Gasrubriekskrywers

Die ANC se kerkstorie mislei

2012-02-05 22:25

Jan-Jan Joubert

Die ANC is op 8 Januarie 1912 in die Wesleyaanse skoolsaal in die destydse Waaihoek-lokasie in Bloemfontein gestig, waar die groot koeltorings aan die stad se suidoostekant nou staan, langs die klein Wesleyaanse kerkie waarin emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu die ANC se vryheidsvlam op 8 Januarie vanjaar geseën het.

Hieroor stem alle primêre tydgenootlike bronne saam en in geen geskiedenisboek oor die onderwerp waarop ek my hande kon lê, word beweer die ANC is in ’n kerk gestig nie.

Nogtans het dr. Vukile Mehana, kapelaan-generaal van die ANC, in sy spreekbeurt, kort nadat Tutu die vlam geseën het, beweer die ANC is “seker die enigste politieke beweging wat op die kerk se altaar ontstaan het”.

Dis nogal ’n stelling en ’n half, en pas net te presies in die kraal van ’n organisasie wat soms beweer hy sal regeer tot Christus se wederkoms.

’n Mens sou graag wou weet waar Mehana aan sy bewering kom dat die ANC in ’n kerk gestig is. Het hy ’n empiriese bewys? Indien wel, moet hy daarmee vorendag kom. Indien nie, moet hy nie sy vergissing herhaal nie, want ’n vergissing wat herhaal word, is ’n leuen.

Waarom sou die ANC dan kluitjies bak en beweer hy is in ’n kerk gestig as dit nêrens so blyk te wees nie?

Ek wens ’n mens kon seker wees dis maar net ’n onskuldige feitefout en dat die ANC so waarheidsliewend is dat hy dit sommer gou sal regstel, of ten minste nie sal herhaal nie.

Ons sal maar moet sien, maar ek is bevrees ’n mens moet eerder bedag wees daarop dat ’n nuwe mite willens en wetens geskep word, een wat sal posvat as dit nie beveg word nie.

Dit is nie moeilik om voor jou geestesoog te sien hoe dit spoedig as aanvaarde feit opgedis word dat die ANC in en uit die kerk ontstaan het nie, met die versluierde ondertoon dat dit darem maar ’n sonde is om die party teen te staan.

Dis ’n taamlik nuwe laai van die ANC om godsdienstige bewerings as politieke wapens aan te wend. Dis ’n gevaarlike neiging. Die ANC, soos enige regering, is maar net ’n groep mense wat op ’n gegewe oomblik die meerderheid kiesers se voorkeur is om vir ’n afgebakende tydperk die land te regeer. As die regering die kiesers tevrede stel, sal hy herkies word. As die meerderheid kiesers meen daar is ’n beter alternatief, sal hy val.

Regerings begin op ’n goddelike magsbasis aanspraak maak as hul prestasies dun raak en verskeie onlangse ANC-uitsprake kom naby daaraan.

Die ANC, en alle ander politieke partye, sal daarby baat vind om te onthou God stem nie in verkiesings nie en daar is nêrens in die Bybel enige aanduiding dat God ’n partypolitieke voorkeur het nie. Kiesers is mense en mense is feilbaar. Kiesers maak foute en die kiesersmening moenie met enige Godsmening verwar word nie. Wêreldwyd het oorloë al ontstaan wanneer godsdiens en magspolitiek verstrengel raak. Dis ’n giftige mengsel.

Kan dit wees dat die ANC onbewus is daarvan? Tog seker nie. Of is dit maar net ’n verdere aanduiding van hoe die party lostorring en wegskram daarvan om deur rasionele kritiek gemeet te word? Dit lyk so.

Gevaarligte brand op soveel vlakke vir die ANC. Daar is korrupsie, swak dienslewering, selfverryking en die gevolglike onverkwiklike binnegevegte.

Voeg nou maar daarby ’n bewustelike verdraaiing van die geskiedenis en ’n misbruik van godsdiens, tensy die ANC ophou met die onsin oor sy stigtingsplek.

Die ANC het ’n roemryke geskiedenis, gekenmerk deur menslike feilbaarheid. Deur dit so onnodig te verdraai, maak die ANC homself en sy verlede goedkoop. Dit is in die belang van die ANC om eerder die waarheid te praat oor sy stigtingsplek, en sommer oor alle ander dinge.)Joubert is politieke redakteur van Beeld.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Gasrubriekskrywers-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.