Leopold Scholtz

Nou moet ons net met die beste tevrede wees

2010-07-15 20:38

Leopold Scholtz

Toe Media24 my begin 2008 na Europa stuur om vir die koerante verslag te doen oor die ontwikkelinge hier, het dit my onaangenaam opgeval hoeveel slegte publisiteit Suid-Afrika in die media kry.

Dit was pres. Jacob Zuma se hordes vroue en kinders, misdaad, ondoeltreffende regering, korrupsie, MIV/vigs, ’n ineenstortende infrastruktuur – noem maar op. Dit was die tipiese Europese Afrika-skeptisisme wat oor die lesers van die koerante, kykers van die televisieprogramme en luisteraars van die radionuusbulletins uitgestort is.

Die beskouings was nie heeltemal verkeerd nie, want almal weet Suid-Afrika beleef moeilike tye. Dit was wel ongenuanseerd, met die klem eensydig op die dinge wat skeef loop, sonder inagneming van wat wel voorspoedig gaan.

Dié houding was des te meer opmerklik omdat dit in ’n sekere sin ’n voortsetting was van die sienings waarmee ek in die jare sewentig as doktorale student in Nederland gekonfronteer is. Toe was die negatiewe fokus op die onreg van apartheid gekonsentreer, saam met die armoede wat dit onder swartes geperpetueer het.

Ook daardie beskouings was nie heeltemal verkeerd nie – dit was reg genoeg dat ek soms skaam vir my eie land was. Maar dit was heeltemal ongenuanseerd; ook toe is die negatiewe eensydig beklemtoon en die positiewe geïgnoreer.

Ek skryf dit omdat die laaste maand of wat ’n opmerklike ommekeer opgelewer het in die duisende nuusberigte, artikels, kommentare en radio- en TV-programme wat die lig gesien het na aanleiding van die Wêreldbeker-toernooi. Vir die eerste keer in my lewe was daar op groot skaal volledige en meestal genuanseerde dekking van die volle spektrum van wat in Suid-Afrika gebeur – positief én negatief.

Dit was verstommend. ’n Mens se hart het dikwels geswel van trots dat jou land só ’n ingewikkelde operasie só lank sonder groot haakplekke kon aanbied.

Dis nie dat mense hier opeens blind vir die probleme geword het nie. Baie beskouings het vermeld dat misdaad, korrupsie, onbekwame leiers en die groeiende welvaartkloof nie deur die Wêreldbeker opgehef is nie en ná die euforie sal terugkeer.

Maar daar was ook diegene wat raakgesien het: As Suid-Afrika die Wêreldbeker-toernooi sonder alte groot probleme suksesvol kon aanbied, as Suid-Afrikaners kollektief daarvoor kon sorg dat die stadions en padwerke betyds klaar was, as die polisie en justisie-apparaat in staat was om die misdaad deur massale en snelle optrede in te dam – wat verhinder hulle om ná die toernooi daarmee voort te gaan?

Soos ’n inwoner van Soweto dit byvoorbeeld aan die Nederlandse NRC Handelsblad gestel het: “Die regering kan nou nie meer skuil agter die ekskuus dat daar nie genoeg geld en kennis in Suid-Afrika is om huise vir gewone mense te bou nie.”

Die man se blik was uiteraard op sy eie behoeftes gevestig, soos die meeste mense s’n maar is. Maar dit is ’n belangrike sentiment: Suid-Afrika kán kollektief beter vaar as wat hy die afgelope dekade gedoen het.

Die regerende ANC hóéf nie magsbelus, ondoeltreffend en korrup te wees nie. Misdaad kán ingedam word. Daar hóéf nie slaggate in die paaie te wees nie. Afrikaanse plekname hóéf nie weggegooi te word nie. Daar hóéf nie teen Afrikaans gediskrimineer te word nie.

Ons almal saam het gesê: “Yes, we can.”

As jy sinies – en dus realisties – is, sal jy nie verwag dat alles nou opeens fantasties sal word nie. Dit sál nie.

Veral plaaslike owerhede wat deur die ANC beheer word, waar die talent dun gesaai is, sal voortgaan met hul baantjies vir boeties en selfverryking, maar nie met die lewer van dienste nie. Korrupte polisiebeamptes sal steeds omkoopgeld aanvaar en hofdossiers laat “wegraak”.

Julius Malema sal voortgaan om sy politieke ryk met intimidasie te versterk en haat teen die wittes aan te wakker.

Nou ja, as dit dan alles so is, wat het werklik verander?

Een belangrike ding: ’n Belangrike ekskuus vir die regering het weggeval. Hy het in samewerking met die burgerlike samelewing gewys hy kán.

Ons hoef nie meer met minder as die beste tevrede te wees nie.

  • Die skrywer is Media24 se verteenwoordiger in Europa.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Leopold Scholtz-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Software Developer

Centurion
Network IT Sunninghill
R450000 - R500000

Apple developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Senior BI programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.