Geniet Namibië met Europese flair
2010-04-30 08:54
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Kempinski Mokuti Lodge, slegs 2 km buite die wêreldbekende Etosha Nasionale Park, is bekend vir sy skouspelagtige wildbesigtigingsuitstappies, uitstekende konferensiegeriewe en egte Namibiese gasvryheid. Met ’n verskeidenheid restaurante en ’n verruklike spyskaart, bly dit die perfekte bestemming vir luilekker-wegbreke, aansporingsgeleenthede (incentives), vergaderings en wittebrode.
As die eerste internasionaal-bekende lodge in Namibië, ontmoet Europese flair egte Namibiese ongekunsteldheid en bied dit ’n kombinasie van besonderse Afrika-sjarme en weelderige internasionale finesse.
Die oord is weggesteek in ’n privaatreservaat wat strek oor 4 300 ha. Hierdie plek is ’n tuiste vir talle ongelooflike diere, en skep die perfekte harmonie tussen natuurlike skoonheid en oordadige gemak.
Die Kempinski Mokuti Lodge is die toppunt van romanse en belowe gaste ’n trou- en wittebroodervaring wat meer tuis sal wees in ’n sprokiesverhaal. Slaap in weelderige gemak in een van Mokuti se 56 deluxe-kamers, 34 safari-klubkamers, agt safari suites (gesinskamers) en agt Etosha-suites. Alle kamers beskik oor satelliet-TV’s, geriewe om tee en koffie te maak, ’n telefoon, mini-kroeg, ’n kluis, lugversorging en ’n waaier, en suite-badkamer met ’n stort of bad, ’n haardroër en muskietnette.
Hierdie bos-oord bied ’n verskeidenheid restaurante en kroeë om van te kies. Die Tambuti-restaurant bied ’n kombinasie van buffets van internasionale standaard en ’n à la carte-spyskaart, terwyl Boma ’n buitelug ambience bied, waar gaste kan sit en kyk hoe tradisionele Afrika-fynproewersgeregte voorberei word.
Ná ’n lang dag van wildbesigtiging, geniet ’n skemerkelkie in die gesellige Marula-kroeg met ’n drankie-spyskaart propvol verrassings. Of ontspan by die swembad en geniet ’n verfrissende mengeldrankie by die Etambi-swembadkroeg.
Veel meer as net ’n wegbreek, bied Kempinski Mokuti Lodge ook aan die onverskrokke ontdekker ’n onvergeetlike safari-ervaring in die nabygeleë Etosha Nasionale Park.
Vier jou verjaardag, huweliksherdenking of huweliksbevestiging of gooi alle versigtigheid oorboord en geniet ’n aanskoulike kerslig bos-ete onder die Afrika-hemel.
Vir groter groepe en aansporingsgeleenthede, is daar ’n verskeidenheid binnenshuise en buitemuurse kuierplekke beskikbaar. Die bos kry ’n lewe van sy eie wanneer die lodge se span ’n doodgewone stuk veld magies omskep in die asemrowende sterbeligte Ohambo-buitelugrestaurant.
Vir die sakereisiger bied Mokuti WiFi-internettoegang en ’n sakesentrum. Konferensiegeriewe is ook beskikbaar. Vir diegene wat hou van inkopies doen, is daar ’n kuriowinkel en handwerkmark. Vir die avontuurlustiges word private en geskeduleerde wildritte na die Etosha Nasionale Park sowel as begeleide bergfietstoere en Nordiese bosuitstappies aangebied. Daar is ook ’n wandelpad, reptielpark, twee tennisbane onder spreiligte, ’n biljartkamer, swembad en gimnasium.
Jy kan ook jouself oorgee aan outentieke Namibiese rustigheid by die Mokuti Spa & Gym. Met vyf ten volle toegeruste behandelingskamers, ’n jacuzzi, stoombad en twee ontspanningsareas sowel as ’n skatkis vol van verskeie ontspannings- en verjongingsbehandelings en -terapie, sal dié voortreflike spa jou verseker ’n pamperlangsessie gee wat absoluut hemels is. En wanneer dit tyd raak om bietjie te sweet, is daar ’n ten volle toegeruste gimnasium met topgeriewe en ’n pragtige uitsig oor die natuurskoon daar buite.
Welkom in Namibië!
Beste aanbod
Suid-Afrikaners wat met die hele gesin wil ontsnap van die gewoel van die Wêreldbeker-sokkertoernooi het ’n gulde geleentheid om ’n asemrowende bos-ervaring by Kempinski te beleef.
Spesiale tariewe vir lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap waarvan Suid-Afrika deel is, is nou by dié lodge beskikbaar.
Pryse begin by N$449 per persoon wat ’n deluxe-dubbelkamer deel. Gaste het nou die geleentheid om drie nagte te bly en slegs vir twee te betaal.
Dié aanbod geld tot 15 Julie. Bepalings en voorwaardes geld.