Namibië ontvang jou met ope arms
2010-04-30 14:09
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Dit is amper afskoptyd wat natuurlik een ding beteken: ’n baie laaaaaaang skoolvakansie. Die kinders gaan vir Ma weer mal maak en Ouma kla oor die rumatiek. Wat nou gemaak?
Hier is ’n idee: Hoekom nie die pad vat na die wonderlike Ai-Ais met spa-geriewe geleë in die ongerepte Visrivier-canyon in die suide van Namibië nie? Hier kan die kinders na hartelus rondkerjakker en die res van die gesin kan teruglê, ontspan en rustig wees.
Ai-Ais is weer oop ná die groot hernuwing en almal brand van nuuskierigheid om te sien hoe dit nou lyk.
Namibia Wildlife Resorts (NWR) bied verskeie bekostigbare opsies aan waaronder dubbelkamers met ’n rivier- of berguitsig, selfsorg-vierbed-luuksewonings of 61 kampeerplekke, elk met water, lig en ’n kragpunt.
Die berg- en rivieruitsig-dubbelkamers het direkte toegang tot die onderdakwarmbron. Die tariewe sluit ontbyt in, wat Ma sal pas, want sy is immers ook met vakansie.
Keuses, keuses, keuses. Dink net aan al jou sorge wat wegsink in die water. Wat nog? Vir ’n uitstappie kan ’n mens na die uitkykpunt gaan waar die canyon-stappers afstap. Die uitsig is asemrowend en later kan almal weer in die heerlike water wegsink. Pure saligheid.
As julle nog aksie soek, laat die wiele draai en ry noord na die Etosha Nasionale Park. Daar is ’n magdom diere, spekvet, rond en gesond; om nie eens te praat van al die voëls nie! NWR bied verskeie verblyfopsies om die sak te pas wat wissel van huisvesting tot kampeergeriewe en natuurlik is daar ook nog braaigeriewe.
Die watergat by Okaukuejo laat ’n mens tot laat in die aand sit om te sien wat volgende gaan gebeur.
’n Foto van ’n renoster sowat 30 m ver is amper gewaarborg! By Halali is daar hope ruimte en vir voëlkykers ’n hele paar interessante spesies. Namutoni het sy eie bekoring met die ou fort met al sy karakter en geskiedenis.
Met die lekker afslag wat Suid-Afrikaanse burgers kry, is dit ’n bekostigbare vakansie waar NWR al die pad waarde vir geld bied.
Lede van SADC-lande kry 25% afslag sowel as ’n ekstra vergunning waar jy vir vier dae bly en betaal vir drie, wat Namibië teen ongeveer 50% afslag aanbied! Afskop of teruglê, waarvoor wag julle? Kom kuier by ons en ontsnap daar waar altyd ’n warm ontvangs is.
Besoek www.nwr.com.na vir meer besonderhede.
) Madeleine Cronje is die algemene verkoopsagent vir Namibia Wildlife Resorts.