Walvisbaai: Kom vang hier wonderwerke vas

2010-05-03 10:22

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Walvisbaai is geseën met wye landskappe, pragtige uitsigte en eiesoortige mariene en plantlewe.
Met ’n eindelose verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite en avonture sal jou besoek aan die Skedelkus ’n onvergeetlike een wees.

’n Eiesoortige ervaring
Walvisbaai is goed gepas vir die buitemuurse leefstyl. Die gebied spog met sport soos sandplankry (sandboarding), wisselruitery (kiting), branderplankry, hengel, seiljag, gholf en ander binne- en buitemuurse sport.

Gedurende die Desember-vakansie lok Walvisbaai en sy omliggende oorde duisende besoekers wat in die son wil ontspan. Dit is ook dan wanneer hengelaars kus toe stroom om van die grootste en beste gehalte vis in Afrika, soos steenbras en kabeljou, te vang.
Die Dolphin Park- en Long ­Beach-oorde lok vakansiegangers wat die luuksheid van goed toegeruste verblyf en geriewe naby aan die see begeer. Toergidse bied verskeie toerpakkette    van vierwielmotorfietsry en veldvoertuie tot seekosekspedisies en skilderag­tige ritte in ’n vliegtuig.

Ongetwyfeld tussen die mees ­bekende landtekens in Namibië is Duin Sewe, een van die hoogste koppe in die rits duine langs die kus. Met piekniekplek en deur palmbome beskut, is hierdie sandduin gewild vir sandplankry X net om hom te klim vir die uitsig van bo is ’n avontuur in sy eie reg.

Walvisbaai-strandmeer en wateraktiwiteite
Die heersende Suid-Westelike wind skep die ideale toestande vir talle watersporte. Regattas word deur die Walvisbaai-seilbootklub georganiseer.

Die strandmeer is ’n internasionale Ramsar-toevlugsoord vir ­voëls. Bereken om 3 500 jaar oud te wees, is dit een van die belangrikste kusvleigebiede in Suider-Afrika. Dis ’n moet vir voëlliefhebbers en is ’n weiveld vir 200 000 voëls van 50 spesies.

Verder suid lê die rooi tot blou skakerings van die grootste soutverdampingsvelde in Afrika wat werk met sonkrag.
Kaapse pelsrobbe, watervoëls, stompneusdolfyne en nou en dan seeskilpaaie en walvissse word ook bespeur.

Die Hoofweg, ’n paar kilometer noord van Walvisbaai, bied ’n uitsig oor ’n 17 000 m² groot guanoplatform, waar duisende voëls nes maak.
Kuisebrivierdelta
Hierdie gebied was vir 2 000 jaar die tuiste van Koi-nomade en hulle afstammelings, die Topnaars, woon steeds in hierdie stugge omgewing waar hulle skape en bokke oppas.

Namib Naukluft Park
Die Namib Naukluft Park lê suid-oos van Walvisbaai en is die tuiste van een van die wêreld se vreemdste plante, die Welwitschia. Hierdie eiesoortige plant kan ongeveer 1 000 jaar oud word. Troppe gemsbok, springbok, sebra, bobbejane en klip­springers, sowel as volstruise swerf op hierdie vlaktes rond.

Sandwich-hawe
Sandwich-hawe, wat 48 km suid van Walvisbaai af geleë is, is in die 1800’s as diepwater-ankerplek vir seilskepe gebruik. Hierdie gebied is deel van die bewaringsgebied wat sorg dat spesies voëls en see­lewe floreer.

Voëlkyk in die Walvisbaai-strandmeer
Hierdie strandmeer vorm deel van die Walvisbaai Ramsar-terrein, beskou as die belangrikste vleigebied langs die kus in Suider-Afrika. Talle mense besoek die strandmeer om flaminke en ander spesiale voëlsoorte te kan sien.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior BI programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.