Henry Jeffreys

Mulder waai sy rooi grond-lap

2012-02-22 00:00

Dr. Pieter Mulder is leier van ’n party wat eintlik geen bestaansreg het nie. Tog slaag hulle om (net-net) te oorleef in ’n demokrasie wat plek het en maak vir almal.

Mulder en die Vryheidsfront Plus veg ’n verbete stryd ter wille van uitgediende idees wat meer met ons verdeelde verlede gemeen het as met die visie van ’n nierassige demokrasie. Hulle is in ’n desperate situasie.

Daarom behoort die herrie wat Mulder verlede week ontketen het met sy uitlating dat swart Suid-Afrikaners nie aanspraak kan maak op 40% van die land se grond nie, nie werklik te verras nie.

Mulder praktiseer ’n desperate vorm van politiek; en soos die Engelse sê, desperate tye vereis desperate optrede of (in hierdie geval) uitsprake.

En as dit beteken dat jy skielik ontwaak as kwansuise spreekbuis vir die belange van die land se oorspronklike bewoners, hoekom nie? Die punt is egter dat Mulder na sy eie groep vry en hom min aan ander steur.

Die VF Plus is ’n party wat op grond van sukses by die stembus (of dan die gebrek daaraan) konsekwent op die glybaan na nêrens boer. In 1994 het hy nege setels by die stembus verower. Byna 425000 kiesers het vir hom gestem. Dit was toe reeds duidelik dat groot dele van die (wit) Afrikanergemeenskap – wie se belange die VF Plus beweer hy dien – die party verwerp.

In die mees onlangse algemene verkiesing, dié van 2009, het die party net vier setels met ’n skamele 147000 stemme ver­ower. Die stempersentasie in dié verkiesing was 83%, en daar was baie meer bedorwe stemme as wat Mulder-hulle kon kry!

Die VF Plus se grootste sukses in 2009 – iemand het dit elders as ’n wegholoorwinning beskryf! – was in Orania, waar die hunkering na selfbeskikking (in die ou dae het ons dit sommer apartheid genoem) nog die heersende politieke strewe bly.

(Terloops, net ter wille van perspektief: Die ANC het in 2009 goed oor die 11miljoen stemme op hom verenig.)

Mulder se uitspraak – vergeet vir die oomblik die geskiedkundige geldigheid daarvan al dan nie – was klaarblyklik bedoel om ’n uitwerking op sy kwynende steunbasis te hê en te red wat te redde is.

Sy besluit om ’n adjunkministerskap in die regering van pres. Jacob Zuma te aanvaar, is nie oral in sy eie dampkring positief aanvaar nie.

Dit is nie gewild in die geledere van die ANC nie, om nie eens te praat van die breër ANC-kieserskorps nie.

In die wandelgange word gefluister dat sy minister hom net verdra omdat hy deur die president aangestel is. Indien sy enige take aan hom toevertrou, is dit glo meestal net om op die nippertjie ’n toespraak of iets dergeliks namens haar te lewer.

Mulder self trap ongemaklik rond as ’n mens hom vra oor sy besluit om hom by die regering aan te sluit. Nog meer so oor sy rol as adjunkminister.

Die vraag moet by hom spook oor wat hy in 2014 aan die kiesers gaan sê oor die waarde wat hy (vir hulle) gevoeg het deur in ’n (vir baie steeds gehate) ANC-regering te dien.

My vermoede is dat hy klippe gaan kou en nou reeds beweeg om hom van die regering te distansieer. Indien wel, kon hy kwalik ’n meer plofbare kwessie as grond gekies het as voertuig.

Dit is ’n riskante strategie wat lelik kan boemerang.

Mulder het ’n rooi lap voor die grondbulle gewaai, en hulle is briesend. Die risiko is groot dat die debat oor grond – wat op sy eie manier begin koers kry het in ’n sinvolle rigting – nou gevaarlik terug is in die onvoorspelbare waters van die emosionele en irrasionale politiek.

Wel, as dit Mulder en die VF Plus help om te oorleef, hoekom nie?

  • Henry Jeffreys is ’n onafhanklike kommentator.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
99 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Henry Jeffreys-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.