Martie Retief-Meiring

Die redakteur se droewe lot goed besing

2012-02-02 00:00

Noudat ons land se redakteurs in die voorste linie is in die stryd teen die dreigende inligtingswet, kom ek af op ’n beskrywing van die redakteur se werklik tragiese lot.

Toegegee, dié hartroerende beskrywing is in 1945 geskryf deur die destydse rubriekskrywer Jannie Kruger. Hy het redakteur van Die Transvaler geword en nog later ’n gedugte sensor.

As redakteur was hy nie geneig tot onafhanklikheid nie. ’n Bekende storie oor sy oordeel was sy woede toe sonder sy medewete ’n voorbladberig in die koerant verskyn oor ’n ontugsaak waarin ’n NG predikant betrokke was. Kruger sou briesend aan sy redaksie sê om te onthou dat ’n NG predikant ’n gesalfde van die Here is en dat ons hom moet beskerm.

Net voordat hy redakteur geword het, het Kruger hierdie, ja, roemskrif geskryf oor die lewe van ’n redakteur.

“’n Redakteur moet ’n fyn ingestelde sesde sintuig hê, anders sal hy dit in sy veeleisende werk nie lank kan uithou nie. Soos springbokke in die Namakwalandse winterveld die voorjaarsreën ruik wanneer dit tweehonderd myl daarvandaan in die Boesmanland val, so moet die wakker redakteur deurentyd uit gesprekke op straat, uit boodskappe oor sy telefoon en uit sy possak – gelukkig die redakteur wat ’n grote het! – die openbare mening snuif, sodat hy nie buite voeling raak met die publiek wat hy bedien nie. Die openbare mening is sy leidstêr en nagmerrie, al na gelang hy dit suiwer opvang en bevredig of, ondanks oorspanne beluistering, vergeefs worstel om die fluisterstem daarvan te verneem wanneer sy eie hart die antwoord weier.”

As die lesers kon bygehou het, kon hulle verder lees: “Tussen hierdie pole van klinkklaar leiding en onbestendigheid word sy moeisame lewe geslinger, verryk deur die loon van geïnspireerde insig of verkommer deur nugter nagte van wykende ingewing.”

Jou gewone ou koerantman sal by die “nugter nagte” vassteek. Met die voorlees aan ’n vriend kon hy darem die Namakwalandse springbokke wat die voorjaarreën ruik, “optel”, maar daardie woorde “beluistering” en “verkommer”?

Wonderlike woorde uit ’n tyd toe mense so geskryf het. Kruger het blykbaar getroue lesers gehad en was voortdurend ’n spreker by vrouegeleenthede en op volksdae.

Sy ode aan die redakteur verdien tog ’n bie­tjie nadenke. Veral oor die redakteur se sintuie wat die openbare mening so moet snuif dat hy nie uit voeling raak met die publiek wat hy bedien nie.

Snuiwend of nie, dis die redakteur wat nóú in sy slingerende “moeisame lewe” die vaandel vir die openbare mening dra. Dis hy wat die arrogante aanvalle teen die pers van die Jessie Duartes, die Gwede Manatshes, die Jackson Thembu’s moet trotseer met “geïnspireerde insig”.

Kruger het dalk nie oordryf oor die redakteur en sy lot nie.

meiring@lando.co.za

Stellenbosch

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Martie Retief-Meiring-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.