Hou links en ervaar Desert Explorers

2010-04-30 08:43

Is jy ’n avontuurlustige natuurmens wat ’n vakansie wil geniet in die buitelewe?

Dan is Desert Explorers net die plek vir jou met hul duintoere, vierwielmotorfietse en nuwe uitbreidings.

Desert Explorers gee om vir Moeder Natuur en ons voortbestaan en is ook groen en omgewingsvriendelik, sê James Tromp van Desert Explorers.
Volgens hom is daar internasionale druk op ondernemings om toenemend groen te wees en om op ’n omgewingsvriendelike wyse handel te dryf.

Desert Explorers en die ministerie van omgewingsake werk nou saam om te verseker dat hul aktiwiteite die minimum-impak op die omgewing sal hê. Walvisbaai se duine is ’n beskermde gebied en in 2008 is strenger beleide ingestel vir natuurbewaring. Vierwielmotorfietse het veral ’n hoë impak op die gruisvlaktes van die gebied en die Damara-sterretjie, wat van Oktober tot Maart broei, is spesifiek bedreig. Desert Explorers het reeds weggedoen met hul tweeslag-motorfietse, omdat dit nie omgewingsvriendelik was nie.

Nuwe avonture

Desert Explorers bied nou ook wonderlike pakkette in die vorm van oornagtoere aan om tred te hou met die verandering van die omgewing. Hierdie toere sluit in drie dae en twee nagte of ses dae en vyf nagte in die woestyn.

’n Ervare Desert Explorers-gids sal jou deur die duine begelei met die lengtes van die toere wat wissel van 45 minute, 60 minute, 90 minute, twee ure sowel as ’n drie-ure-kombinasie-toer waar duinbord­ry ingesluit is.

Daar is natuurlik ook oorgenoeg kans vir foto’s neem, veral by die groot skouspelagtige Table Top-gebied met woestyn aan die een kant en see aan die ander kant, ’n avontuur wat jy nie moet misloop nie.

By Desert Explorers kan al die ander aktiwiteite (soos onder meer woestyntoere, visvang, dolfyntoere, duinbordry en lugduik) wat in die omgewing aangebied word, bespreek word. Vra die vriendelike per­soneel van Desert Explorers waar hulle ook vir jou ’n plek by ’n restaurant kan bespreek.

Wêreldbeker op die duine


Desert Explorers bring ook die Wêreldbeker na die duine. Met die nuwe kroeg en braaigeriewe op die perseel kan die Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat in Junie begin, ook op groot skerms gevolg word.

Veiligheidswenke met pret

Avontuurmaatskappye en individue met vierwielmotorfietse moet binne die afgebakende gebiede bly. Streng beheer word hieroor uitgeoefen en oortreders kan boetes opgelê word of hul voertuie gekonfiskeer word.

Dit is ook belangrik om ’n permit te hê vir hierdie sport wat gratis verkrygbaar is.

Jou veiligheid is jou en Desert Explorers se verantwoordelikheid, daarom is daar ook enkele ­reëls om te gehoorsaam voor jy ry. Onder dit tel dat jy ten alle tye op die roete moet bly en nie afwyk nie op die teerpad, rivierbedding en veral op die duine. Hierdie is vir jou eie veiligheid, aangesien die duine ’n effense helling aan die een kant het. Die ander is om die natuurlike omgewing in en rondom die duine te beskerm en te bewaar.

Jy mag ook nie jaag, kortpad kies, of teen ’n spoed ry waar jy jou lewe in gevaar stel nie.
As jy op die vierwiel sit, is dit belangrik om jou voete op die voetrus te hou, dit maak dit nie makliker om te ry nie, maar sal verhoed dat jy van die fiets afgetrek word deur die wiele iets wat tot ernstige beserings kan lei.

Desert Explorers is tussen Walvisbaai en Swakopmund, net voor die Swakoprivier-brug aan die linkerkant van die pad, in die rigting na Walvisbaai. Verskeie ritte is beskikbaar en vorige ondervinding is nie nodig nie.

Om teleurstelling vir die opwindende ervaring te vermy, is besprekings noodsaaklik.

Kontak  00264 6440 6096,  00264 81124 1386 of  00264 81129 2380 of stuur ook ­vir Desert Explorers ’n e-pos na ­info@namibiadesertexplorers.com

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.