Jonathan Jansen

Goeie onderrig verg ook respek

2012-02-07 00:00

‘Haal jul hoed van jul kop af,” het ek drie tweedejaarstudente aangesê voordat ek sou begin klasgee. Die reaksie was interessant. Hulle het hul pap hoed afgehaal, stadig by hul gesig verby laat sak, en hul lyf vooroor na hul skoot gebuig. As hulle die hooftooisel vinnig verwyder het, sou dit ’n aanduiding gewees het van ’n oorgretigheid om die opdrag van ’n volwassene uit te voer – ’n handeling wat beslis nie cool is in die wêreld van dié wat tussen die tienderjare en volwassenheid vasgevang is nie.

Om eerlik te wees: Ek gee nie ’n bloue duit om of ’n student ’n lesing bywoon met ’n hoed op die kop nie. Maar in ’n nasionale kultuur met weinig ontsag vir onderrig en leer, moet ’n mens daardie kultuur vestig deur die handhawing van ’n eenvoudige klasroetines.

“Haal af jou voete van die stoel voor jou.” En: “Sit asseblief regop.” Hulle is jou ter wille, maar met stadige bewegings. Studente wat na die universiteit kom, is dikwels afkomstig van skole waar hulle kon maak wat hulle wil. Skole waar die onderwysers klokslag laat is, waar huiswerk nie nagesien word nie, waar gebreekte ruite nie vervang word nie, waar onderwysers met skoolmeisies flankeer en saam met skoolseuns drink. Ek sien dit só dikwels dat die skokkendheid daarvan my nie meer ontstel nie.

Sulke leerders kom dan by ’n universiteit aan met dieselfde oneerbiedigheid teenoor onderwys. Tensy hulle streng vasgevat word, sal hulle dieselfde middelmatige akademiese resultate behaal en dieselfde sosiale gedrag openbaar.

’n Universiteit is ’n plek waar ’n mens logika eerder as vuiste en woede laat hoogty vier. Ek moes dus aan die studente verduidelik waarom dit belangrik is dat hulle hul hoofbedekking verwyder en regop sit. “Wanneer julle gewoon ’n klaskamer binnestrompel en doen wat julle wil, minag julle die leerproses, nie my as jul professor nie.”

Dit is ’n vreugde om te werk met studente wat hierdie ouwêreldse gewoontes van respek vir ’n onderwyser en die onderwys aangeleer het.

Hierdie gewoontes begin stadig maar seker deur die studieterrein versprei. Wanneer dit gebeur, word onderrig versterk en leer vergemaklik. Die aanleer van die vaardigheid van gedissiplineerdheid is slegs een oogmerk van skool- of universiteitsonderrig. Die ander is om te leer hoe om in die wêreld te wees, en dít kan nie geleer word deur modules oor goeie burgerskap of lewensoriëntering nie. Die kragtigste onderrig op skool of aan die universiteit vind plaas buite die kurrikulum en in die alledaagse roetines van ’n opvoedkundige instelling.

’n Onderwyser wat konsekwent in die klaskamer is voordat die leerders opdaag, stuur ’n sterk boodskap uit oor toewyding en koersvastheid. Geen kurrikulum kan dit oordra nie. ’n Skool wat sy stukkende ruite herstel, stuur ’n onvergeetlike boodskap uit oor omgee en sindelikheid. ’n Onderwyser wat huiswerk tydig terugbesorg én terugvoer verskaf, wek by leerders ’n gevoel van meelewing met en ontferming oor hul toekoms.

Die meeste dissipline-probleme wyk wanneer die roetines van respek gevestig is, want jy hoef beslis nie dié waardes by kinders in te moker nie.

Maar skole en universiteit kan dit nie alleen doen nie. Ons het ouers nodig wat die voorbeeld stel van hoe om op te tree met betrekking tot die leerproses. Weet gerus dat ek terdeë besef hoeveel stof tot dankbaarheid ek het jeens my ouers, wat my hierdie waardes geleer het: As die son opgekom het, moes jy op wees. Komberse sou van jou en jou bed afgepluk geword het as dit nie die geval was nie, ongeag of dit vakansie of naweek was. Totale vreemdelinge moes as “oom” en “tannie” aangespreek word. Nog voordat ’n gas in ons huis gaan sit het, moes die ketel aangeskakel gewees het.

Waaroor het dit gegaan? Oor leer hoe om op skool, aan die universiteit en in die gemeenskap op te tree en te leef.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Jonathan Jansen-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.