Blogs op dieburger.com: gebruikersooreenkoms

 

Blogs op dieburger.com verteenwoordig die opinies van bloggers en nie van Die Burger nie.

Praat gerus saam, maar opmerkings wat as onvanpas geag word, mag verwyder word deur dieburger.com

 

_____________________________________________________________________________________

 

DIE BURGER gebruikersooreenkoms

Lees asseblief hierdie GEBRUIKERSOOREENKOMS met aandag. Dit bevat belangrike kontraktuele regte, verpligtinge en voorwaardes tussen uself en DIE BURGER. U aanvaarding van die voorwaardes van die GEBRUIKERSOOREENKOMS word benodig vir u gebruik van hierdie webblad

 

 

GEBRUIKE

1.

Mense (Gebruiker(s)) wat DIE BURGER-webblad vir enige rede gebruik, onderwerp hulself aan en stem in tot hierdie voorwaardes en die privaatheidsbeleid van DIE BURGER wanneer hulle die webblad gebruik.

2.

DIE BURGER-webblad bestaan uit inligting, inhoud en dienste verskaf deur DIE BURGER, sy lisensiedraer (s), derde partye en gebruikers van DIE BURGER-webblad.

3.

DIE BURGER behou hom die reg voor om, na sy eie en volstrekte goeddunke, die ooreenkoms te wysig.

4.

DIE BURGER behou hom die reg voor, na sy eie en volstrekte goeddunke, om toegang tot die diens weg te neem, te wysig, verander, aan te vul, en/of toegang te beperk tot die dienste, inhoud, inligting, sagteware of rekenaarleërs wat op die webblad verskyn of deur DIE BURGER-webblad versend word.

5.

Enige inligting en/of inhoud wat op DIE BURGER-webblad verskyn of daardeur uitgestuur word, word nie uitgemaak as raad nie, en u, die gebruiker, word aangemoedig om met professionele raadgewers te skakel voordat u optree op grond van enige inligting of inhoud wat op DIE BURGER-webblad verskyn of daardeur uitgestuur worde.

6.

Niks wat op die webblad verskyn, sal beskou word as 'n aanbod deur DIE BURGER aan u, die gebruiker, nie en is bloot 'n uitnodiging om sake te doen.

 

 

INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE EN LISENSIE

 

 

7.

Alle inhoud, handelsmerke en data op die webblad, waaronder ingesluit word, maar nie beperk nie tot, sagteware, databasisse, teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting en ontwerpe is die eiendom van of word gelisensieër deur DIE BURGER, en word derhalwe deur plaaslike en internasionale wetgewing en verdrae beskerm van skending.

8.

Alle regte wat nie uitdruklik toegeken word nie, word voorbehou. Die intellektuele eiendomsregte in alle inhoud, inligting, dienste en/of sagteware wat berus by DIE BURGER sal by DIE BURGER bly berus en geen reg, betiteling of belang in enige eiendomsregte of inligting wat op die webblad verskyn, word aan u, die gebruiker, toegeken nie.

9.

DIE BURGER verleen aan u, die gebruiker, 'n persoonlike, nie-eksklusiewe en nie-oordraagbare lisensie om alle inhoud, inligting, dienste, sagteware en rekenaarleërs te gebruik of uit te druk op enige masjien/e waarvan u, die gebruiker, die primêre gebruiker is, vir nie-kommersiële doeleindes alleenlik.

10.

U, die gebruiker, word verbied om die lisensie toe te ken of oor te dra aan enige ander persoon en van onderlisensiëring. Sonder om afbreuk te doen aan bogenoemde, mag u, die gebruiker, familielede uitwys om toegang te verkry tot die inligting, inhoud en dienste op DIE BURGER-webblad en dit te gebruik, onderworpe aan die Gebruikersooreenkoms.

11.

Die ongemagtigde duplisering van inhoud, inligting, sagteware of rekenaarleërs, waaronder ingesluit word inhoud, inligting, sagteware of leërs wat verbeter, gewysig is of saamgevoeg is met sulke inhoud, inligting, sagteware of leërs, of die geskrewe materiaal wat daarmee verbind word, word ten sterkste verbied.

12.

Enige ongemagtigde duplisering en/of onderlisensiëring, of poging tot duplikasie, sal lei tot die onmiddellike opskorting van die ooreenkoms deur DIE BURGER sonder verdere kennisgewing.

13.

U, die gebruiker, sal verantwoordelik wees vir die gebruik van die inligting, inhoud of dienste waartoe u toegang verkry deur u gebruikersrekening, wat bepaal kan word deur koekies (''cookies''), kodewoorde of egtheid-sertifikate.

14.

U, die gebruiker, keur hiermee goed, waarborg en stem in om persoonlik aanspreeklik te wees vir enige verpligtinge waartoe ander mense hulle verbind wat die inligting, inhoud of dienste deur middel van u gebuikersrekening gebruik.

15.

U, die gebruiker erken dat sekere inligting, inhoud, dienste en/of skakels onaanneembare beelde, materiaal, inhoud of inligting kan bevat.

16.

Behalwe waar dit uitdruklik in die Gebruikersooreenkoms toegelaat word, mag nog u, die gebruiker, of u aangewese gebruikers enige inligting, sagteware of inhoud wat deur die diens ontvang word of waartoe toegang verkry word dupliseer, herversend, publiseer of andersins oordra of kommersieël benut.

 

 

 

ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE

17.

Deur die webblad te gebruik of deur met die nuuskantoor van DIE BURGER te kommunikeer deur elektroniese media, stem die gebruiker in en erken dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, onthullings, of enige ander kommunikasie, in ooreenstemming is met enige wetlike vereiste, waarby ingesluit is, maar nie beperk nie tot die vereiste dat sulke kommunikasie ''op skrif'' sal wees.

 

 

 

VERANDERINGS EN WYSIGINGS

18.

Die webblad kan tegniese of ander onjuisthede of tipografiese foute bevat. Veranderings en wysigings word van tyd tot tyd aangebring aan die inligting hierin vervat en hierdie veranderings sal bygewerk word by enige nuwe uitgawe van die webblad. DIE BURGER behou hom die reg voor om te enige tyd verbeterings en/of wysigings aan die webblad aan te bring.

19.

DIE BURGER behou hom die reg voor om pryse en tariewe wat op die webblad gekwoteer word, te enige tyd te verander en aan te pas.

 

 

 

PRIVAATHEIDSBELEID

20.

DIE BURGER respekteer u privaatheid en is verbind tot beginsels oor die beskerming van privaatheid. Hierdie privaatheidsbeleid verduidelik hoe DIE BURGER inligting insamel en versprei.

21.

Terwyl u die webblad gebruik kan inligting oor u deur ons versamel word of deur u verskaf word. Sulke inligting word die eiendom van DIE BURGER.

22.

DIE BURGER kan hierdie persoonlike inligting gebruik om u van tyd tot tyd van inligting aangaande ons produkte, dienste of geleenthede te voorsien. U kan versoek dat DIE BURGER staak om u sulke inligting te stuur of versoek dat u persoonlike inligting van ons databasis verwyder word.

23.

U kan ook toegang versoek tot enige persoonlike inligting oor uself wat DIE BURGER het. Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2 van 2000 (''Proatia'') stipuleer en reguleer hoe so 'n versoek gemaak moet word en onder watter omstandighede sulke toegang geweier kan word.

24.

U kan u persoonlike inligting korrigeer of op datum bring deur e-pos te stuur aan dsteyn1@dieburger.com. U kan ook u persoonlike inligting wat deur ons gehou word sien en korrigeer as dit nodig is deur midel van 'n geskrewe versoek aan DIE BURGER.

25.

DIE BURGER sal nie enige persoonlike inligting aan enigiemand bekendmaak nie, behalwe waar daarvoor voorsiening gemaak word in hierdie dokument. Ons kan egter sulke inligting bekend maak aan agente of werknemers van DIE BURGER wat sulke inligting nodig het om hul werk te verrig. Daar kan ook situasies wees waar die reg van ons vereis dat u persoonlike inligting bekendgemaak word. In alle ander situasies, behalwe ingeval DIE BURGER of sy verbonde dienste en/of webblad verkoop word, sal DIE BURGER nie u persoonlike inligting bekendmaak sonder dat u in kennis gestel word daarvan en die geleentheid gegun word om geskrewe toestemming te gee nie.

26.

DIE BURGER is nie verantwoordelik vir en gee nie waarborge of maak enige aansprake ten opsigte van die privaatheidsbeleid of optrede van skakels na enige derde partye se webbladsye nie.

27.

DIE BURGER behou hom die reg voor om die verpligtinge en voorwaardes in hierdie kontrak van tyd tot tyd te wysig. U is verantwoordelik daarvoor om sulke wysigings na te gaan elke keer wanneer u die webblad gebruik en u volgehoue gebruik van die webblad nadat sulke veranderings aangebring is, sal dui op die aanvaarding van die veranderings wat aangebring is.

28.

Indien u enige vrae of besorgdhede het oor die manier waarop ons u persoonlike inligting hanteer, kan u ons kontak by 021 406 2152.

 

 

VERSENDING VAN INLIGTING

29.

Die gebruiker erken dat inligting wat oor die internet versend word, waarby sonder beperking e-posboodskappe ingesluit word, vatbaar is vir monitering en onderskepping. Die gebruiker word gevolglik ontmoedig om enige inligting wat vertroulik, patentregtelik of sensitief is aan DIE BURGER te versend. Die gebruiker sal die risiko daarvan dra om sulke inligting op hierdie manier te versend en DIE BURGER sal in geen omstandighede verantwoordelik wees vir enige verliese, skade of nadeel wat die gebruiker as gevolg daarvan kan lei nie. DIE BURGER behou hom die reg voor om onafhanklike verifikasie van enige inligting wat per e-pos versend is te versoek en die gebruiker stem in tot sulke verifikasie indien DIE BURGER meen dit is nodig.

30.

Enige inligting of materiaal wat aan DIE BURGER gestuur word, sal beskou word as dat dit nie vertroulik is nie, behalwe wanneer skriftelik andersins ooreengekom is tussen DIE BURGER en die gebruiker.

 

SKAKELS EN OMRAMING

31.

Dit is uitdruklik verbode vir enige mens, onderneming, entiteit of webblad om na enige blad op hierdie webblad, waarby ingesluit is die voorblad, te skakel sonder vooraf, geskrewe toestemming van DIE BURGER.

32.

Dit is uitdruklik verbode vir enige mens, onderneming, entiteit of webblad om enige blad op die webblad, waarby ingesluit is die voorblad, te omraam op enige manier sonder vooraf, geskrewe toestemming van DIE BURGER.

(kopiereg: 2002 Buys Prokureurs Ingelyf.)