Heindrich Wyngaard

André P. Brink: ’n Oomblik in die stormwind

2009-12-16 10:32

Die skrywer kom broos voor en ook ietwat moerig, meegebring deur hoë ouderdom en ’n uitmergelende debat nadat hy pas die Jan Rabie-Marjorie Wallace-skrywersbeurs gewen het.

Maar hy steek dit die meeste van die tyd goed weg deur sy beleefdheid en welsprekendheid en sy passie vir dit waarmee hy hom eintlik wil besig hou: om die verhaal van die slavin Phillida opgeteken te kry, soos wat hy die keurpaneel vir die beurs in sy aansoek belowe het.

Die debat het hom egter innerlik só ontstel dat hy beswaarlik aan die skryf kan kom, vertel hy Maandagmiddag op die stoep van sy voorstedelike huis.

En wanneer laas het hy só gevoel? Die presiese detail ontbreek in sy antwoord, maar hy onthou dit was ’n paar jaar gelede – “ook maar oor een of ander onstuimigheid van buite af”.

Nou hoop hy dat hy taamlik gou weer by die punt sal wees waar hy sy volle aandag aan sy skryfwerk kan wy. En hy sê: “As ek eers skryf, dan kan niks my daaruit kry nie.”

Hy was so tien bladsye ver met die boek oor Phillida toe hy so twee weke gelede na Frankryk moes vertrek; met die terugkoms het hy hom midde-in ’n debat bevind waarin onder meer aangedring word dat hy die Rabie-Wallace-beurs moet teruggee.

“Natuurlik het ek ernstig oorweging geskenk aan of ek enigsins moes aansoek doen – oor presies die kwessie waaroor die briefskrywers so tekere gaan: oor of ek as gevestigde skrywer die beurs moes kry.”

Die advertensie waardeur aansoeke aangevra is, het dit egter baie duidelik gestel dat énige Afrikaanse skrywer kon aansoek doen.

En terwyl Brink bewus is daarvan dat Wallace aanvanklik wou hê dit moes ’n beurs vir bruin skrywers wees, het sy ná vele gesprekke met ander mettertyd tot die besef gekom dat dit ’n rassistiese klank daaraan kan gee. Indien hy egter getwyfel het of Rabie en Wallace dit sou goedkeur dat hy aansoek gedoen het, sou hy dit nie gedoen het nie.

Rabie se reaksie op die toekenning (postuum) van ’n Nasionale Orde aan hom die afgelope Vrydag sou volgens Brink waarskynlik neerhalend gewees het: “Hierdie f—n mense wat aangaan oor vererings,” sou Jan dalk sê, maar diep in sy hart sou hy tog bly wees.

Hier sit Jan en Jorie se ou vriend nou in die sonskyn en lowergroen van sy tuin, wenner van die allemintige R350000-beurs, en hy sê verontwaardig: “Daar bestaan hierdie eienaardige persepsie dat ek rol in die geld.”

Die beursgeld is dan juis so bepaal dat dit die skrywer vir ’n jaar lank van sy of haar finansiële las sal losmaak. ’n “Blêrrie lekker meevaller” is dit ongetwyfeld.

Maar een van die “aangename newe-effekte” van die toekenning is dat dit vir sommige as aanmoediging dien eerder as dat dit ontnugtering bring.

Nou wat het hy bedoel met sy verwysing na regstellende aksie in Rapport? “Wat ek aandui, is dat in ’n samelewing met ons agtergrond kan jy eintlik nie ’n nuwe bedeling ingaan sonder ’n vorm van regstellende aksie nie. Maar dan moet dit nie gedoen word soos deur Eskom, waar werklik onkundige mense aangestel word in poste wat die beste tegniese vaardigheid verg nie.”

Of wat hy ook graag sal wil sien, is dat diegene wat in “regstellende aksie”-poste aangestel word byna beangs sal wees dat hulle nie net aangestel is oor hul kleur nie, maar omdat hulle ook bekwaam is vir die werk.

Dié aanstellings moet dus geskied met soveel holistiese begrip vir die situasie. “Maar die sakewêreld en ook die literatuur is nie ’n plek vir liefdadigheid nie, maar vir meriete.”

Dit is uiteindelik die kruks van die saak; dit is waar die waarde en die nodigheid van die Jan-en-Jorie-beurs lê.

Terselfdertyd kan hy my ook nie nou reeds die versekering gee dat sy boek ’n sukses gaan wees nie; dalk is dit uiteindelik “’n totale flop, ’n pot str—t”.
Dit is egter net so ’n aangrypende verhaal, dié van die slavin Phillida wat ’n verhouding met haar baas gehad het, waaruit drie, vier kinders gebore is. Uiteindelik is sy en die kinders verkoop nadat sy ’n klag teen haar minnaar gaan indien het omdat hy met die buurdogter moes trou. “Maar wie vat nou ’n slaaf se woord,” sêvra Brink.

Dit is egter dié jong vrou se karakter wat hom bybly – dat sy ver geloop het om die klag in te dien, terwyl “al die dice teen haar gelaai was”.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Nuutste Heindrich Wyngaard-kommentaar

Beatrix sê... Waarom het Jeffreys die reg om te sê wat hy wil, maar de Klerk moet stilbly!! Dink jy nie dit is 'n bietjie onregverdig van jou nie Christo? Ek was nog nooit 'n groot aanhanger van de Klerk nie (die hele situasie destyds, uit 'n witpersoon se perspektief, was verkeerd hanteer, en ons dra vandag die gevolge daarvan!!) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.