Leopold Scholtz

FW het in 1990 die onvermydelike gedoen

2010-02-05 05:08

Die herdenking van pres. FW de Klerk se toespraak 20 jaar gelede waarin die verbod op die ANC/SAKP en ander swart bewegings opgehef is, het in die Afrikaanse koerante en op kletswebwerwe tot ’n stortvloed woedende en gefrustreerde reaksies aanleiding gegee. Tipies van die houding by baie skrywers was die opskrif by ’n brief in Beeld: “FW het gelieg, gelieg en gelieg.”

Nou ja, daar is maar min politici wat nie die waarheid ten minste effens plooi wanneer dit hulle pas nie. Maar die Vader weet, FW verdien nie die haat en nyd wat oor hom uitgestort word nie.

Kom ons onderskei twee vrae van mekaar.

Een: Het FW op 2 Februarie ander lewensvatbare keuses gehad as om die ANC/SAKP en ander bewegings te wettig? Twee: Kon die NP-verteenwoordigers méér in die onderhandelinge met die ANC bereik het?

Ten eerste dan: Die klipharde waarheid is dat die magsverhoudinge begin 1990 sodanig was dat die destydse regering niks anders meer kon doen nie. Sanksies was nie deurslaggewend nie, maar dit het toenemend gewurg en die ekonomiese groeikoers afgerem, waardeur pogings om materiële griewe by die swartes uit die weg te ruim gekortwiek is. Dit het die ANC/SAKP gepas.

Die deurslaggewende faktor was egter die mate waarin die ANC/SAKP die swart mense – hetsy deur intimidasie of oortuiging – kon mobiliseer.

Enige regering, selfs die mees diktatoriale, kan slegs regeer as hy kan staatmaak op óf die aktiewe steun van die massa óf die mense se passiewe aanvaarding. Géén bewind kan op die duur oorleef as die massa hom aktief teenstaan nie.

Dit is wat in die jare tagtig in Suid-Afrika gebeur het. Die staat het stadigaan tot stilstand begin knars – staatsamptenare, polisiebeamptes en soldate kon hulle slegs in groot getalle en met oorweldigende vuurkrag in die meeste townships waag.

En ja, dwang en intimidasie het ’n groot rol hierin gespeel. Sowat van ’n brute veldtog voor én ná 2 Februarie 1990 het Suid-Afrika nog nooit gesien nie. Of ’n mens nou daarvan hou of nie, dáárteen sou geen enkele regering (allermins een van die KP of AWB!) op die duur kon standhou nie – die land sou in ’n algemene chaos, burgeroorlog en bloedvergieting weggesink het.

Toe die Berlynse Muur val, is die internasionale magspolitieke en ideologiese mat bowendien onder die ANC/SAKP weggepluk. Dit het die risiko van ’n 2 Februarie 1990 aansienlik verklein. FW het ’n bloedbad voorkom.

Die tweede vraag: Ja, die NP-verteenwoordigers kon in die onderhandelings meer bereik het, maar nie vreeslik veel meer nie.

Die magsverhoudinge het ná 2 Februarie bloot verder versleg, en die ANC/SAKP het briljant daarin geslaag om die regering as die skurk en homself as die onskuld self af te skilder. Dus, grondwetlike foefies soos ’n minderheidsveto, etnies-gebaseerde koalisie en roterende presidentskap was, om die minste te sê, naïef.

De Klerk word soms ook daarvan verwyt dat hy nie sy troefkaart, die weermag, ingespan het nie. Ja, hy kon Soweto en Khayelitsha in as gelê het, hy kon tienduisende swart mense laat doodskiet het – maar wat sou dit opgelos het? Nee, die weermag was slegs ’n beperkte opsie waarvan gebruik gemaak is soveel as wat moontlik was.

Maar selfs met dié beperkings in ag genome, sou die onderhandelaars tog iets meer kon bereik het. Daar is genoeg getuienis dat die ANC/SAKP tot meer toegewings bereid was.

Die probleem is dat FW nie sy eerste span ingestuur het nie, maar mense wat nie eens op die reserwebank van die derde span tuisgehoort het nie. Mnr. Roelf Meyer was pateties en kon, as hy wou, meer bereik het vir Afrikaans en groter provinsiale magte. Hy kon voorkom het dat die ANC/SAKP die verlede deur middel van die Waarheids-en-versoeningskommissie kaap.

Maar goed, alle denkbare grondwetlike waarborge kan ’n regering nie dwing om goed te regeer nie. Die grondwet wat ons gekry het, is nie ideaal nie, maar bied voldoende ruimte vir burgers om dit as wapen in te span.

Die punt is: Lê die wil aan die dag en gebruik dit!

  • Die skrywer is Media24 se verteenwoordiger in Europa.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Leopold Scholtz-kommentaar

Prikkie sê... 100% Sedge - has been redakteur wat nou moet staatmaak op "los joppies" en nie die moed het om mense soos Zuma, Malema en kie net so hard en veroordelend te kritiseer nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.