Dawie

Politieke olie op die Belhar-vuur

2012-02-04 03:00

Die aanvaarding van die belydenis van Belhar as vierde belydenisskrif deur die algemene sinode van die NG Kerk (NGK) is vandeesweek opnuut in die openbare aandag geruk deur ’n memorandum van genl. Johan van der Merwe, oudhoof van die polisie, aan die leiers van die Kerk.

Van der Merwe redeneer dat die belydenis deel gevorm het van ’n kommunistiese aanslag teen die destydse staat, met teoloë soos drr. Beyers Naudé en Allan Boesak en eerw. Frank Chikane op die voorpunt. Hy maak swaar staat op die sogenaamde Kairos-dokument, waarin ’n aantal teoloë (Dawie se woorde) twee millimeter duskant die regverdiging van die ANC se gewelddadige stryd stop.

Hy herinner aan die doel van die ANC/SAKP en die Sowjetunie – hoofsaaklik politieke mag – en sê hulle en sekere geestelike leiers het dit “op ’n slinkse wyse verdoesel deur apartheid as die euwel waarteen die stryd gerig was, voor te hou”. Hy sê dat Boesak en ander teoloë “ ’n nuttige werktuig in die hande van die ANC/SAKP” was en dat die belydenis deel van ’n Boesak-strategie was om apartheid as ’n “pseudo-religieuse ideologie” te brandmerk en om “in kerklike kringe legitimiteit aan die revolusionêre bedrywighede van die ANC/SAKP-alliansie te verleen”.

Die aanvaarding van die belydenis van Belhar deur die algemene sinode van die NGK verlede jaar – en dit deur ’n aansienlike meerderheid – was weliswaar ’n reusestap wat dié kerk gegee het onderweg terug na wat hy, ooreenkomstig sy bestaansrede, moet wees: ’n getuie van Christus op aarde.

Dawie het met die aanvaarding van die belydenis gewaarsku dat die NGK tog versigtig sou moes werk om sy lidmate met hom saam te neem. Die reaksie indertyd het bewys dat ’n minderheid nie beïndruk is deur die rigting wat die kerk inslaan nie. Met Van der Merwe se memorandum is die saak vir die kerk ongelukkig nou nog meer kompleks.

Daarom is dit belangrik om ’n paar punte duidelik te stel.

Uit Van der Merwe se memorandum blyk dat hy met politieke motiewe voor oë die rol van Boesak in die opstel van die belydenis oorskat.

Van der Merwe (en ander kritici) hamer ook op die maatskaplike (dus politieke) fokus van Belhar en gee te kenne dat dit daarom nie as ’n belydenisskrif kan kwalifiseer nie. Terloops, as daar beswaar teen die maatskaplike fokus is, moet groot dele van Jesaja, Miga, die sendbrief van Jakobus en die Bergrede ook uit die Bybel geskrap word. Die belydenis gee nie voor dat hy ’n allesomvattende behandeling van die Christelike geloof weergee nie. Soos die kerk se ander belydenisskrifte het dit in ’n bepaalde historiese konteks ontstaan en het dit ingrypende politieke implikasies.

Maar dit bly primêr ’n teologiese dokument. Dit gaan om die kerklike dwaalleer, die Bybelse regverdiging van die apartheidsbeleid wat in blote rassediskriminasie en onreg sy uiting gevind het – diskriminasie en onreg wat deur die meeste Christene verwerp word.

’n Mens kan tereg ernstige vrae stel oor die teologiese suiwerheid (uit ’n gereformeerde perspektief) van die optrede van talle teoloë in die struggle. Soos ook oor die teologiese suiwerheid van teoloë wat apartheid uit die Bybel probeer regverdig het. Teenoor dié twee rigtings het die opstellers van Belhar ’n Bybelse koers probeer inslaan. En dit belig weliswaar ’n aspek van menswees – maatskaplike geregtigheid – wat tevore in Suid-Afrika teologies verwaarloos is, maar dit wyk nie intrinsiek af van die reformatoriese teologie nie. As sodanig kan die belydenis juis broodnodige versoening en vergifnis in Suid-Afrika in die hand werk.

Met respek dus teenoor die generaal: Die opstellers van die belydenis verdien nie om deur hom en ander verketter te word nie.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Dawie-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.