Woestyntoer is onvergeetlik

2010-04-30 14:22

Tommy met 'n sanadder wat hy uit die sand gehaal het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar is baie meer aan die Namib-woestyn net buite Swakopmund as wat die blote oog kan sien. ­ERNUSTA VAN WYNGAARD het tydens ’n woestyntoer gesien hoeveel lewe regtig in die sand van hierdie duine skuil.

“Wanneer jy dié sand onder jou vel het, het jy ’n probleem  maar ’n goeie een.”

Só laat Tommy Collard van Tommy’s Living Desert Tours sy liefde en passie vir die woestyn glimlaggend blyk toe ek op ons tweede laaste dag in Namibië saam met hom op ’n woestyntoer gegaan het.

Sy kennis van die woestyn en sy bewoners, en hoe hy met elke spoor wat hy teëkom kan sê presies watter dier daar was én hulle boonop kan gaan uithaal, het my sprakeloos gelaat.

Tommy tel my net na agt die oggend by die Village Café in Swakopmund op en op pad na die Namib-woestyn net buite dié kusdorp beskryf hy die woestyn as ’n buitengewone plek.

“Die woestyn lyk op die oog af baie dor  dit is soos die menslike uitkyk: Jy kyk iemand op ’n afstand, maar ontdek meer wanneer jy die persoon beter leer ken.”

Voor die toer amptelik begin, vertel Tommy hoe hy ’n toeroperateur geword het.

Hy het voorheen sendingwerk in Upington gedoen en het onder meer al plekke soos Zambië, Angola, Botswana en Noordwes-Kaap ook bedien. In 1992 het hy van Upington na Walvisbaai gekom. Sy stiltetyd met die Here was altyd in die duine.

“Terwyl ek loop en bid, het die Here my van die lewendige goed van die woestyn gewys. Hoekom, het ek eers later uitgevind,”
Tommy sê ’n vriend van hom het op ’n dag probeer selfmoord pleeg. ’n Paar dae later het hy dié vriend die duine ingevat om hom ’n bietjie te beraad en te bemoedig. So met die gesels en ryery het Tommy ook al die lewe wat in die duine is, gewys.

Dié vriend, wat ook in die toerismebedryf was, was baie verbaas oor al die lewe in die woestyn en het Tommy aanbeveel om sulke toere te doen. Eers twee jaar later het Tommy die toer begin aanbied.

“Op die huidige oomblik word die Living Desert-toer inter­nasionaal bemark deur talle toeroperateurs  en dit kos my nie ’n sent nie! Ek gee Hom al die eer, want net Hy kan so ’n tafel in die woestyn dek,” sê Tommy en skerts dat die duine sy “kantoor” is.

Sy liefde vir die woestyn het in sy geselsies voor die tyd deurgeskemer, maar toe ons uiteindelik in die duine aankom, kon ek sien presies hoe na dit hom regtig aan die hart lê.

“Dis fantasties om te sien hoe die Here alles geskep het,” laat hy aangedaan hoor terwyl hy sy skoene uitskop en my aanraai om dieselfde te doen. Hy begin sommer ook die voertuig se wiele afblaas omdat dit dan makliker deur die sand kan ry.

“As jy stadig beweeg, sien jy die klein goedjies raak, en dís waaroor Living Desert gaan. Jy sou dit nie kon sien as jy vinnig hier ingery het nie.”

Vir my eerste paar minute in die duine is die weer genadiglik aan my kant, want dit is nog koel. Die temperatuur van die sand kan tot so hoog as 75 grade styg, sê Tommy. My blydskap oor die weer was egter van korte duur, want later die oggend merk Tommy op dat dit buitengewoon warm is en dat hulle sulke weer gewoonlik tydens ’n sandstorm ondervind. Teen so 11:00 se kant het sy termometer gewys die sand staan reeds op 62 grade.

Laat die toer begin

Met die eerste stop doen Tommy ’n bekendstellingspraatjie en vertel meer oor die verskillende kleure wat jy in die duine kan waarneem. Hy sê 90% van die duine is van kwartz-materiaal  dit is die geel en wit kleur van die duine wat jy kan sien, terwyl die res swaar minerale is.

Plek-plek sien jy ook swart op die duine raak, maar dít, sê Tommy, is nie besoedeling nie, maar wel magnetiet. Die pienk kleur is die granaatsteentjies oftewel rubeliet.

Hierna ry ons die duine in en toe ek my kom kry, stop Tommy skielik, spring uit en hardloop tot bo-op die duin. Ek wonder nog wat aangaan toe begin Tommy in die sand te delf. Hy het die spoor van ’n sandadder (Bitis perinquey) en pootlose akkedis (Akantosicios brevipes) gesien en daar haal hy sowaar dié twee diertjies uit die sand! Ek het nog nooit so iets beleef nie. Ongelooflik!

Tommy ken die woestyn en elke spoor soos die palm van sy hand en soos wat ons met die toer voortgaan, wys hy ook die spore uit van ’n spinnekop (White Lady) se ingangstonnel wat tot ’n halfmeter in die sand is, ’n graafneus-akkedis, koningskriek en ’n muis.

“Hier kry ’n mens soms tot 1 400 muise per vierkante kilometer waar daar baie plante is,” vertel hy.
Ons kom ook af op ’n “ketel”  soos ’n groot mierleeujie-gat in die duine. Tommy sê as jy baie tyd en energie het, dan ry jy met jou 4x4 daar in. Dan kan mens gou vasstel hoe goed jy en jou “lorrie” in die sand is. Nóg spore wat hy later uitwys, is dié van jakkalse. “Hulle slaap agter die duine, want hier is te veel aktiwiteite in die duine bedags. Hulle gaan snags maar by die see ietsie te peusel soek (aan die anderkant van die duine).”

Tommy waarsku dat jy nooit jou vingers in woestynplante steek nie. “Baie diere gaan soek daar skuiling as die sand te warm word.”
Hoe is dit dat hy die verskillende diere se spore so goed ken, wil ek weet.

“Dit kom ’n lang tyd aan  ek is my lewe lank al in die bos en het ook saam met Boesmans oorlewing gedoen en spoorgesny,” sê Tommy.
Ons kom later nóg ’n sandadder teë wat onder ’n bossie lê. Iemand wat nie die woestyn ken nie, sal dié diere nooit sien nie, want hulle doen ’n soort van buikdans, en grawe hulself heeltemal onder die sand in met net die twee ogies wat uitsteek, en is byna onsigbaar vir die gewone mens se oog.

Ons het ook ’n Namakwa-verkleurmannetjie en ’n Palmato-geitjie gesien en op die spoor van ’n Kaapse vlakhaas afgekom.

Tommy deel my later ook iets interessants mee. Hy vertel die duine het ’n steilkant waar 90% van die diere lewe en ’n windkant wat weer nader aan die see is. Die wind waai plantmateriaal (detrietes, grassaad, organiese materiaal, “toktokkie-pap”) wat as kos dien vir verskillende soorte kewers wat aan die steilkant bly.

Sade en plante kan ook vir lank in die sand lê en omskep die duine in ’n groen paradys wanneer dit ’n slag reën.

Die toer vind elke dag plaas op vasgestelde roetes, want dan ry ’n mens nie blindelings deur die duine nie, en jy weet presies wat agter elke duin is. Ook word daar nie nuwe spore gemaak en dalk diertjies in die proses doodgery nie.

Om die toer af te sluit, ry ons tot op die duin wat jou ’n uitsig oor die see aan die anderkant van die duingordel bied. Dít is ’n gesig wat ek nooit sal vergeet nie.

“Kom doen die toer. As jy dit nie geniet nie, of dink dis nie die geld werd nie, dan hoef jy nie te betaal nie,” is Tommy se waarborg en bemarkingstrategie.

So, as jy Namibië besoek, maak jy seker jy doen ’n woestyntoer. Dit is ’n belewenis wat nie gou sal vergeet nie.

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.