe vind ek uit dit is 243 bladsye. So, géén koerant sou dit gevat het nie.”

Sy het dit na uitgewers geneem.

“Die vyfde een stuur my toe na Kwela toe en Kwela aanvaar dit. En Annari van der Merwe vra vir my: ‘Hoekom het jy jou ding in Engels geskryf?’

“En ek sê vir haar: ‘In die apartheidsjare, ofskoon ons in die huis Afrikaans is, gaan jy niemand kry Afrikaans praat buitekant nie. As ’n wit ou met my Afrikaans praat dan praat ek Engels, en as hy Engels praat dan praat ek Afrikaans, maar ek gáán nie met jou in jou taal praat nie. Dit was ’n tipe speletjie-affêre gewees.’?”

’n Vorm van verset.

“Toe vra Annari of ek dit nie in Afrikaans wil skryf nie. Ek was nogal bly dat sy dit voorgestel het, want in dit toe tjank ek snot en trane, want toe herwin ek weer my taal.

“Toe het ek net verliéf geraak; nie net op die taal nie, maar ook daarop om die taal te gebruik.”

As kind was Dido se bynaam Dolly.

Toe haar doopname – sy wil nie sê wat dit is nie – in standerd ses op die lappe kom, het kinders haar gespot.

Sedertdien weier sy om daardie name te gebruik of daarop te reageer. Sy gebruik slegs die voorletters en verkies om Dido genoem te word.

“Ek het ’n eenman-strike gehad teen my naam.”
Sy was in ’n Katolieke skool op Tsomo, waarna sy Kimberley toe is om as verpleegster opgelei te word.
“Dit was moeilike tye, jong! Want kyk, jy is in hierdie kokon van die nonne.”
Sy sit haar twee bakhande teen mekaar.

“En by die huis op Tsomo is jy in die kokon van almal in die buurt in, wat nie eintlik vir jou voorberei op wat buitekant vir jou lê nie. En hier kom ek in Kimberley en besef: Wow! Is dít waarvan julle praat?”

Sy is as leerlingverpleegster uit ’n “wit” saal gejaag. En dan was daar die keer toe sy ’n hoed wou koop vir ’n begrafnis.

“Ek wou die hoed aanpas en net daar kry die vrou die bloustuipe. Jy koop hom of jy koop hom nie, maar geen aanpas nie.”

Vandag is daar nuwe dinge wat krap.


“Was apartheid dan so soepel dat hy net omgekeer kan word? Alles word nou so verpolitiseer. Ja, my taal was ongelukkig daar vir die struwelinge van ’76 en ’85...Hulle vergeet tog dat destyds en nóú en in die toekoms tot aan die einde van die wêreld sal die oorgrote meerderheid mense wat Afrikaans praat, bruin mense wees. Dis my taal. Watter ander taal moet ek praat?

“En om dan ánders behandel te word ... Dit is ’n cliché, maar tog ook so toepaslik: eers was ek te swart om wit te wees, en nóú is ek te wit om swart te wees.

“Ongelukkig gaan deure soms tóé omdat ek bruin is. Maar wanneer daar verkiesings is, word ék, bruin, as swart aangespreek. Sodra daardie verkiesings oor is, het ek weer in ’n bruin koevert geland.

“Dit krap. Ek wil net erken word as ek, mens, Suid-Afrikaner. Miskien moet ek iets daaroor skryf.”
Dido skryf snags.

“My karakters wil niks met my praat in die dag nie. Behalwe oor naweke en vakansiedae is hulle fine! Want dan word daai rekenaar nie afgesit nie.

“Dis ’n lékker wêreld. En baiekeer raak jy so vasgevang in die verhouding met jou karakters dat jy eintlik vies raak as die son opkom!”

In haar romans (Rugdraai en Stilbly, ’n Stringetjie Blou Krale, Die Onsigbares, ’n Ander Ek, Emma en Nella) skryf sy oor sosiale kwessies.

“Ons het so baie sosiale kwessies onder die bruin mense wat ek probeer aanspreek. Nie omdat ek wil probeer preek nie of omdat ek nét op sosiale kwessies wil klou nie, maar ek wil dit uitlig en oplig dat dit gesien word, want in die verlede het mense oor ons geskryf sonder om ons te ken.

“En daar is neerhalende en slegte goed oor ons geskryf.. En nóú wil ons, en ek hoop net as ek sê ‘ons’ is daar ander skrywers ook wat dit sal doen...laat ons net dit uitlig.

“Ek skryf dit wat ek sien. En tot dusver was dit sosiale kwessies. En as ek luister na die terugvoer, het dit mense gehelp. Baie mense vra my vir wie ek skryf. En ek sê altyd ek skryf eerstens vir my mense.

“Dink net as die massas wat ongeskool is leesgierig raak, hoe gróót hulle gaan droom.”
Haar arms is in die lug. Haar oë blink.

“Want as jy lees, droom jy, en as jy droom, begin jy die hoogtes uit te klim. Kan jy dink hoe vooruitstréwend ons kan wees?”


-‘Baby’ en die fees-

Dido is trots op hoe die Suidooster-fees gegroei het.

Wow! Ons het baie gegroei. Ek is só bly as ek terugkyk na daardie eer-ste keer waar die mense net rondge-staan het. So was dit met die eerste paar feeste: hulle het net rondge-staan of in die musiektente gaan sit. Daarmee het ek geen probleem nie, maar ek wil hulle eintlik graag in die teater sien. En nóú gebeur dit dat hulle in die teaters is. Ek is veral baie opgewonde oor al die gemeenskaps-projekte. Elke jaar kies die Suidooster-fees ’n gemeenskap wat ons help om saam met ’n regisseur ’n produksie te skep wat hulle op die Suidoosterfees kom opvoer.”

)Baby word op die Suidoosterfees opgevoer as die openingstuk op Dinsdag 14 Februarie om 20:00 in die kykNET-teater in die Kunstekaap. Optredes vir skoolgroepe is van 20 tot 25 Februarie. Bespreek by Computicket. Baby (die verhaal) is vanjaar ’n voorgeskrewe werk vir gr.12-leerders.
 
Lees ook Murray se Oop Kaarte blogs, hier, en praat saam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Murray La Vita-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.