|
|
Aktiviste gekant teen Noord-Korea se kernwapen-program en die land se skending van menseregte, gooi ballonne gelaai met pamflette in die lug. Die ballonne sweef na ’n dorpie naby die grens wat die twee Koreas skei. Hulle dra boodskappe wat vra dat Kim-Jong Il van sy amp onthef word en dat inwoners vir ’n vry Noord-Korea moet veg. Noord Korea kan dalk binnekort weer met kern-missiel toetse begin. Foto’s: REUTERS/Jo Yong-Hak
KYK FOTO's »
Van mosie tot emosie: ’n Uitstalling van robots in Zürich, Switserland, stel masjiene vanaf die 1950s tot die hede ten toon. En in China, word nuwe wetgewing ingestel wat honde-eienaars laat grom. Alle foto’s REUTERS.
KYK FOTO's »
Los Angeles: Sommige van die grootste sterre op die planeet het opgedaag vir die BET (Black Entertainment television) toekennings hierdie naweek. Die tema van vanjaar se geleentheid is inderhaas aangepas om hulde te bring aan Michael Jackson wat Donderdag op die ouderdom van 50 oorlede is. Foto’s: REUTERS
KYK FOTO's »
Stormweer het Kaapstad en omliggende areas hierdie week getref. En dít is wat die Weerhaan sê: “Oor die koue is daar opnuut ’n waarskuwing van temperature Vrydagaand wat lewensgevaarlik kan wees vir diegene wat nie ’n dak oor hul kop het nie. Net in die metropool is dit vanaand bo 6 °C. Om sake in die Suid-Kaap te vererger, is daar Vrydagmiddag ook nog ’n paar reënbuie”... Intussen, stroom wilde weer-foto’s na web@dieburger.com.
KYK FOTO's »
’n Barkas van China het gister vir groot drama in dié Weskusdorp gesorg toe dit die vorige nag hier op die rotse geloop het.
KYK FOTO's »
Seedeinings om Kaapstad is tussen 5 m en 7 m hoog en sal na verwagting vandag 9 m by Kaappunt word. Die swaarste reënbuie lê nog voor, terwyl ’n stormsterk wind van tot 85 km/h tot Donderdag kan waai. Stuur jou weerfoto’s na web@dieburger.com
KYK FOTO's »
Dis in die Tygerberg Mediese Fakulteit museum waar ’n mens nuutgevonde respek en deernis vir ledemate soos jou voet en enkels, kry. Dis die ideale uitstappie vir ’n biologie-klas net voor eksamentyd of vir voornemende dokters/ sportgeneeskundiges. Nét die ding vir studente wat wil leer hoe om hul fibula van hul tibia te onderskei. Toere vir studente en skoolgroepe, begelei deur Professor Ben Page, is beskikbaar op sekere dae. ’n Toegangsfooi is betaalbaar. Tel 021 938-9419
KYK FOTO's »
Londen: Wimbledon 2009 het Maandag begin en eindig 5 Julie. Hier is ’n paar aksiefoto’s van die eerste paar uur. Alle foto’s: REUTERS
KYK FOTO's »
’n Paar flitse uit die eerste toets teen die Leeus op die Absa-stadion in Durban Saterdag. Die Bokke het met 26-21 gewen.
KYK FOTO's »
Die walvis-seisoen het Donderdag begin. ’n Boot bring twee walvisse na ’n basis in Hvalfjordur, Ysland. Japan en Noorweë gee groot subsidies aan hul walvis-industrieë, wat nie langer winsgewend is nie as gevolg van stygende koste en ‘n afname in aanvraag na walvis-vleis. Foto’s: REUTERS/Ingolfur Juliusson
KYK FOTO's »
Aktiviste betoog vir die etiese behandeling van diere. Dié PETA-aktiviste (People for the Ethical Treatment of Animals) het kaalbas voor die Eiffeltoring in Parys gaan sit om te betoog teen stiergevegte en die lyding waaraan die diere blootgestel word wanneer hulle in die strate losgelaat word om saam met mense te hardloop. Foto’s: REUTERS/Jacky Naegelen
KYK FOTO's »
Omtrent 600 Siberiese takbokke op ’n plaas naby die Siberiese stad Krasnoyarsk se horings word elke jaar afgesaag, en aan farmaseutiese maatskappye in Rusland, China, Korea en suid-oos Asië verkoop. Alle foto’s: REUTERS/Iilya Naymushin
KYK FOTO's »
Wilde perde word jaarliks tydens die somerseisoen gevang tydens die “Rapa Das Bestas” in Mougas, in die noordweste van Spanje. Die perde word dan in verskeie dorpies in die streek versorg en weer losgelaat.
KYK FOTO's »
’n Duiker ondersoek ’n Russiese duikboot wat tydens Finland se winter-oorlog in 1940 gesink het. Die wrak is deur duikers naby die Aland Eilande gevind. Die duikboot het met al 50 bemanningslede gesink nadat dit ’n myn getref het. REUTERS/Stefan Hogeborn/Scanpix
KYK FOTO's »
Dis somertyd in die noordelike halfrond en die nuutste modes is op die loopplank. Baaikostuum-ontwerpers in China wys hul skeppings by ’n kompetisie in die ”Ysblok”, soos China se nasionale akwatiese sentrum bekendstaan. En Rio de Janeiro, sien skakerings van blou. Alle foto’s REUTERS
KYK FOTO's »
Aurora, ’n 20-jarige Beluga walvis, het Maandag geboorte aan haar kalfie in die Vancouver Akwarium in Kanada geskenk. Andy Clark het die wonderwerk met sy kamera vasgevang. Foto’s. REUTERS/Andy Clark , Kanada
KYK FOTO's »
Roland Garros, Parys: Roger Federer van Switzerland het Robin Soderling van Swede Sondagmiddag 6-1, 7-6 (7/1), 6-4 gewen. Dit was die vierde keer dat Federer in die finale ronde van die Franse Ope meeding maar die vorige drie keer het hy teen Rafael Nadal van Spanje verloor. Foto’s: REUTERS/Regis Duvignau
KYK FOTO's »
Wêreldomgewingsdag word tradisioneel op die vyfde Junie gevier. Reuters se kameras het gaan fokus op een van die mees besoedelde damme op aarde, in Jakarta, Indonesië.
KYK FOTO's »
Die baba-panda wat in ‘n dieretuin noord van Bangkok gebore is nadat sy ma kunsmatig bevrug is, word hier aan die media gewys. Die 200-gram panda is nét ouer as een week. Foto: REUTERS/THAILAND
KYK FOTO's »
President Jacob Zuma het Woensdag sy eerste staatsrede by die opening van die parlement in Kaapstad gelewer. Die dag is weereens gekenmerk deur hoede, hooftooisels en rooi tapyte. Oud-President Nelson Mandela het vir ’n oomblik die kollig gesteel. Die Burger se fotograaf Yunus Mohamed, het dit reggekry om al vier SA presidente sedert 1994, in sy lens vas te vang.
KYK FOTO's »
Ongeveer 50 Vals-Moordvisse het Saterdagoggend by Kommetjie gestrand. Talle vrywilligers het vir ure gesukkel om die walvisse na dieper water te lei, maar hulle het aanhou terugkeer. Van die walvisse moes later om humanitêre redes geskiet word. Dit is nie duidelik waarom walvisse strand nie. Een teorie is dat ’n groep walvisse soms agter ’n beseerde of siek maat aanswem. Alle foto’s: Denzil Maregele en Michael Hammond.
KYK FOTO's »
|
|
|
|
VIND
|
 |
|
|
|
 |
|
|
 |
| ONS
BEVEEL AAN |
 |
netNaweek Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.
Gaan na netNaweek om te registreer.
|
|
|
|
|