Gasrubriekskrywers

Regter moenie drank meng nie

2011-12-11 17:16

Paul Hoffman

’n Mens wonder waarom regter Nkola Motata so lank gewag het om by die hooggeregshof aansoek te doen om weer te begin werk.

Voor sy skuldigbevinding aan dronkbestuur en gedurende sy skorsing met volle salaris wat van rekordduur en -uitgawe was, was hy geregtig op “onskuldig totdat skuldig bewys” en kon hy dit gebruik as ’n ekstra pyl in sy koker vir die boog wat hy nou so behendig trek.

Die geskiedenis van die saak is dat die geleerde regter ná ’n aand van “teedrink” met sy staats-Jaguar agteruit deur die Johannesburgse sakeman Richard Baird se heining gery het. Baird het dit met die videokamera op sy selfoon vasgelê.

Die regter het ondanks Baird se Engels, sy woonbuurt en sy baie onafrikaanse van verkies om Baird ’n Boer te noem en op sekere onvleiende veranderings sedert 1994 vir Boere gewys. Sy tong het nie só erg gesleep dat dit duidelik hoorbaar was in die video wat die Sunday Times op sy webwerf geplaas het nie.

Die berugte foto van die regter het in 2007 in baie koerante verskyn.

Die teedrinkery is nie in die hof opgevolg nie. Die regter het van sy swygreg gebruik gemaak en die staat gevra om sy saak te bewys.

Hy het ook die dienste behou van ’n advokaat wat waarskynlik gewillig is om ’n “Boerseun” genoem te word en hom beveel om elke beswaar in die boek te opper én appèl aan te teken toe hy aan dronkbestuur skuldig bevind is.

Die appèl het nog tyd gekos, maar hy het weer verloor. Intussen het diegene wat nie gediend is daarmee om as “Boere” uitgeskel te word nie, by die Regterlike Dienskommissie teen die regter se gedrag beswaar aangeteken.

Die feit dat ’n hoë konsentrasie alkohol in die regter se tee-stroom was, dat dit duidelik in sy waterige oë waarneembaar was en dat hy aan dronkbestuur skuldig bevind is, word vergeet. Dit word nie genoem in die buitengewone en waarskynlik unieke aansoek wat Motata nou ingedien het nie.

Hy erken nou skielik hy het koffie en wyn gebruik, maar nie tee nie.

Dit is noodsaaklik dat dit genoem word. Die punt is dat dit wil lyk asof die geleerde regter gelieg het, of nie die hoeveelheid alkohol wat hy ingeneem het, wou verklap nie. Hy het in die openbaar gelieg. Hy het nog nooit verduidelik hoe sy “verskoning” en sy skuldigbevinding versoenbaar is nie.

Moet enigeen bekommerd wees as ’n regter openlik lieg?

In die Grondwet word van alle regters vereis om “geskikte en ordentlike mense” te wees. Dit is nie geskik of behoorlik dat regters lieg of daarvan verdink word dat hulle lieg nie. Hul eerlikheid, ordentlikheid, respek vir die reg en hul bereidheid om dit te verdedig, behoort leuens uit te sluit.

Die waardigheid en doeltreffendheid van die regbank hang af van die integriteit van diegene wat daarop sit. Die geleerde regter moet aan die publiek verduidelik hoe hy sy tee geniet.

Party mense kan sê regter Motata se aansoek is daarop gemik om tyd te koop sodat hy sy pensioen kan verbeter. Sy pensioenouderdom kruip nader.

Hy moet egter tot verantwoording geroep word. En terwyl dit gedoen word, moet die owerheid ’n teeneis instel vir die salaris en byvoordele wat Motata in sy skorsing geniet het. Hy het nie daarvoor gewerk nie, verdien dit nie en hoort nie op die bank nie.

Sy hardkoppigheid is skandalig. Sy pleit van onskuldig was onsuksesvol, en sy vermoë om op die regbank te sit, is heeltemal in die gedrang oor sy kriminele rekord – en die manier waarop hy dit verwerf het.

)Paul Hoffman SC is ’n direkteur van Ifaisa (www.ifaisa.org).

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Gasrubriekskrywers-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.