Dana Snyman

In die oë van mense agterop ’n bakkie

2012-02-03 00:00

Oral in die land sien jy mense agterop bakkies.

Jy is op die snelweg naby die stad, en dan is daar ’n ou Isuzu voor jou in die middelbaan, met drie manne agterop. Oor een se ore is ’n Rasta-mus getrek. Die ander twee se blou oorpak is vol verfspatsels. Dit lyk nie of hulle met mekaar gesels nie. Hulle sit met hul rug teen die bakkie se kajuit en kyk agtertoe. Hulle gaan by ’n huis of op ’n bouperseel werk, weet jy – heeldag lank sal hulle verf, messel of kruiwa stoot. Vanmiddag gaan hulle in die teenoorgestelde rigting agterop hierdie selfde bakkie op hierdie selfde snelweg ry, terug township toe.

Ander kere is daar meer as drie mense agterop die bakkie. Daar is vier of agt of sommer tien, en dis meestal mans. Daar kan selfs ’n leer of ’n kruiwa saam met hulle op die bak wees. Soms moet party op die bak se rant sit, want ín die bak is nie genoeg plek om te sit nie. Hulle moet aan die bakkie vasklou en oppas hul pet waai nie van hul kop nie.

Partykeer sien jy ’n pet op die snelweg lê. Dit lê daar in die linkerbaan, en die karre ry daaroor. Wanneer die wind waai, sal die pet ’n entjie die lug in fladder voordat ’n volgende kar kom en dit weer plat trap.

Jy sal na daardie pet kyk, en weet dit het van iemand wat agterop ’n bakkie was, se kop gewaai. Dalk was dit ’n pet van ’n jong man uit die Oos-Kaap, sal jy vir jouself sê. Dit was sy eerste dag agterop ’n bakkie saam met ander werkers, en toe hy weer sien, gryp die wind die pet van sy kop af. Dalk sou hy vergeefs die wind in vir die bestuurder geskreeu het om stil te hou, terwyl die ander werkers vir hom lag.

Op die platteland sien jy ook soms ’n pet in die pad lê. Niemand hou graag stil vir ’n dêm werker wie se dêm pet afgewaai het nie.

Dit is ’n skildery wat nog nie geskilder is nie – die een van die werker agterop die boer se bakkie. Die werker ry dikwels saam dorp toe om die hekke op pad oop te maak. Die hele oggend sit hy in die heklose dorp agterop die bakkie terwyl die boer by die bank en die Spar en die koöperasie ingaan.

Partykeer sal die werker afklim, en dan sal daar ’n repie koerantpapier en die oranje van ’n pakkie BB-twak in sy hand wees.

Die platteland is vol desperate mense agterop desperate bakkies. Die mans het dikwels nie ’n oorpak aan nie. Hul hemp fladder soos ’n verslete vlag aan hul lyf in die wind. Soms sal daar tussen die ander agterop die bakkie ’n vrou wees, met ’n doek om haar kakebeen gebind, op pad na ’n kliniek waar die seer tand seer getrek sal word.

Soms sien jy oumas agterop bakkies, soms kinders, soms ma’s met ’n baba in hul arms.

Mense agterop bakkies kyk meestal agtertoe. Hulle kyk nie na waar hulle heen gaan nie. Hulle kyk na waar hulle vandaan kom.

Hulle kyk na jou.

Jacobsbaai

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Dana Snyman-kommentaar

Willem sê... "Lafhartige dr Craven" is eintlik toutologies. Oxford Dictionary: "Craven = cowardly, abject." Kon natuurlik nie op die regte dr Danie Craven van toepassing wees nie. In elk geval, die ANC-Alliansie se Stalinistiese gees en opleiding moes een of ander tyd demonstreer word. Ons weet mos dat dit daar is en slegs die geleentheid soek om uit te kom. Ja, en die mense wat Kaap toe kom doen dit klaarblyklik om die "better life for all" te soek, maar ek twyfel sterk daaraan dat enigeen van hulle sal DA stem - hulle sal ANC stem en wanneer die Kaap weer deur die groot bevrydingshelde regeer word - waar sal hulle dan heen moet gaan vir die "better life"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior BI programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.