Jonathan Jansen

Steun in Reitz-storm stem tot dankbaarheid

2009-11-17 01:17

Ek skryf om dankie te sê. Die laaste paar weke was interessant en uitdagend. Ja, ek hét ’n stortvloed kritiek verwag op die besluit om die Reitz-studente na die Universiteit van die Vrystaat (UV) terug te nooi; dit is immers Suid-Afrika, waar alles gepolitiseer is en waar selfs ’n aanduiding van handuitreik oor die kleurkloof heen onder skoot sal kom. Waarop ek nie bedag was nie, was die oord van waar ek in die politieke spervuur sou kom – die kabinet, die minister en die direkteur-generaal van hoër onderwys.

Selfs meer onverwags was die enorme steun van kinders, studente, kerke, ouers, sakeleiers en gewone mense, swart en wit, landwyd. Terwyl die media die ingewikkelde Reitz-onderwerp uitgebuit het met simplistiese en verregaande opskrifte ontwerp om koerante te verkoop, het gewone mense die groter prentjie ingesien, asook die noodsaak dat swart en wit mense om ’n tafel byeengebring moet word vir gesprek, beraadslaging en, ja, versoening in ’n verdeelde bevolking.

Die mees hartroerende briewe, e-pos en SMS’e het van kinders gekom. ’n Laerskoolkind het gesê: “Ek weet wat jy probeer doen; bring ons weer saam.” Nog ’n kind het gebel om te sê: “Bly sterk, professor.” Dit was swart kinders, en ek het besef dat hulle nie, soos ons ouer mense, die bagasie dra wat so dikwels openhartige gesprekke oor moeilike onderwerpe soos ras, vergiffenis en genesing verhinder nie.

Dit is nie meer maklik om gou by in kafee in te draf en melk en brood te koop nie. Mense kom groet, om dankie te sê. Die boodskap van ouers is gewoonlik dieselfde: “Ek het nou hoop vir my kinders, dankie.” Enkele e-posboodskappe uit die buiteland het my regtig aan die dink gesit. Twee verskillende pare het besluit om na Suid-Afrika terug te keer, en een van hulle om hul kinders na die UV te bring. Ek sê dankie aan die mense wat op straat met my kom praat.

Van dié Suid-Afrikaners het ek geleer dat die Reitz-sage ’n heelwat dieper betekenis gekry het as vier seuns wat verskriklike dade gepleeg het. Dit is hoekom die emosionele reaksie op die besluit oor hertoelating so ’n emosionele ontlading aan alle fronte gehad het. Ons weet dat dié tragiese gebeurtenis met ons almal te make het. Soos ek onlangs gesê het: “Ek wil nie oor die Reitz-voorval op ons kampus praat nie; ek wil praat oor die Reitz in elkeen van ons.”

En ek besef dus ook dat die eenvoudige besluit om die vier studente terug te nooi ’n baie meer betekenisvolle boodskap van hoop dra: dat Suid-Afrika vir ons almal daar is; dat ons by pyn en bitterheid verby kan kyk na insluiting en aanvaarding.

Ek is veral dankbaar jeens die godsdiensgemeenskappe. Christene, Jode en Moslems het gebel om ons van hul voorbidding te verseker. Kerkgroepe het in Sondagdienste vergiffenis en versoening as tema gekies na aanleiding van wat ek by Kovsies gedoen het. Meer as een groep kerkgangers het deurnag gebid voor die wonderlike vergadering wat ek met mnr. Julius Malema gehad het. Ek het hoegenaamd geen twyfel dat die positiewe wending in die gebeure ’n gevolg was van die intrede van baie gelowiges landwyd nie.

Die een ding waarvoor ek baie dankbaar is, is dat ons weer met mekaar praat. Die Waarheids-en versoeningskommissie moes voortbestaan het. Miskien is ons nou meer bereid om te praat. Miskien is ons nie meer bang dat ons met die “r”-woord verguis en veroordeel sal word nie. Miskien is dit nou die gepaste tyd om te praat oor dit wat verkeerd was sodat daar heling en afsluiting kan kom.

Dankie vir die politieke leiers wat ’n bres geslaan het vir versoening, al was dit ongewild in eie geledere. Dankie aan diegene wat materiële steun vir die universiteit aangebied het ter voortsetting van die harde werk van vergiffenis en maatskaplike geregtigheid. Dankie aan die ongeskoolde tuinier wat my aangeraai het om die studente terug te bring en hulle daardeur te help om die oorgang na die aanvaarding van alle mense te maak. Dankie aan my personeel en studente, die stille meerderheid, wat verstaan het dat hier heelwat meer ter sprake was as waaroor die howe ’n uitspraak kon lewer. Dankie aan die vyf werkers vir hul geduld met ’n proses wat te lank voortgesleep het. En dankie aan die ouers van die vier seuns wat ’n weg wil vind waarin vrede gemaak kan word met die verre en die onlangse verlede.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Jonathan Jansen-kommentaar

Hennie sê... Ja Andries, in my lewe het ek bitter min van hierdie boelie-taktiek gesien. Niemand word benadeel deur selektiewe welverdiende dissiplinering nie. Wat prof Jansen eintlik maar impliseer is die terugkeer na die dissipline voor die aanvang van ons sg. 'demokrasie' wat die uitvaagsel onverdiende regte gee. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.