Vind rus vir siel in oudste woestyn

2010-01-19 12:29

 

As jy y in jou lewe net een 4x4-toer doen, moet dit dié een wees. Só het die redakteur van WegRy, BARNIE LOUW, geskryf oor die Faces of the Namib-toer.

Ek weet ’n mens drink nie soggens voor teetyd nie, maar hier waar ek vroegoggend op ’n Namibduin sit en tot verhaal probeer kom, het ek versterkwater nodig. Sommer baie.

En as ek so na die asvaal gesigte van die mans om my kyk, het hulle ook enetjie (of twee) nodig.

Ons sit en kyk hoe die een kar na die ander dóér bo sy neus versigtig oor die lip van die Longdrop druk. As ons nader was, sou ons kon sien hoe die oë van die man agter die stuur al groter raak, ons sou kon sien hoe slaan ’n fyn tropiese angssweetjie op sy bolip uit, die doodsbleek van sy kneukels. En dan het hy nog nie eens beweeg nie?.?.?.

As jy ’n paar skuimkoppe sterk is, sal jy die Longdrop waarskynlik só aan jou pelle beskryf: “Man, dis dié @#&*% hoë duin waar ons moes af?.?.?.”

Maar as jy ná kerk by jou skoonma tee drink, sal jy dit waarskynlik só beskryf: “Ons moes afry by hierdie besonder hoë duin – ek skat sowat 30 verdiepings hoog. Ek was baie senuagtig, want net een oordeelsfoutjie, en dis nag.”

Die Longdrop is maar net een van die duine in die Namib wat die manne van die kinders skei. Daar is ook nog die Land Rover’s Graveyard en die Slingshot?.?.?. en sommer baie ander grotes wat nie eens ’n naam het nie.

Ek het baie stories en artikels oor die Namib gelees. Stories oor hoe karre teen duine afgerol het, hoe clutches gebrand is, hoe onderdele ingevlieg en mense met gebarste blindederms uitgevlieg moes word.

G’n wonder nie dat toe ons groep van 20 mans in 10 voertuie by Solitaire saamgetrek het, ek myself reggemaak het vir ’n kameerolletjie in ’n Arnold Schwarzenegger-aksiefliek.

Maar dis nie die aksie wat jy ná die tyd onthou nie.

Jy onthou die grootsheid en die uitsigte op die oudste woestyn op aarde, die stilte wat jou duiselig laat, die aangrypende diamantgeskiedenis, en die vryheid en vrede van dié reuseput wat jou so rustig maak soos ’n Sondagmiddag op die platteland.

Kortweg, die Namib vul jou met ontsag.

Die plan was om van net anderkant Solitaire af min of meer die ou transportryers se ossewaroete Walvisbaai toe te volg tot waar dit die Kuisebrivier oorsteek.

Vyf dae, 550?km. Nie ’n pad, plaashek, Ultra City, waterkraan of Steers nie. Trouens, nie eens ’n boom om van te praat nie, net woestyn.

Ek het nog altyd aan die woestyn gedink as woes en leeg, selfs vyandig, maar skaars ’n paar uur nadat ons weg is, is my skeefgetrekte indruk van die woestyn op sy kop gekeer.

Eerstens het ek nooit kon dink ’n woestyn kán só groen wees nie (toegegee, ons was daar ná ongewoon goeie reën), en tweedens het ek nie besef daar is soveel lewe in die woestyn nie.

Al die veld was inderdaad vrolik op dag een. Op pad na die Kuiseb-canyon ry ons deur plate wit woestynlelies, verby troppe baldadige gemsbokke, pronkende springbokke en sedige sebras.

Stomgeslaan ry ons deur ’n sprokieswoud (ook bekend as meelsakboom) verby feetjiesirkels, om panne vol water, oor geilgroen grasvlaktes.

Die Namas wat dié stuk sand “Die groot niks” gedoop het, het duidelik hul !Narra-pitte gerook.

Vyf uur later hou ons stil vir middagete. Afstand afgelê? ’n Volle 50?km.

Die rede?

Die landskap is só besonders dat alles (en ek bedoel álles) afgeneem móét word.

Min het ek geweet dit sou die hele toer so gaan. Oral waar jy in die Namib kyk, is ’n poskaart. Hier het jy nie ’n mik-en-druk nodig nie; jy’t net ’n druk nodig.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.