Nuwe byvoeging maak besoek nog gemakliker
2010-04-30 14:30
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
As jy beplan het om die pad Sossusvlei en Etosha toe te vat, het die Taleni African Lodges-groep met nuwe byvoegings van ’n vulstasie en nuwe kampeerterrein gesorg dat jou besoek aan dié plekke selfs meer gemaklik is.
Om by Sossusvlei en Etosha uit te kom, kan jy net buite Keetmanshoop aanry op die B4-teerpad via Goageb, Bethanie en Helmeringhausen na Sossusvlei.
Sossusvlei
By Sossusvlei Lodge word jy hartlik verwelkom met ’n nat lappie na die lang rit. Die uitsig op die duine en die woestyn is ongeëwenaar!
Jy is sommer reg by die ingang vir die rit na Sesriem-canyon, Dooie Vlei en Sossusvlei. Moenie vergeet om een van die heerlike piekniekmandjies van die Sossusvlei Lodge saam te neem nie. Die aandete-buffet by dié lodge bly ook die beste in die land. Die verskeidenheid is waarlik ongelooflik!
Net 5?km daarvandaan is die Desert Camp. Dis ideaal vir gesinne of ’n groep wat saamreis, beslis die beste en mees bekostigbare selfsorgeenhede en boonop stylvol. Die kamers is volledig toegerus met ’n eie badkamer, kombuis en braaiplek. Daar is selfs ’n muurprop buite vir jou enkel-yskassie in die kar.
Daar is twee groter lapas met ’n braaiplek en volle kombuis, uitstekend vir groter gesinne of groepe wat saamreis. Borde, messegoed en kombuisgerei word voorsien. Die swembad is maklik die enigste in sy soort met ’n 360°-uitsig oor die ongelooflikste woestyn-natuurskoon. En daar word lekker gekuier by die kroeg se groot plasmaskerm wanneer daar sportwedstryde plaasvind.
Dié wat nie self wil kosmaak nie, kan die 5?km na Sossusvlei Lodge ry vir smaaklike etes. Al die uitstappies, vlugte en ander aktiwiteite wat by die Sossusvlei Lodge Adventure Centre aangebied word, is ook toeganklik vir gaste wat by die Desert Camp bly.
Nuwe aantrekking is ’n oase in die woestyn
Taleni het onlangs die Sossus Oasis by die ingang tot Sossusvlei by Sesriem geopen. Hier kan jy die tenk volmaak, jou motor laat nagaan, heerlike broodjies of ’n roomys vir die hitte koop, of jou dors les met fynproewerskoffie. Die Sossus Oasis word in sy geheel bedryf met sonkrag, en is trots daarop om groen te wees!
Die Sossus Oasis is een van die nuwe toevoegings en, met sy ligging net voor die ingangshek, is dit inderdaad ’n oase in die woestyn. As jy dink dat jy net petrol hier gaan kry, wag ’n verrassing op jou, want hier is ’n internet-kafee en jy kan selfs kruideniersware en toiletware kry basies enigiets wat jy dalk vergeet het. Die vulstasie is oop van voor sonop tot na sononder.
Nuwe kampeerterrein by Sossusvlei en Sesriem
Dié nuwe kampeerterrein is deel van die Sossus Oasis en reg voor die ingangshek na Sossusvlei en Sesriem, die gebied wat bekend is vir die hemelhoë rooi sandduine van die Namib-woestyn en die Sesriem-canyon.
Die kampeerterrein het in Mei geopen en bied luukse geriewe in ’n skoon en goed versorgde omgewing. Twaalf kampeerplekke wat in ’n halfsirkel geleë is, verseker privaatheid met mooi uitsigte oor die omgewing en elke eenheid het sy eie toilet, wasbak, warm of koue stort, kombuis, ligte, braaigeriewe en 220V-elektrisiteit. Ander geriewe sluit in ’n swembad wat binne loopafstand is. Wanneer die hongerpyne knaag, is die volgende restaurant slegs 500?m van die kampeerterrein af by Sossusvlei Lodge. Daar is ook selfsorg-geriewe by Desert Camp wat 5?km weg is.
Etosha
Van Sossusvlei af is dit ’n dagrit na Etosha. In Oktober 2008 het Taleni Africa Tourism Holdings die Taleni Etosha Village, slegs 2?km van die Andersson-hek naby Okaukuejo geleë, gebou.
Dit beskik oor 40 ten volle toegeruste selfsorgeenhede met ’n badkamer, stoepie en braaiplek. Die hoofgebou het ’n restaurant, kroeg, twee swembaddens, ’n kinderswembad en winkel. Hier kan jou hele gesin kom uitspan vir ’n ware droomvakansie. Dit bied uiters bekostigbare verblyf, en spog met alle geriewe.