Beleef Etosha se ongerepte natuur

2010-04-30 09:10

Etosha is een van die wêreld se laaste groot wildernisse en ’n kritieke toevlugsoord vir baie van Afrika se vinnig-krimpende voël- en wildspesies, insluitende die ernstig bedreigde swart renoster, die bastergemsbok en skaars swartgesig rooibok (impala).

Etosha bied ’n tuiste vir meer as 114 soogdier- en sowat 340 voëlspesies en is een van die wêreld se grootste nasionale parke wat strek oor meer as 350 km van oos tot wes en 22 275 m² beslaan.

Sentraal tot die park en waarvandaan sy naam afgelei word, is die 6 133 m²-pan, eens ’n eindelose binnelandse see wat geleidelik droog geword het. Dié droogwording was as gevolg van klimaatsveranderinge en topografiese bewegings wat later daartoe gelei het dat die groot Kunenerivier, wat die pan gevoed het, rigting verander het en eerder in die Atlantiese Oseaan begin vloei het.

Vandag is die Etosha-pan ’n verlate herinnering van dié destydse meer, ’n skynbaar eindelose put met groenerige wit klei, modder en mineraalsout wat agtergebly het soos wat die water verdamp het tussen twee en 10 miljoen jaar gelede.

Die pan was in menseheugenis nog nooit heeltemal vol water nie ten spyte van die feit dat verskeie syriviere soos die Ekuma- en die Oshigamboriviere in die noordweste en die Omuramba Ovambo in die ooste in tye van goeie ­reënval steeds water daarnatoe aflei.

Sulke reënvalle veroorsaak gedeeltelike oorstroming wat tot gevolg het dat groot hoeveelhede water oor die pan vloei en duisende flaminke, waadvoëls en ander watervoëls hierna kom.

 Die ­voëls maak hul verskyning oornag en die pan wemel dan met lewe terwyl die water stilweg terugvloei, verdamp en weer verdwyn, en so dié dor landskap leeg laat met slegs lug­spieëlings wat dans oor die pan se soutkors-oppervlak.

Hoewel die Etosha-pan tot die park se naam gelei het en dit ongetwyfeld ’n sentrale eienskap daarvan is, is die pan nie die eintlike “park” nie.
Die omliggende soetveldvlaktes wat spruit uit ’n uitgebreide samestelling van sand, gruis en nimmereindigende troppe wild, is eintlik wat die indrukwekkende natuurlewe van die Etosha Nasionale Park uitmaak.

)  Inligting met vergunning van Visions of Africa. 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Reporting Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.