Hanlie Gouws skryf vanaf die SA Agulhas

2011-12-16 13:49

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dié Suid-Afrikaanse poolnavorsingskip die SA Agulhas het verlede week op sy heel laaste vaart na Antarktika vertrek. Ná meer as 30 jaar diens in die Suidelike Oseaan en Antarktika, word die skip volgende jaar uit diens gestel. Die Burger se Hanlie Gouws is saam op die tog.



-Dis 'n flippen spesiale skip die, my ou-

Die SA Agulhas is nie sommer net 'n skip nie.

Dis 'n drywende laboratorium vir 'n verskeidenheid van wetenskaplike velde, is sterk genoeg vir die ys en gaan na van die mees afgeleë en asemrowende plekke waarheen 'n mens moontlik kan gaan.

'n Poolskip moet natuurlik in 'n absoluut perfekte toestand wees, en daarom het die departement van omgewingsake se afdeling vir Antartika en die eilande besluit om die Agulhas te laat aftree ná byna 30 jaar se diens op die oop waters.

Al die lang vaarte deur die wilde water van die Suidelike Oseaan na Marion, Gough, Tristan da Cunha en al die pad af na Antarktika was hard op die skip.

Sy toekoms is nog onseker, maar daar is reeds planne geopper om dit 'n opleidingskip te maak of om dit verder vir navorsing in te span. Al wat verseker is, is dat die Agulhas nie binnekort op die skrootwerf gaan beland nie.

Dis 'n bewys van die spesiale plek wat die Agulhas in mense se harte het dat die skip wat hom vervang die Agulhas II gedoop is, sê hoofingenieur Derek Lambert.

"Die Agulhas is die bloudruk vir die Agulhas II," sê Lambert. "Die nuwe skip is net 'n moderner weergawe van die oue. Jy sal sien, hulle lyk ook dieselfde."

Die nuwe skip gaan volgens hom beter ingerig wees vir navorsing en 'n bietjie meer gemaklik vir passasiers.

Hoewel hy al sedert 2004 op die skip werk (met 'n tussenpose van twee jaar) is hierdie vaart - die Agulhas se laaste poolvaart - Lambert se eerste vaart tot by die ys.
"Ons gaan die Agulhas mis,'' sê hy.

Dis kaptein Gavin Syndercombe se vyfde Antarktiese vaart.

"Op hierdie skip is dit nooit vervelig nie," sê hy.

En dit is nie omdat daar probleme is nie.

Ná soveel jare ter see is die meeste van die probleme wat 'n mens op so 'n tipe vaart ervaar al uitgestryk en die bemanning vaardig.

" 'n Mens kan nie te gespesialiseerd wees op die skip nie. Daar word van junior offisiere verwag om byvoorbeeld ook die noodvaartuie te kan bestuur,"

verduidelik die kaptein. "En dis is deels hoekom dit so opwindend is - jy kan iets van alles doen."
Die bemanning sal waarskynlik vanaf April, wanneer die nuwe skip aankom, verdeel tussen die twee skepe en beurtelings op die twee werk totdat 'n besluit oor die Agulhas se toekoms geneem word.

Van die bemanning is op die oomblik in Finland, waar die Agulhas II gebou word, en sal hom Kaapstad toe vaar.
Die Agulhas se laaste vaart na Marioneiland is in April. Die Agulhas II se eerste een sal waarskynlik 'n vaart na die Suidelike Oseaan in die winter wees om seker te maak als aan boort werk soos dit moet voordat die lang tog na Antarktika vroeg in Desember begin.

SA Agulhas se Trumpcard
Gebou deur: Mitsubishi Heavy Industries, Shimonoseki, Japan
Voltooi: 1977
Lengte: 111.95 m
Spoed: 12 knope (het afgeneem weens ouderdom)
Passasiers: 94
Bemanning: 44

SA Agulhas II se Trumpcard
Gebou deur: STX Finland
Voltooi: 2011
Lengte: 134 m
Spoed: 16 knope in oopwater, 5 knope in ys van 1 m dik
Passasiers: 11
Bemanning: 44
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.