Henry Jeffreys

Zuma se kop is op ’n ander plek

2012-02-08 00:00

Fred Mouton se spotprent gister in Die Burger som baie raak op wat ons van môreaand se staatsrede moet verwag. Pres. Jacob Zuma is waarskynlik vervaard aan die soek na beloftes wat hy nog nie gebruik het nie!

Zuma kan natuurlik altyd verras, maar dit is moeilik om te sien hoe en oor wat. Om werklik die nasie se aandag te kry, sal hy iets op die skaal van “ek gaan my in Mangaung nie verkiesbaar stel nie” moet sê.

Moenie die asem ophou nie.

Vanjaar is ’n groot politieke jaar en die president het ander prioriteite. Die staatsrede lê waarskynlik baie laag op daardie lys. Die herverkiesing as ANC-leier einde vanjaar en as staatshoof in 2014 is ongetwyfeld heel bo aan sy lys. Die parlement is nou nie juis die slagveld daarvoor nie.

Luthuli-huis is wel. Daar lyk dit of Zuma, nieteenstaande al die gerugte van sy politieke dood, baie sterker staan as wat sy kwaadpraters bereid is om te erken.

Julius Malema, Zuma se eerlikste uitdager, se politieke loopbaan binne die ANC is op lewensondersteuning. Dis net ’n kwessie van tyd voordat die masjiene finaal afgeskakel word.

Bedwelm deur hubris en ’n misplaaste mening van sy belangrikheid, het Malema, nes oudpres. Thabo Mbeki, die fatale fout gemaak om Zuma se ingebore talent vir politieke strydvoering en oorlewing te onderskat. Soos met Mbeki, is Malema se einde streng binne die reëls van die ANC georkestreer – ’n soort dood deur reglement en prosedure.

Die vingerafdrukke van Zuma sal moeilik op die toneel gevind word, maar almal weet hy was daar.

Met Malema uit die weg geruim, lyk Zuma se opmars na Mangaung meer seker en dié van sy potensiële teenstanders – van wie baie op die steun van Malema en sy nou dodelik gekweste jeugliga gereken het – minder so.

Onder die teenstanders wie se name van tyd tot tyd genoem word, het mnr. Mathews Phosa onlangs sy kop bo die loopgraaf gewaag deur die regering – en by implikasie Zuma self – openlik te kritiseer vir die fiskale ingryping in Polokwane.

Dit was nogal ietwat van ’n verrassing. Dié voormalige premier van Mpumalanga is nie sonder presidensiële ambisie nie, maar is bekend daarvoor dat hy verkies om sy twak droog te hou en geduldig sy kans af te wag. Dit laat ’n mens wonder oor sy skielike liefde vir die beleërde regering van die onbeholpe premier Cassel Mathale. Dit opper ook vrae oor sy disposisie jeens skoon regering.

Limpopo is natuurlik ’n ANC-vesting. In die algemene verkiesing van 2009 het die ANC byna 85% van die stemme gekry. Limpopo is wel die provinsie van Zuma se grootste triomf, maar die melk tussen hom en ANC-leiers daar het intussen versuur. Limpopo is ook Malema se agterplaas, maar selfs hy is nie meer oral so gewild daar soos vyf jaar gelede nie.

Phosa se kritiek op die ingryping in Limpopo is byna onmiddellik deur die ANC-hoofsekretaris en Zuma se uitsmyter, mnr. Gwede Mantashe, gerepudieer. Daar heers ’n ongemaklike skietstilstand, maar Phosa, wat al in 1997 in Mafikeng sy hoed teen Zuma om die visepresidentskap van die ANC gegooi het – hy het hom onttrek – het nou sy hand gewys. Hy is dus op Zuma se radarskerm.

Met die aankondiging vandeesweek dat ANC-takke nou intern kandidate vir Mangaung mag bespreek, sal dit interessant wees om te sien waar Phosa en ander moontlike kandidate teen Zuma staan.

Wat om oor hulle te doen, is nou vir die president belangriker as om indruk te wek met alledaagse goed soos staatsredes. Moet dus niks meer as die alledaagse verwag nie – variasies op dieselfde temas van die afgelope vier jaar, so reg uit die presidensiële herwinningshouer.)Henry Jeffreys is ’n onafhanklike politieke kommentator.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Henry Jeffreys-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.