By dié plek het elke dier sy eie storie

2010-04-30 09:23

Die leeus is twee van vyf op die plaas.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die jagluiperd Lucky met die drie bene wat in ’n Volkswagen-advertensie verskyn het, het baie mense se harte aangegryp. Sy is een van die diere wat by die N/a’an ku sê Wildlife Sanctuary gerehabiliteer word ’n plek waar elke dier ’n storie het. ERNUSTA VAN WYNGAARD vertel die stories van van die ander diere op dié plaas.

Op pad na die leeukamp klop my hart in my keel. Ek weet nie wat om te verwag nie, maar wat ek wél weet, is dat ek bang is vir diere dóódbang. En soos wat ons loop, hoop ek die paadjie raak ál langer sodat ek hierdie ontmoeting nóg langer kan uitstel.

Daar is twee leeus ’n wyfie en ’n mannetjie in die kamp waarheen ons op pad is, deel die toergids Balon Teko (23) ons mee. Daar is in totaal vyf leeus op die plaas, maar dié twee is van die res geskei omdat daar te veel mannetjies in die ander kamp is en dit ’n lelike bakleiery afgee as die wyfie op hitte is, vertel hy.

“Darem nie te veel leeus nie,” probeer ek myself paai.
Die oomblik om teen my vrees te staan te kom, het aangebreek. Ons is by die leeukamp en die twee leeus kom dadelik orent toe hulle ons sien. In ’n poging om my vrese in die gesig te staar, kyk ek direk in die mannetjieleeu se oë. Hy gluur my aan en brul só hard dat ek instinktief agteruit tree om die afstand tussen my en die heining van hul kamp nóg groter te maak.
“Wat moet ’n mens nié doen as jy rondom leeus is nie?” wil ek by ­Balon weet.

“Moet hulle nie direk in die oë kyk nie, want hulle sien dit as ’n uitdaging en kan jou aanval,” kom sy antwoord.
Maar voor ek nog te veel kon tob of paniekerig raak oor dié “uitdaging” wat ek toe al klaar aan die mannetjieleeu gerig het, val Balon weg en deel dié leeus en later van die ander diere se besonderse, soms hartseer stories met ons.

Die leeus
Balon vertel al vyf leeus wat op die plaas gerehabiliteer word, het saam met ander groter leeus uit die Etosha Nasionale Park weggeloop. Dié vyf leeus was toe so agt maande oud, en het saam met die groter leeus op ’n boer se plaas beland.
“Die plaasboer het die grotes (leeus) doodgeskiet en toe vir Marlice (Van Vuuren, en eienaar van N/a’an ku sê Wildlife Sanctuary) gebel om te sê sy moet die kleintjies kom haal,” sê Balon.

Balon vertel voorts dat Marlice die leeus versorg het, en dat die mannetjie- en wyfieleeus waarby ons staan, vandag onderskeidelik agt en sewe-en-’n-half-jaar oud is.

Van die diere wat op die plaas gerehabiliteer word, word later weer in die natuur vrygelaat, maar ­Balon sê omdat hierdie leeus al so gewoond daaraan is om gevoer te word, sal hulle nie regkom in die veld nie. “Hulle sal probeer om ­naby huise en mense te kom.”

Die jagluiperds
Ons besoek later ook ’n kamp met drie jagluiperds twee wyfies en een mannetjie wat Aisha, Kiki en Aiko heet. Hulle is nie sommer gewone jagluiperds nie, en het al hul verskyning in films ook gemaak, laat Balon hoor.Hulle kom rustig aangestap toe Balon hulle roep om te kom vreet. Hy vertel hoe die luiperds by Na’an ku sê beland het: “Dié jagluiperds was saam met hul ma op ’n boer se plaas hulle was toe nog vier. Die boer het toe die kleintjies gevang om die ma te lok, maar sy het nie uitgekom nie. Een van die kleintjies het gesterf en die boer het toe vir Marlice gebel om die ander drie jagluiperds te kom haal.” In dié stadium was die jagluiperds nog suigelinge en moes hulle gevolglik met die bottel groot gemaak word. Vandag is die jagluiperds al sewe jaar oud.

Die wildehonde
“Kom-kom-kom-kom-kom-kom!” roep Balon toe ons by die kamp van die twee wildehonde, Liska en Kaleb, soos hulle genoem word, aankom. Binne sekondes is dié tweetjies daar omdat hulle weet hulle gaan nou kos kry.

Balon vertel dat dié twee mannetjies uit ’n program kom waar ­wildehonde geteël is. Volgens hom is daar in ’n wildehonde-kolonie altyd ’n “dominee” wat die leiding neem en rigting aan die ander in die trop gee.

Liska en Kaleb se ma was deel van bogenoemde trop en het geboorte gegee aan hulle, maar het blykbaar nie die “reg” of “toestemming” gehad om dit te doen nie. Sy is toe uit die trop geskop.

Liska en Kaleb se verwerping het nie hier gestop nie, “want”, verduidelik Balon, “as wildehond-kleintjies swak is, maak die ma hulle dood en dié tweetjies was baie swak.”

Om te verhoed dat hulle aan die hand van hul ma vrek, is Liska en Kaleb op die ou end ook vir Mar­lice gegee waarna sy hulle groot gemaak het. Liska en Kaleb is nou vyf jaar oud, en word, nes die jagluiperde, ook in films gebruik.

Luiperds
Toe ons by Keanu en Timbila se kamp aankom, maak dié twee luiperds geluide wat Balon “babageluide” noem. Volgens hom is dit omdat hulle handgrootgemaak is. “ ’n Luiperd is wild en maak nie (normaalweg) sulke geluide nie.”
Toe hulle egter die kos sien, verander dié geluid na ’n brulgeluid en voor ons ons kom kry, is die luiperdmannetjies in ’n kort geveg betrokke. Dis net stof wat staan.

Balon sê dis omdat hulle die kamp in twee gedeel het en elkeen normaalweg aan sy eie kant beweeg. Hulle baklei dus omdat hulle in mekaar se ruimte kom wanneer hulle gevoer word.
“Wat is húlle storie?” wil ek weet.

Keanu en Tambila se ma was swanger met hulle toe ’n plaasboer haar gevang en vir Marlice gebring het. Die ma het egter sewe dae ná die geboorte gevrek en dié twee is handgrootgemaak. Die luiperds is vandag agt jaar oud, maar niemand kom meer naby hulle vandat hulle drie jaar oud is nie, vertel Balon. “Hulle is te wild nou.”

Bobbejane en rooikatte
Altesaam 19 bobbejane en vyf rooikatte word in hul onderskeie kampe versorg. Dié diere is ongelukkig te veel om almal se stories te vertel, maar dat hulle ook wel ’n storie het om te deel, is verseker.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.