Kyk fyn vir die geheime van die kalahari

2010-01-26 10:52

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar was leeus by die piekniek en ’n bakkop in die kameeldoring op pad na !Xaus – die warm hart van die Kalahari, skryf Eben Human.


.Jare gelede met my eerste werkaansoek by ’n koerant wou hulle ’n artikel sien wat ek geskryf het. Ek moes vinnig ’n plan maak en besluit toe om as langafstandatleet ’n Boesman-spoorsnyer in die Kalahari vir ’n wedloop te gaan uitdaag.


Dit was weer aan my eerste artikel dat ek gedink het toe ek kort ná Nuwejaarsdag die pad na die Kgalagadi-oorgrenspark vat.

Die hart van die Kalahari het gewag om ontdek te word in die somerhitte met sy stof, slange en skerpioene, en die ­voëlfotograaf Basie van Zyl is omgepraat om saam te ry.


!Xaus beteken “hart” in die taal van die mense wat so met hul tong kan klap, en Basie was baie opgewonde toe ek hom sê ons gaan by die !Xaus Lodge ’n draai maak. Onder sy baie bagasie was ’n pyp, ’n sakkie tabak en ’n botteltjie boegoebrandewyn.


Nie ver van die hek by Twee Rivieren nie het ons die eerste ou bakkop gewaar. Teen die tyd dat ons die bakkie gedraai het, was hy al met sy goudgeel glimmende lyf hoog in ’n kameeldoring.

Binne die park sou ons weer genoeg roofvoëls sien. In die Kalahari moet jy fyn kyk – dan sien jy die dwergvalkie wat ’n akkedis gevang het of die boomrot wat ná sononder oor die takke van die kameeldoring voor jou hut skarrel.

Binne agt dae het ons ook nege keer leeus raakgeloop.


Die grootste konsternasie was by die piekniekterrein waar die groot duinepad by die Nossob aansluit. Op pad daarheen het toeriste ons al gewaarsku oor die leeuwyfie wat met haar kleintjies onder ’n bos gekruip het in die middel van ’n plek waar almal gewoonlik uitklim om ’n bietjie bene te rek.

Daar was al ’n hele paar voertuie toe ons daar aankom. Ons het ook gesien hoe nuwe aankomelinge onwetend uitklim en dan woes beduie word van die leeus.

’n Groter hoogtepunt was die volgende middag toe ons deur Andries Thys in die Auob ontmoet is en hy met ons in sy 4x4 oor die duine begin ry na !Xaus.

Die tweespoor-sandpad slinger sowat 40 km deur die mooiste Kalahariveld. !Xaus is ’n yslike verrassing, want hy lyk toe skielik of hy langs een van die groot mere van Afrika staangemaak is.


Die groot pan voor die oord is met water gevul – ná die goeie reën is dit net water so ver jy kan kyk in die middel van die sandwêreld.

Pieter Retief, die bestuurder van die oord, nooi ons op ’n nagrit, en ons sien springhase.

Die volgende oggend gaan stap hy en die jong Elvis (Hannes Swarts) met ons in die veld. Elvis het al mooi van die ouer mense geleer en hy wys ons die sleepsel van ’n pofadder en die spore van twee rooijakkalse.


“Die jakkalse het al spelende hier oor die duin gedraf. Bo-op die duin het hulle eers gestop en die wêreld bespied,” vertel die jongeling.

Daar word ook ’n gemsbokkomkommer se wortel uitgegrawe. Ons moet die hande bakmaak en drink van die bitterste Boesman-medisyne.

“Dit sal jou bloed skoonmaak, en jou maagprobleme is nou ook iets van die verlede,” verklaar die jong medisyneman.

Pieter het later die dag ’n uur lange gesprek met ons om die geskiedenis te vertel van hoe dié mense hul deel van die Kgalagadi-oorgrenspark bekom het waar hulle hul !Xaus Lodge kon vestig.


’n Entjie weg van die lodge het hulle vir hulle ’n kraal opgerig as deel van ’n gemeenskapsprojek waar elke dag handwerk vervaardig word wat aan die toeriste verkoop word.


Pieter het een streng verbod en dit is alkohol. ’n Ietwat teleurgestelde Basie haal toe net sy geskenk van tabak en ’n pyp uit toe ons by Kruiper-hulle gaan kuier.

Die ys was gou gebreek, en daar word lekker gesels.


Ja, van hulle ken ook die man met die bynaam Tokkelos teen wie ek destyds ’n wedloop oor 16 km in die duine gehardloop het.

Die Boesmans kraai van die lag as hulle hoor hoe ontnugter ek was dat ’n spoorsnyer ’n geoefende atleet in die sand kon kafdraf.

Dan vertel Toppie Kruiper ons weer van die eerste slag dat hy vliegtuig gery het – na Tanzanië vir ’n konferensie.


Die opgaan was erg genoeg. Daar hoog bo in die lug het hy nog meer benoud geraak.

“As hy moet begin val, is jy lankal dood voordat jy weer doer onder is. Dit is net jou lyf wat daar sal val,” verklaar Toppie.

Die spannetjie beeld daarna ook vir ons ‘n jagtog uit op ‘n rooi duin en Elvis doen mee. Hierdie jongman het al genoeg geld verdien sodat hy sy eie huis kon laat bou.

Elvis deel duidelik die ouer geslag se geloof dat groter kennis en waardering van hul mense se veldkennis en tradisies baie voordele vir hul gemeenskap inhou. Daarom het hy ook al na die Khwattu-sentrum aan die Weskus gegaan om meer te leer hieroor en is hy nou deel van die groepie wat elke twee weke met nuwe mense vervang word by !Xaus.


Basie wou so graag sy eie familie se tradisionele resep en gepatenteerde medisyne persoonlik met die Boesmans deel - maar die klein botteltjie boegoebrandewyn los ons in Pieter se kantoor met ons vertrek. Toppie sou dit kry wanneer hy weer !Xaus verlaat.



 

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.