NCL se ses oases onvergeetlik mooi

2010-04-30 14:51

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Namibia Country Lodges se lodges het besonderse karakter en voer jou weg na ’n ander wêreld. ERNUSTA VAN WYNGAARD het al ses hul lodges besoek en deel haar indrukke.

Oases in die middel van nêrens, ander in die middel van êrens, maar élkeen met ’n besonderse karakter wat verseker ’n lafenis en verblyf-ervaring soos min bied, is wat jy kan verwag wanneer jy by een van Namibia Country Lodges (NCL) se ses lodges, wat byna regoor Namibië versprei is, oorbly.

Ek het die wonderlike geleentheid gehad om saam met die mede-eienaar, Willem de Wet, na al ses lodges te vlieg, en by drie van hulle oor te slaap. Ek ken nie genoeg byvoeglike naamwoorde om in een woord te sê hoe ongelooflik hierdie ervaring was nie, maar dat dié ses lodges ’n blywende indruk op my gelaat het, is gewis.

Auob Country Lodge
Auob is naby Gochas op pad ná of ván die Visrivier-canyon. Ons is egter per vliegtuig soontoe. Ons word by die vliegveld kom haal. Toe ek met die wegtrek die wind in my hare voel met net groen vlaktes voor my, maak niks anders saak nie. Ons ry vir ’n paar minute en voor ek nog kan wonder waarheen ons op pad is omdat ’n mens net bossies sien, gaan ons oor ’n klein bultjie en daar doem Auob, ’n diep, oranjekleurige gebou met sy groen grasperk en palmbome, soos ’n oase uit die woestyn op. Dié lodge het 25 en suite-dubbelkamers en beskik ook oor ’n restaurant waar buffet-etes geniet kan word, asook ’n konferensielokaal, kroeg, sitkamer, lapa, braaiplek en swembad.
Wat aktiwiteite betref, kan jy gaan stap, op ’n wildrit gaan of jag op buurplase (dit moet egter vooraf gereël word). Ons het die wildrit onderneem en hoewel ons nie baie wild gesien het nie, het ek die allermooiste sonsondergang beleef terwyl ek ’n drankie geniet het en my voete in die rooi Kalahari-duine weggesak het. Dít was ongelooflik!

Solitaire Country Lodge
Op Solitaire se erf staan daar kaktusse en talle ou karre naby die ingang rond, wat ’n besonderse karakter aan dié plek gee. Dis bitter warm en ’n windjie wat die stof laat opstaan, begin waai. Dít alles laat my dink aan tonele wat ’n mens in cowboy-flieks sien – net sonder die cowboys natuurlik.
Solitaire is letterlik ’n oase in die woestyn, want dit is tussen niks en nêrens en talle toeriste hou daar stil vir petrol en ietsie te ete voor hulle die pad na Sesriem, die Suidweste van Namibië, of Sossusvlei aandurf. Hier kan jy Moose McGregor se bakkery besoek en sy beroemde appeltert en allerhande varsgebakte eetgoed proe. Daar is ook ’n bandeherstelplek en algemene handelaar as jy iets vir die pad wil kry. As jy wil oorbly, beskik Solitaire oor kampeerplek en 25 eenhede met ’n swembad en etes word in ’n besonderse omgewing met groot gasvryheid bedien.

Twyfelfontein Country Lodge
Die Twyfelfontein-omgewing is bekend vir van die beste voorbeelde van San-rotskuns in Suider-Afrika en ons het die geleentheid gehad om op ’n toer te gaan om meer oor dié kuns en die omgewing te leer.
Die lodge self is ook iets uit ’n ander wêreld en hier sal jy baie na aan die natuur voel. Die lodge beskik oor 56 en suite-dubbelkamers, agt dubbelkamers vir gidse en een luukse eenheid met onder meer sy eie swembad en kroeg, ’n ontvangslokaal, sitkamer, kuriowinkel, eetvertrek, kroeg en swembad. Wanneer jy Twyfelfontein besoek, gaan op ’n uitstappie of begeleide safari na die omringende omgewing en dalk is jy gelukkig om die olifant wat by die woestyn aangepas het, te sien!

Opuwo Country Lodge
Op een dag het ons na drie verskillende NCL-lodges gevlieg en hoewel nie een van die lodges waar ons was, teleurgestel het nie, is Opuwo met sy asemrowende uitsig oor die berge en ongelooflike sonsondergange en -opkomste, my persoonlike gunsteling.
Daar is 40 en suite-kamers waarvan 28 luuks, en 12 standaardkamers is. Die kamers word in blokke verdeel met vier kamers per blok. Daar is ook 15 kampeerplekke met ’n grasperk en ablusiegeriewe.
Die interieur, met ’n oorheersende Afrika-tema, herinner sterk aan dié by die ander lodges, maar weerspieël terselfdertyd die besonderse karakter van die gemeenskap waar Opowu geleë is. As jy nie daarvan hou om té stil te sit nie, kan jy gaan op natuurritte, begeleide kulturele toere na die omliggende Himba-nedersettings of viertrek-uitstappies na die Uukwaluudhi-bewaringsgebied en wildreservaat.

Namushasha Country Lodge
Die vlug na Namushasha in die Caprivi het drie ure geduur en teen die tyd dat ons land, was ek maar te dankbaar om terug op Moeder Aarde te wees.
“Dié plek beter die moeite werd wees,” het ek vir myself gesê. En dit was. Namushasha is Willem se gunsteling-lodge in die NCL-stal en met ons besoek kon ek sien presies hoekom.
Die Caprivi is ’n pragtige streek met tropiese weer en groenigheid net waar jy kyk. Die skoonheid van die omgewing en Namushasha self, het my asem weggeslaan. Dié lodge is op die oewer van die Kwandorivier geleë en enige natuurliefhebber se droom. Binne is ’n ontspanningsdek waar jy ’n drankie kan geniet en op die einste rivier kan uitkyk. In die omgewing is seekoeie, krokodille en verskeie voëlspesies volop, en sommer leeus, kameelperde, olifante en luiperds X basies enige dier waaraan jy kan dink X ook.
Wat die verblyf betref, is daar 22 en suite-eenhede en een BBP-eenheid en vier toergids-eenhede wat almal met muskietnette toegerus is. Daar is ook baie om by Namu­shasha te doen, soos bootritte en visvanguitstappies op die Kwandorivier, of begeleide wildritte in die Bwabwata Nasionale Park, of jy kan gaan stap op die 4km-roete waar jy die interessante voëllewe en plantegroei kan besigtig. Etes word in die buffetrestaurant be­dien. As jy ’n egte Afrika-ervaring met luukse geriewe in ’n skouspelagtige omgewing wil hê, vind jou weg na Namushasha. As jy eerder wil kamp, is daar ook geriewe hiervoor. Jy gaan baie dinge wees ná jou besoek, maar spyt is nie een van hulle nie.

Tsumkwe Country Lodge
Tsumkwe, oftewel Boesmanland soos dit bekend staan, was die laaste lodge wat ons besoek het, en ook die nuutste ontwikkeling in die NCL-stal. Dié lodge het 25 dubbel-eenhede met driekwartbeddens in elke kamer en almal met ’n en suite badkamer en veranda voor elke eenheid.
Tsumkwe, wat nog baie gaan verander, is ’n ideale basis waarvandaan jy die Khaudum Nasionale Park of Okavango Delta in Botswana kan bereik.
) Bykomende bron: Namibia Country Lodges-brosjure

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.