Heelwat om na uit te sien in nuwe, nasionale ‘Buite’

2009-12-15 09:31

Kaapstad


Daar sal aanstaande jaar nog meer op avonture, die buitelewe, kampeer, reis en die natuurlewe gefokus word wanneer Buite van 19 Januarie ’n nasionale bylae word.

Dieselfde bylae wat in Die Burger verskyn, sal dan in ons Oos-Kaapse uitgawe in Port Elizabeth en Oos-Londen gepubliseer word, asook in Beeld se uitgawes in Johannesburg, Pretoria en Durban.

Vir adverteerders wat hul produkte landwyd bekend wil stel, sal dit baie goeie nuus wees. Veral die toerismebedryf sal hopelik hierdie kans aangryp vir die wyer bekendstelling van hul produkte.

Om die nuwe bylae van stapel te stuur, word daar met ’n fotokompetisie begin.

In die Natuurmens-fotokompetisie sal lesers foto’s moet instuur van mense se aktiwiteite in die natuur.

Hou Buite op 19 Januarie dop vir meer besonderhede oor hierdie kompetisie en die pryse wat op die spel gaan wees. Lesers sal die finale wenners kan kies en ook self vir ’n vakansieprys in aanmerking kom.

Vanjaar het die Afrika-avonturier Kingsley Holgate vir ons verslag gedoen oor sy Boundless Southern Africa-ekspedisie. In ’n steekproef wat die tydskrif Sports Illustrated gedoen het, het 62% van Suid-Afrikaanse mans hom gekies as die beste voorbeeld van ’n legendariese Suid-Afrikaanse man.

Luidens ’n persverklaring word Holgate beskou as die “grootste avonturier en iemand met regtig ’n goeie hart”. Die humanitêre werk wat Holgate en sy familie in Afrika gedoen het, het beslis baie aanklank gevind.

Ook Johan Badenhorst en sy Voetspore-span het uit die Sahara vir ons verslag gedoen oor hul avonture. Hierdie span se reis van Noord-Afrika na die Kaap is tans te sien in ’n gewilde TV-reeks.

Ook die motorfietsryers van Moto-Avontuur het hul harte vanjaar oopgemaak vir behoeftige kinders en meer as R16?000 ingesamel vir ’n spesiale vakansie.

’n Groep van agt kinders word danksy hierdie poging op die jaarlikse Red Square Trans Agulhas-rubberbootvaart saamgeneem vir die vakansie van ’n leeftyd.
Melanie Davies van Moto-Avontuur en Henk van Niekerk van Zulu Overland was verlede week teenwoordig toe ’n tjek oorhandig is. Van Niekerk verskaf die vervoer en die kamptoerusting vir kinders vir die hele tog.

Johan Dormehl en sy vrou, Jenny, sal die kinders se kamp­ouers wees op hul toer wat op 28 Desember by Keurboomstrand begin en 1 Januarie in die Strand sal eindig.

Die kinders sal elke dag na die verskillende strande vervoer word waar hulle die aksie kan dophou.

Aanstaande jaar sal ons ook weer kan lees van Moto-Avontuur se uitstappies. Die eerste een is in Februarie op die Ossewa-roete.

Jacques Marais het verlede week vertel hoe hy in tonnels deur die maag van Kaapstad geloop het. Hy sal aanstaande jaar weer skryf oor sy avonture, terwyl Morné du Plessis (Voëlkyk) en Lise Beyers (Veldkos) se gewilde rubrieke wyer bekendstelling gaan kry.

Op 19 Februarie besoek dr. Flip Stander van Namibië Durbanville om ons te vertel van sy navorsing oor die woestynleeus van die Namib. Bel dr. Etienne Bruwer solank (082 774 8521) vir besonderhede en plekbesprekings.

Lesers sal aanstaande jaar ook aangemoedig word om meer nuus en foto’s aan Buite te stuur. Verlede week het ons byvoorbeeld by een van ons gereelde adverteerders gehoor die weeldeskip Sinfonia is aangewys as die passasierskip wat die lekkerste hamburgers ter wêreld maak. As die gedagte aan ’n hamburger nie jou mond laat water nie, kan jy vandag in Veldkos ’n resep vir ’n besonderse Kersgereg lees.

Geniet die Kerstyd en voorspoed vir 2010. Maak seker jy kyk op 19 Januarie na die nuwe Buite.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.