Michelle Linnert

Versoening stap só by ’n poskantoor uit

2012-02-04 03:00

Hier om die draai van ons gebou is ’n poskantoortjie. Voordat jy deur die lugverkoeling soos ’n lang verlore vriend verwelkom word, wonder jy hoe hierdie paradysie homself so goed versteek het – ál die kere dat jy ver in Adderleystraat afgestap het na die ánder ene toe.

Dié plek is leeg, afgesien van die twee klerke agter die lang toonbank wat besig is om twee ander klante te bedien. Die ry is joune.

Soos by alle plekke waar jy nie gereeld genoeg kom nie, verken jy jou omgewing met die oog terwyl jy jou beurt afwag. Dan sien jy om ’n pilaar is daar nog klerkstasies. Jy verlaat die ry ’n oomblik lank om om die pilaar te loer. Dalk is daar nog ’n amptenaar beskikbaar.

In die oomblik wat dit jou kos om te loer, kom daar ’n man ingestap. Hy sien jou, ook dat jy terugkeer na die voorpunt van die ry.

Dan gaan die man met alle vermetelheid reg voor in die ry staan!

Jy staan daar, oopmond-dikbek, maar sê liewer eers niks. (Jou naastes weet dat jy nooit ’n onreg – groot of klein – onaangeraak of onaangespreek laat nie.)

Wanneer die klerk, ene Busi, wat jou aanvanklik voor in die ry sien staan het, verlos is van haar klant, wink sy waaragtig die man eerste nader!

Jy tel tot by 10 en oefen solank jou klein toespraak.

Jy dink aan al die kere dat mense jou geboelie het om stil te bly oor goed wat jy wéét verkeerd was. Of die mense wat breëbors, sonder om eens daaroor te dink, in ’n paadjie afgestap kom, jou sien, en jy dan die een is wat noodgedwonge moet padgee (of andersins eenvoudig trompop geloop word). Sulke onbedagsaamheid is ’n lekkende kraan in ’n see van ongemanierdheid in dié land.

Dan word jy net kwater. (Jy onthou darem die ou het nou wel nie jou broer vermoor nie, hy het maar net die queue ge-jump.)

Met jou moed stewig onder die blad, sêjy dan, so kalm soos jou stem sal toelaat, vir die man (op universele taal – om seker te wees hy verstaan jou): “Excuse me, Sir, I think that was terribly rude of you.”

Die man – wat blyk besig te wees met nie-verbale, diep-filosofiese gesprekke met onsigbare wesens in sy kop – draai na jou. Sy gesigsuitdrukking is een van volslae verontwaardiging.

“Oh, I assure you I didn’t do it on purpose.” Die aksent is swaar Engels.

“Well, Sir, you did it anyway,” skiet jy terug. Stilte. Dan draai die man ongeërg om, neem sy kleingeld by die klerk, en stap kop in die lug uit die gebou. Laat dit begaan, dink jy, terwyl dit jou tref dat ’n eenvoudige “sorry” die ding sou doen. Jy dink aan ander gesprekke wat dalk só begin, en in bloed geëindig het. Dankbaar vir vars lug buite dink jy: nee-wat, só kan g’n mens ’n nasie bou nie. Dan skep jy moed en stap weg.

Één onbeskofte wit man in ’n poskantoor verteenwoordig glad nie sy volk nie.

michelle.linnert@media24.com

Kaapstad
 

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Michelle Linnert-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.