Staptog maak jou gou lief vir ’n muil

2010-05-04 12:59

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Op die muilstap in die Visrivier-canyon betree jy die binnehof van die berg­sebra en daar is dan baie tyd om te dink oor die verskil tussen ’n perd en ’n donkie en hul nefie met die gestreepte pajamapak, skryf EBEN HUMAN:::

Die donkie is ’n wonderlike ding en as hy verlief raak op ’n perd - dan kry jy ’n muil.

As jy daar in die suide van Namibië vir vyf dae gaan kuier in die Canon Park langs die canyon en vir drie dae deur hierdie woestynlandskap stap terwyl muile jou pakkasie dra, raak jy self lief vir die gedienstige muile.

Ons gids en stapleier was die 22-jarige Manilow Beukes van Rehoboth. Hy is ’n man met baie ambisie en lewenslus en is vergesel deur die groot perdekenner Telanie Greyling.

Ons stapgroep het ook Duitsers en Belge ingesluit en ek het dadelik kliphard gewonder of hierdie bleekvelle dit sou maak in die bloedige son.
Onder hulle was Claudia Baumgartner van Berlyn, haar vriendin Anja Plutte van België en Johanna Hatzold, ’n jong Duitser wat pas haar skoolloopbaan voltooi het en tydelik in Windhoek werk.

Anja en Claudia het pas Botswana besoek. Hulle het hul huiswerk gedoen en sou vir Manilow peper met vrae.
Manilow was reg met sy kennis van die geologie in ’n wêreld besaai met klippe, rotse, kranse en spoelklippe X ook selfs klipwerktuie uit die oertyd as jy fyn genoeg kon kyk.

Die eerste aand het ons by Mule Station geslaap. Daar is vleis gebraai en party het daarna hul matrasse uit hul kamers gesleep om die koeler aandlug te geniet.

Ons is daarna vroegoggend met ’n voertuig tot by die rand van die ­canyon vervoer. Die eerste entjie is op die plato gestap voor ons in een van die skeure na onder begin mik. Dis sebrapaadjies wat jy volg. Orals sien jy tekens van sebras.

Manilow het bevestig dat die sebras hier uitklouter. Die laaste klompie meter moet hulle teen rotse opspring - ’n mens kan skaars dink dit is moontlik.

Maar hierdie terrein is te rof vir die muile. Hulle stap met ’n ander pad op die plato.
Telanie, wat lank haar navorsing op die Namib se wildeperde naby Aus gedoen het, het verduidelik: “Daar is twee perde wat saam met die muile stap. Die een perd lei en die muile sal hom slaafs volg.”
As die muile eers stap, dan stap hulle. “Hulle kan vir ure 5 km per uur aflê en stop nie om foto’s te neem of water te drink soos ons nie,” het Telanie gesê.

Ons het maar eers na agtuur begin stap en teen die tyd wat ons onder in die canyon was, was die swemklere gou uit en byna almal in die water.

Daarna stap ons deur die rivier met sy seepgladde klippe. Die terrein wissel tussen sanderige en klipperige dele terwyl die son genadeloos bak. Laatmiddag het ons weer met ’n pad teen die canyon se wand uitgestap na ons oornaghut. Twee tente is opgeslaan vir dié wat dit sou verkies, maar die meeste van ons het weer buite in die helder volmaanlig gekiep.

Die muile was lankal afgesaal met ons aankoms. Hulle het vasgemaak gestaan en bly so regop staan tot die son weer uitkom en hul volgende skof begin.

Die groot bederf het hier by Horse Shoe Canyon in alle erns begin. Yskoue bier, wyn en koeldrank, ’n heerlike driegang-ete, gevolg die volgende oggend deur nog ’n yslike ontbyt.

Die twee muilmanne, Frederik Witbooi en Matthias de Koker, was op hul stukke. Nie net het hulle vir ons die aand heerlike vleis gebraai nie, maar hulself daarna as uitstekende kokke bewys soos ons staptog gevorder het.

Soggens na ons begin stap het, ruim dié twee die kamp op, pak die muile en stap dan teen hul eie pas na die volgende oornaghut.
Ons het 12 km op die tweede dag gestap - nog hitte en swem - maar ons sien ook heelwat bergsebras terwyl ’n visarend bo ons draai.
Klipspringers, bobbejane en byvreters word ook gesien voor ons die aand nesskop bo teen ’n krans by Echo Pools. Soos grotbewoners van duisende jare gelede loer ons af op die rivier onder ons.

Daar in die woestyn wag toe vir ons ’n netjies gedekte tafel - tafeldoek, silwerware, driegang-maaltyd. Ons geniet wyn saam met die ete en by die vuur sien ons vlamme spat - dit was vir die flambé, my maat. Alles vyfster.

Die derde dag was ons langste trek. Dis 18 km en my onfikse bene begin kreun terwyl ons weg van die canyon na die binneland mik.
Die temperatuur het tot sowat 33 grade gestyg en ons was maar te dankbaar dat die muile ons vrag gedra het.

Die beste muile kry jy wanneer ’n jong donkiehings alleen saam met ’n paar perdemerries bly. Baie merries sal hom nie aanvaar nie, maar as daar dan ’n liefde ontluik met een, is die eindproduk ’n goeie ou muil, verseker Telanie ons.

Dit het my mos laat dink aan die Boheemse karakter wat ek een aand op Tietiesbaai aan die Weskus raakgeloop het. Die bebaarde vaalseun was ver heen en het op sy trekklavier so ’n galoppende wysie gespeel terwyl hy self op en af gewieg het.
Iemand vra toe: “Dink jy nou jy is Clint Eastwood op sy perd?”

Die trekklavier het skielik stil geraak en die Boheem het die man stip in die oë gekyk en gesê: “Clint Eastwood het altyd op ’n muil gery!”

Bespreek jou plek om saam te stap
Dit is regtig ’n voorreg om bergsebras te sien wanneer jy saam met die muile gaan stap by die Visrivier-canyon.
Die sebras is rats en laat spaander gewoonlik baie vinnig wanneer hulle jou gewaar. Hulle is maar klein soos donkies en weeg gewoonlik tussen 240 kg en 372 kg.
Die muile is veel groter en dra al die bagasie. Vier stappers se sakke word deur een muil gedra en elke sak word vooraf geweeg.
Ons sakke het maar sowat 7 kg elk geweeg, maar tot 12 kg word toegelaat per stapper. Die totaal is dan maar 48 kg en die perdekenner Telanie Greyling sê ’n muil kan 60 tot 80 kg dra.
Omdat jy dan self net twee liter water, jou kamera en swemklere dra, kan jy die omgewing meer geniet. Jy moet fiks wees, maar nie so fiks soos stappers wat die Canyon-staproete van sowat 80 km aandurf nie.
Daar was ook stort- en toiletgeriewe. Om na ’n dag se stap ’n warm stort te kan geniet en dan by ’n netjies gedekte tafel vir ’n driegang-ete aan te sit met wyn, was nie iets wat jy maklik in ’n afgeleë woestyn sal vind nie.
Die hele uitstappie duur vyf dae, waarvan die middelste drie gestap word. Dit kom teen ’n prys - R7 950.
Daar is ook ’n korter staptog - vier dae (twee dae stap) - en sy prys is R6 435.

Die staptogte word tussen Maart en Oktober aangebied, maar die koeler wintermaande is die gewildste.
Vir navrae en besprekings kan gekyk word na die webtuiste www.mule-trails-namibia.com.

Ander kontakbesonderhede:
E-pos: reservations@mule-trails-namibia.com
Tel.: 0264 61 264521
Faks: 0264 61 2644389
Sien ook: www.gondwana-collection.com
Foto:



binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.