Ilse Bigalke

Van hekse kom nie altyd onheil

2011-11-24 03:00



Die openingstoneel van verlede week se Redi on Mzansi het ’n mens onwillekeurig laat dink aan dié van William Shakespeare se Macbeth.

In ’n grot op ’n verlate Skotse vlakte staan drie hekse om ’n borrelende pot, gevul met ’n heksebrousel, en uiter die onheilspellende woorde: “Double, double, toil and trouble. Fire burn and cauldron bubble.”

Dié toneel was die voorspel tot die onheil wat Skotland sou tref as gevolg van die magsdronk Macbeth en sy ewe ambisieuse lady Macbeth.

Daar was wel nie drie hekse by Redi Direko se geselsprogram betrokke nie, maar haar hutspot van gaste het eweneens onheil voorspel: die verregse Afrikaner-aktivis dr. Dan Roodt en die omstrede skrywer Eric Miyeni.

Die stem van rede in die gehoor, die politieke ontleder prof. Adam Habib, het ’n mate van gerusstelling gebied.

Jou eerste instink is “Sit dit af, sit dit af”, enersyds omdat Dok Dên weens sy fundamentalistiese sienings nie jou gunsteling-Suid-Afrikaner is nie, en andersyds omdat Miyeni se ongevraagde aanval op die gerespekteerde joernalis Ferial Haffajee, waarin hy haar ’n “swart slang in die gras” noem “wat dit vir haar wit base doen”, nog vars in die geheue lê.

Die ewe plofbare onderwerp, “ras en rassisme”, laat nuuskierigheid die oorhand kry en dwing jou vinger weg van die rooi knoppie.

Direko is daarvoor bekend dat sy vir niks en niemand stuit nie, en haar voormalige gaste wissel van prominente wêreldfigure soos Tony Blair, Colin Powell en oudpres. Nelson Mandela tot geharde misdadigers.

In hierdie program pak sy Roodt én Miyeni voorspelbaar prontuit oor hul ekstreme standpunte.

Roodt loop onder meer deur nadat hy gekla het dat ’n vriend van hom deur drie swart mans met ’n mes aangeval is. Direko: “Wat maak daarvan ’n unieke Afrikaner-ervaring?”

Daarna pak sy Miyeni oor sy veldtog teen die spotprenttekenaar Zapiro as ’n “black basher”. Direko wys daarop dat Zapiro ongeregtighede in die verlede gepak het en dit steeds konsekwent doen.

As Miyeni kla dat nog geen swart Suid-Afrikaner aaklige behandeling deur wit mense vrygespring het nie, gryp Habib in: “Die probleem is dat as ’n wit mens aaklig is, ons redeneer dat hy aaklig is omréde hy wit is.”

Dan konfronteer Direko Roodt met ’n vraag wat die hitte in die kombuis amper onuithoudbaar maak. Sy wil weet waarop grond hy sy standpunt dat swart mense weens hul genetiese samestelling nie wiskunde kan doen nie.

Met die oorwegend swart gehoor wat dreigend op die punte van die stoele sit, word Roodt bleker as wat hy reeds is.

Habib probeer red wat te redde is met die stelling dat dit eerder mense se omgewing en dus blootstelling en opvoeding is wat bepaal wat hulle kan of nie kan nie, maar wonder bo wonder is dit Miyeni wat Roodt se bas red.

Sy vraag “Is dit nie eerder so dat baie mense wêreldwyd nie met wiskunde jive nie?” laat Roodt verlig instemmende geluide maak, terwyl die gehoor se koppe knik.

Daarmee kon Direko die gordyn oor dié drama laat sak, terwyl sy haarself flink met die een hand koud gewaai het.

Dié gesprek tussen mense wat uiterste pole in ons samelewing verteenwoordig, wys wat moontlik is as Suid-Afrikaners net met mekaar wil praat en moeite wil doen om mekaar te leer ken.

Uit Direko se borrelende hutspot het nie onheil voortgespruit nie, maar ’n beter begrip vir en insig in mekaar, asook ’n mate van versoening en genesing.

Wonderwerke is steeds moontlik in Suid-Afrika, maar dit sal uitbly as ons toelaat dat onbekend onbemind bly.

  • Ilse Bigalke is ’n onafhanklike kommentator.

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Ilse Bigalke-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.