Gasrubriekskrywers

Ontgroening bly klou nes ’n neet

2012-02-09 00:00




Tim Du Plessis

Onder die opskrif “Eg Afrikaanse dinge” is daar een ding wat ek nog nooit kon kleinkry nie.

Dit is die gebruik by veral naskoolse onderwysinrigtings om nuwelinge te doop, te ontgroen, in te lyf, te oriënteer, wat ook al.

Deesdae noem hulle dit “verwelkoming”. Hulle sweer hoog en laag dit bevat geen element van vernedering of dwang nie en geskied onder “toesig”.

Regtig? Onlangs het ’n eerstejaar in ’n universiteitswembad op die Potch-kampus verdrink terwyl hy “onder toesig” was en “vrywillig verwelkom” is.

Hy is nie die eerste slagoffer van dié Middeleeuse praktyk nie. Behalwe dat daar sterftes is, word omtrent elke jaar iewers ’n student vermink of verlam terwyl hy “vrywillig en onder toesig verwelkom” word.

Hier is die kern van die saak: Die hele ritueel skep, selfs sonder bedoeling, ’n rangorde waarin die ou aan die ontvangkant van die “verwelkoming” vasgevang word – terwyl die ou aan die uitdeelkant daar beland op grond van niks anders nie as dat hy na ’n volgende studiejaar aan­beweeg het.

Jy kán nie op ’n ander manier aan ’n universiteit begin studeer as om ’n eerstejaar te wees nie. Die eerstejaar kan dié “toestand” of status nie verander nie.

Dis in beginsel dieselfde as diskriminasie op grond van velkleur of geslag. Dis uitgedien en agter die klip, hier en oral in die beskaafde wêreld. Maak nie saak wat die ANC sê nie.

Dis net so agterlik soos die universiteite van Kaapstad en Pretoria se uitsluiting van sekere studente van die mediese en die veeartsenykunde-fakulteit net omdat hulle wit is.

Hoekom so vasklou aan iets wat in­herent verkeerd en onregverdigbaar is?

“Studentepret”? Asseblief. Die beste pret gebeur spontaan; dit hoef nie gereël te word nie.

Dan is daar die storie dat dit die eerstejaars op die kampus “oriënteer”. Maar daarvoor kan jy die eerste twee weke ’n inligting-lessenaar in elke koshuis hê.

Buitendien, is dit nie deel van die hele avontuur van universiteit toe gaan om self dié nuwe, groot plek met al sy hoekies en gaatjies te leer ken nie?

Elders ter wêreld kom miljoene “freshmen” elke jaar aan op kampusse veel groter en oorweldigender as sê maar Potchefstroom of Stellenbosch. Hulle word nie deur seniors “verwelkom” of “ge­oriënteer” nie. Maar hulle raak gou tuis.

Ja, ontgroening is ’n tradisie. En ja, daar is baie ouers wat niks daarmee verkeerd sien nie, bes moontlik die meeste.

Die redenasie gaan só: Ek is daardeur en het niks oorgekom nie. Dis goed vir “koshuisgees”. Buitendien, die windgat-matrieks se stertvere kan maar ’n bietjie gepluk word. Totdat jóú kind verdrink. Of aan ’n deegpil verstik. Of die res van sy lewe in ’n rolstoel sit.

Tradisie is daar om afgeskaf te word wanneer tye verander. Ons klou vas aan die tradisie van ontgroening wat handel dryf as “verwelkoming”, maar het gemaklik die tradisie gelos dat vroue met ’n hoed kerk toe gaan en mans in ’n benoude swart pak. Wat is die verskil?

Die oplossing is maklik: Rektors en rade moet eenvoudig die stang byt en álle programme van verwelkoming vir nuwelinge afskaf. Die seniors (en ’n paar nostalgiese ouers) sal die eerste jaar mopper en dan aanbeweeg. Laat die rektor of die studentedekaan die eerstejaars verwelkom. Dis immers hul kampus en koshuise, nie die seniors s’n nie. Maak soos in Malcolm Gladwell se boek Tipping Point beskryf word: verander die konteks.

New York het sy moltreine misdaadvry gemaak deur konsekwent al die graffiti op en in die waens te verwyder.

Ek wonder net: Is die eintlike probleem nie straks dat sekere rektors nog heimlik akkoord gaan met ontgroening nie?

Pardon, verwelkoming...

  • Du Plessis is die hoof van Media24 se Afrikaanse koerante.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
38 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Gasrubriekskrywers-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.