Stuur jou foto en wen groot
2010-01-19 07:30
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
'n Groot foto-kompetisie begin vandag 18 Januarie in die BUITE bylaag wat elke Dinsdag in Die Burger verskyn.
Só lyk die pryse
1.Machampane: Twee nagte in die Sefapane Lodge in Phalaborwa. Eerste aand: ’n nagrit wat met ’n braai eindig. Vervoer van Sefapane na Machampane en terug. Drie nagte verblyf in Machampane, met etes en staptogte in die veld ingesluit. Geskatte waarde: R19?650.
2. Xaus Lodge: Slaap die eerste aand in Aan’t Kanaal , Upington (bed en ontbyt, met aandete in ’n nabygeleë restaurant). Ry self na die Kgalagadi-oorgrenspark vir ’n besoek aan die !Xaus Lodge (etes en aktiwiteite ingesluit). Ry terug na Upington en bly in La Boheme (bed en ontbyt, met aandete in ’n nabygeleë restaurant). Geskatte waarde: R19?800.
Lesers se prys: Lesers wat vir die finale wenners stem, kom in aanmerking vir ’n heerlike vakansieprys wat deur die Nasionale Parkeraad geborg word.
Dit behels twee nagte in die Mokala Nasionale Park naby Kimberley, een nag by die River Bank Lapa in Upington, en twee nagte verblyf in die Nossobkamp in die Kgalagadi-park.
Reëls: Natuurmens-fotokompetisie
Wanneer u deelneem aan Buite/Media24
se Natuurmens-fotokompetisie aanvaar u alle bepalings, reëls en
voorwaardes wat tussen Buite
en die deelnemer geld soos hierin
uiteengesit of andersins in Buite/Media24 gepubliseer.
Die inskrywings moet die mens in die natuur uitbeeld.
· Foto's wat vir dié kompetisie ingeskryf word, mag nie
voorheen gepubliseer wees nie en deelnemers
stel dienooreenkomstig hiermee Buite/Media24 skadeloos met
betrekking tot enige eise van derde partye vir skending van
kopiereg of inbreukmaking van enige van daardie derde partye se
regte weens deelname in hierdie promosie en/of die toekomstige publikasie
of gebruik van foto's deur Buite/Media24.
· Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of
konsultant van Buite/Media24, of 'n eggenoot,
lewensmaat, ouer (aangeneem en aangetroud ingesluit), broers of susters
(aangeneem ingesluit) of enige sakevennoot of assosiaat van 'n persoon wat
hierbo genoem is, mag nie deelneem nie.
. Foto's word daagliks deur 'n paneel van Buite/Media24 beoordeel.
· Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar by: myfoto@media24.com en Buite/Media24 behou die reg voor om enige
foto's wat onduidelik of andersins defektief is of nie voldoen aan die
kompetisiereëls nie, af te keur.
· Slegs SMS-e sal as leserstemme getel word.
· Deelnemers mag soveel foto's as wat hulle wil
vir die kompetisie inskryf, maar mag slegs een foto per e-pos aanheg. ‘n
Posadres en kontakbesonderhede (telefoonnommer) met met elke inskrywing
ingesluit word.
· Foto's mag nie op enige
wyse digitaal gemanipuleer wees nie.
· Deelnemers en/of lesers moet hulself bepaal by die
volgende sperdatums: Foto-inskrywings
vanaf Dinsdag 19 Januarie 2010 tot Woensdag 10 Februarie 2010.
Geen laat inskrywings of stemme sal aanvaar word
nie.
Die
beoordelaars kies dan tien finaliste wie se foto’s op Dinsdag 16 Februarie 2010
gepubliseer word.
Van Dinsdag 16 Februarie tot Donderdag 18 Februarie 2010 kan lesers per
SMS stem vir die wenners. Net een SMS per nommer word toegelaat.
· Alle foto's en inskrywings
word die eiendom van Buite/Media24. Dit sal in
'n databank vasgelê word en Buite/Media24 en die
borge mag die deelnemers se name en adresse vir toekomstige promosie-,
bemarking- en publisiteitsdoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die
deelnemer toe daartoe en onderneem die deelnemer om 'n skriftelike versoek van Buite/Media24 in hierdie verband op aanvraag te
onderteken.
· Die promotor is Buite/Media24.
Indien vereis deur wetgewing of veranderinge in wetgewing sal Buite/Media24
die reg hê om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te
staak. In die geval van sodanige beëindiging, stem alle deelnemers in om
afstand te doen van enige regte wat hulle het kragtens hierdie promosie en gee
hulle toe dat hulle geen regseis teen Buite/Media24,
sy agente en promotors sal hê nie.
· Alle deelnemers doen hiermee afstand ten gunste van Buite/Media24 van enige eise in verband met enige
skade en of koste wat die deelnemer mag hê, ly of opdoen deur die deelname aan
die kompetisie en/of benutting van enige pryse. Alle deelnemers vrywaar Buite/Media24 teen
enige skade wat enigeen van hulle mag ly en wat veroorsaak word deur sodanige
deelname.
· Die beslissing van die redakteur van Buite/Media24
oor enige geskil in verband met die kompetisie en die pryse is
finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
. Die wenners sal op 23 Februarie 2010 in Buite
bekend gemaak word, waarna die pryse oorhandig of per geregistreerde pos aan
die wenners gestuur sal word.
·