Gasrubriekskrywers

Zuma se bedsake is ’n kwessie van moraliteit

2010-02-04 04:37

Amanda Gouws

Ons president bly in die nuus; en dit is nie omdat hy die land goed regeer nie, maar oor sy slaapkamer-eskapades – wat ’n mens laat wonder wie die land regeer terwyl die president so besig is.

Reaksie op die geboorte van (nog) ’n buite-egtelike Zuma-kind het soos volg gewissel: “Zuma moet optree soos ’n president en nie soos ’n gigolo nie” (Cope); “hy moet terapie vir seksverslawing kry” (ACDP); “sy gedrag het verreikende openbare gevolge” (DA); “Zuma is ’n ouer persoon, en ons is nie gekwalifiseer om daaroor te praat nie” (Julius Malema – verskoon my, maar is dit nie dieselfde Julius wat Thabo Mbeki, ook ’n ouer persoon, ’n slang genoem het nie?); en “as Zuma se eerste vrou instem, is daar niks wat ons kan doen nie” (ANC-vroueliga).

Die ANC meen dit is ’n private saak en het dus niks met ons te doen nie. Maar is dit so?

Wanneer is ’n politieke leier se privaat lewe oop vir skrutinering?

Toe Bill Clinton sy indiskresies met Monica Lewinsky gepleeg het, is hy amper van sy amp onthef. Ons kan argumenteer Zuma is ’n rolmodel en sy voorbeeld moedig veelvuldige bedmaats aan. Dit werk juis die vigsveldtog van one girlfriend, one boyfriend teë.

Daar is ook die “kultuurargument” wat Zuma al geopper het toe “Kwezi” hom van verkragting aangekla het. Baie mense van dieselfde kultuur het gesê dit is “Zuma-kultuur” en nie Zoeloe-kultuur nie.

Ons kan sê Zuma het die reg om sy keuses uit te oefen. Die liberalisme staan tog vrye keuse voor. ’n Teenargument is gegrond op ’n sekere waardeoordeel wat inherent in die liberalisme is. Vanuit die vertrekpunt van die liberale teorie kan ons argumenteer dat die liberalisme ’n sekere visie van die “goeie lewe” voorstaan.

’n Liberale samelewing is dus nie waarde-neutraal nie, maar probeer sekere waardes ten opsigte van die common good daarstel en bevorder sekere doelstellings soos sekerheid, die verligting van lyding, die bevordering van individuele onafhanklikheid en positiewe waardes in kinders. Daarom bevorder die staat ’n sekere beleid en verbied ander.

Die liberalisme bevorder dus sekere deugde en ander nie.

Die Amerikaanse feminis Iris Marion Young argumenteer onafhanklikheid van mense behoort ’n belangrike aspek van ’n liberale samelewing te wees, maar dat onafhanklikheid van mans, en nie van vroue nie, die norm in liberale samelewings is. Vroue word gewoonlik gesien as die versorgers van kinders en huishoudings en daarom nie as outonoom nie.

Young tref voorts ’n onderskeid tussen “intrinsieke en “funksionele” tradisionalisme. Eersgenoemde beskerm tra­di­sio­ne­le praktyke omdat dit konformeer aan praktyke uit die verlede, en laasgenoemde beskerm sekere waardes omdat dit belangrik is vir die suksesvolle funksionering van ’n liberale samelewing.

As ons dan aanvaar dat die ontwikkeling van onafhanklikheid ’n belangrike waarde in ’n liberale samelewing is, watter keuses ten opsigte van onafhanklikheid kry die vroue met wie Zuma ’n verhouding het? Ons hoor hy het skadevergoeding aan Sonono Khoza betaal en is bereid om met haar te trou. Sy word so getipeer as iemand wat moet wag en kyk wat Zuma gaan doen en wat blykbaar nie op geboortebeperking aangedring het nie.

Zuma het die mag om meervoudige verhoudings aan te gaan, maar dieselfde geld nie sy vroue nie. Hy hoef net sy eerste vrou te raadpleeg. En die rol van dié vroue is om tuisteskeppers te wees en kinders te versorg te midde van hul afhanklikheid van hom.

Hoe gereeld kan een man aandag gee aan 20 kinders wat landwyd versprei is? Sy enigste vrou wat ’n politikus uit eie reg is, Nko­sa­za­na Dlamini-Zuma, het van hom geskei.

Zuma bevorder dus intrinsieke tradisionalisme wat niks met die instandhouding van ’n liberale gemeenskap te doen het nie, nog minder met onafhanklikheid van vroue (wat deur elke genderbeleid van die regering verkondig word).

Die moraliteit waarna hier verwys word, is nie ’n godsdienstige een nie, maar gaan oor ’n visie van die “goeie samelewing” wat uit ’n liberale waardeoordeel spruit. Dit is vir Zuma te maklik om te sê “oeps, ek het ’n fout gemaak” en skadevergoeding te betaal of ’n huwelik aan te bied en sodoende die vrou se afhanklikheid te bevestig.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Gasrubriekskrywers-kommentaar

Willem sê... Hier moet ek met Blip saamstem - die geleenthede was daar maar is nie aangegryp nie. Dit is ook onwaarskynlik dat so 'n geleentheid hom weer sal voordoen. Die blanke in die NUWE Suid-Afrika moet maar Noordwaarts kyk en besluit of hy gaan bly en verlief neem dat Afrika standaarde sy voorland is of dat hy vertrek na plekke waar ander standaarde geld. Persoonlik sien ek hier net al hoe meer tekens van Afrikanisering en as die volk rumoerig word sal die blanke minderheid, soos in Zim, en die Jode destyds in Duitsland, die sondebok wees wat die sondes van die ANC se mislukking moet dra. Dit is 'n wyse rot wat betyds die sinkende skip verlaat. Ek verstaan dat Blip een is? Wens ek kon dit ook doen, maar hierdie rot is te arm en te oud. Tog eienaardig hoe die geskiedenis hom herhaal - by die Evian-les-Bains konferensie wou niemand die vlugtende Jode asiel verleen nie en die wereld wat destyds so hard op die blanke in die RSA geleun het om tog die mag aan die swart meerderheid te oorhandig, is ook onwillig om nou aan die blanke wat die ellende sien kom asiel te verleen! Eintlik behoort al die deure wyd oop te staan want die ellende van Zim is tog 'n duidelike voorbeeld. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.