Leopold Scholtz

Zuma praat mooi, maar waar is die dade?

2011-02-18 00:47

My Afrikanerhart het gisteroggend amper-amper ’n bokkesprong gemaak toe ek die onderhoud met pres. Jacob Zuma op die koerant se voorblad lees.

Amper. My hart wóú wel, maar het toe nie.

Die probleem is dat my hart ook dié van ’n siniese joernalis is, een wat die politieke toneel in ons land al ’n hele paar dekades dophou.

In dié tyd – en dit geld sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika – het my hart al honderde beloftes en pragtige idees gehoor, waarvan bitter min ooit uitgevoer is op die manier wat in die vooruitsig gestel is.

Eers dít: Wat die president in gister se onderhoud gesê het, was regtig pragtig.

Hy het al die regte note gedruk, en dit bowendien in harmonieuse akkoorde gedoen.

So het hy te kenne gegee dat sy Suid-Afrikanerskap niks van sy identiteit as Zoeloe wegneem nie. Trouens, hy het openlik gesê hy is trots op sy identiteit, afkoms en tradisies.

Dis soos die meeste Afrikaners ook voel. Jy kry wel ’n paar randeiers só ver regs dat hulle omtrent aan die einde van die aarde afval, wat hul Suid-Afrikanerskap verwerp en selfs nie as Afrikaners bekend wil staan nie, maar as Boere – maar hulle beweeg nie in die hoofstroom nie.

Verreweg die meeste Afrikaners aanvaar die werklikheid dat die magsverhoudinge in ’n nuwe Suid-Afrika verander het, dat hulle nie meer die baas van die plaas is nie.

Hulle doen dit in wisselende mate van geesdrif, maar hulle dóén dit.

Meer as dit: Die oorgrote meerderheid wíl graag ’n bydrae lewer om van Suid-Afrika ’n suksesland te maak. Hulle wíl skouer aan die wiel sit, hulle wíl saamdink en saamwerk.

Maar daar is twee probleme. En daaroor sprak Zuma geen sprook nie.

Die eerste probleem is dat die hand wat soveel Afrikaners uitsteek, so dikwels weggeklap word.

Kyk nou maar na die manier waarop regstellende aksie toegepas word.

Net gister is berig van die hofsaak wat Solidariteit – God sy dank vir daardie organisasie! – namens die polisieoffisier Johannes Deetlefs gewen het om hom tot kolonel te laat bevorder.

Deetlefs se bevordering is op grond van regstellende aksie (hy is wit en manlik) geweier. En agter daardie vyeblaar skuil naakte rasse- en geslagsdiskriminasie.

Feit is dat die ANC op sy eie manier net so rasbeneuk is soos die Nasionale Party op sy slegste was. En dit beteken dat ’n mens Zuma se mooi woorde nie op sigwaarde kan aanvaar nie.

Daar is ’n tweede, verwante probleem. Dit is dat die ANC in die praktyk dikwels nogal moeite doen om die Afrikaners – soos trouens ook die Afrikaanssprekende bruin mense – te laat verstaan dat hulle slegs in die land geduld word.

Die Grondwet gee Afrikaans dieselfde regte as Engels. Maar die ANC gaan kniel gereeld eerbiedig voor die Engelse afgod, ten koste van inheemse tale, waarvan Afrikaans een is.

Verreweg die meeste Afrikaners sal saamstem met die president waar hy meen ofskoon ’n eie geografies afgebakende Afrikanerstaat nie haalbaar is nie, het hulle ’n “sielkundige tuiste” nodig waar hulle tuis voel. Saam met die titel van Jaap Steyn se magnum opus uit 1979 sou ’n mens kon sê ’n tuiste in eie taal.

Dit impliseer enersyds behoorlike erkenning in die staatstrukture, van staatsdepartemente tot die parlement, van Afrikaanse en ander taalregte, maar ook ruimte vir Afrikaanssprekendes om instellings in eie taal te hê. Skole en universiteite, byvoorbeeld.

Die manier om minderhede aan die staat te bind, is nie – soos die ANC klaarblyklik meen – om Engels as oorkoepelende bindmiddel af te dwing nie, maar om die minderhede voldoende ruimte te gee om hul eie identiteit uit te leef.

Die voorwaarde is uiteraard dat niemand uitgesluit moet word nie; die Afrikaanse huis moet oop wees vir elkeen wat hom daar tuis voel of wat dit wil ondervind. Rassisme is uit die bose.

Ja, die president het regtig baie mooi gepraat.

Maar, meneer die president, vertaal u mooi woorde asseblief tog ook in dade!

Anders is dit bloot praatjies vir die vaak.)Die skrywer is Media24 se korrespondent in Europa.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Leopold Scholtz-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.