Krediteureklerk** NUUT ** Geplaas Woensdag, November 19, 2008
Die ideale kandidaat vir beide poste beskik oor ‘n toepaslike
naskoolse rekeningkundige kwalifikasie (BComm/BCompt met
Rekeningkunde as hoofvak) en ten minste twee jaar ervaring in ‘n
soortgelyke betrekking. Kennis van MS Office is noodsaaklik, terwyl
ervaring van Oracle in aansoekers se guns sal tel.
SENIOR STADS EN STREEKSBEPLANNER** NUUT ** Geplaas Woensdag, November 19, 2008
Vereistes: ’n Toepaslike graad in Stads- & Streekbeplanning (NKR Vlak 6) • ’n
geldige kode EB (08)-rybewys en eie vervoer.
Aanbevelings: Ten minste vyf jaar toepaslike ervaring, met inbegrip van praktiese
ervaring van ontwikkelingsbeheer en strategiese beplanning • ervaring van die
vervreemding van Raadsgrond • kennis van toepaslike wetgewing en beleidsriglyne
• die vermoë om met die breë gemeenskap en belangegroepe te skakel, asook
toepaslike ervaring daarvan • uitstekende organisatoriese en administratiewe
vaardighede • sterk geskrewe en mondelinge kommunikasievaardighede • verslagskryfvaardighede
• rekenaarvaardigheid • uitgebreide kennis ten opsigte van die
gelyste verantwoordelikhede • professionele registrasie by SARSS.
Bestuurskonsultant** NUUT ** Geplaas Woensdag, November 19, 2008
Min. Gr 12 en ´n toepaslike naskoolse kwalifikasie in besigheidsbestuur of bemarking is noodsaaklik. Die suksesvolle
kandidaat sal oor 'n bewese suksesrekord, ten minste 3 jaar uitgebreide ervaring op die gebied van kleinhandelbesigheidsbestuur
beskik en kennis van Agrinet se produkreeks sal ‘n aanbeveling wees.
‘n Geldige bestuurderslisensie en voertuig, goeie menseverhoudings en taalvaardigheid in Afrikaans en Engels is verdere vereistes.
Laboratoriumbestuurder** NUUT ** Geplaas Woensdag, November 19, 2008
Aanstelling verg ‘n BSc of gelykwaardige natuurwetenskapkwalifikasie en ten
minste vyf jaar soortelyke ervaring in ‘n wynverwante laboratorium. Goeie
rekenaarvaardigheid, met spesifieke kennis van MS Excel, Word, die Internet en
LIMS, word voorts vereis.
Assistentrekenmeester** NUUT ** Geplaas Woensdag, November 19, 2008
Die ideale kandidaat vir beide poste beskik oor ‘n toepaslike
naskoolse rekeningkundige kwalifikasie (BComm/BCompt met
Rekeningkunde as hoofvak) en ten minste twee jaar ervaring in ‘n
soortgelyke betrekking. Kennis van MS Office is noodsaaklik, terwyl
ervaring van Oracle in aansoekers se guns sal tel.
CAD-OPERATEUR/TEGNIKUS** NUUT ** Geplaas Woensdag, November 19, 2008
Vereistes:
• AutoCAD 2009-geletterdheid
• Verkieslik ’n tegniese diplomakwalifikasie
• Minimum 5 jaar ervaring in ’n toepaslike siviele ingenieurs omgewing
• Kennis van MS Word en Excel
• Kennis van Arcview 3 en/of ArcGIS 9 sal voordelig wees.
Kwalifikasies: ’n Senior Sertifikaat (of gelykwaardige kwalifikasie) plus toepaslike
ondervinding. Kandidate wat nie aan die minimum geadverteerde kwalifikasievereistes
voldoen nie, maar wat oor die nodige bevoegdhede beskik om suksesvol in die pos te
presteer, mag ook aansoek doen.
Bevoegdhede: • kennis van bedryf van basiese toerusting (fotostaatmasjien, OHP, ens.)
goeie mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede • goeie beplannings- en
organisatoriese vaardighede • tydbestuurvaardighede • basiese plobleemoplossingsvaardighede
• rekenaargeletterdheid (MS Office).
Argieweklerk ** NUUT ** Geplaas Dinsdag, November 18, 2008
Posfunksies: Lêerbestuur: • open leêrs soos nodig • liasseer relevante dokumente op
bestaande lêers • sluit lêers soos voorgeskryf • verseker veiligheid van lêers op stelsels
• ontvang en open pos. Elektroniese dokumentbestuur: • voorsien dokumentasie vir
skandering • skandeer dokumente • liasser dokumente na skandering• hou
dokumentstelsel in stand. Stelselsinstandhouding : • doen vaslegging van
lêerbesonderhede op dokumentadministrasiestelsel • hou databasis van inkomende en
uitgaande dokumente in stand. Navrae: Beantwoord navrae ten opsigte van dokumentasie
van lêers binne Registrasie. Dienslewering: Voldoen aan Batho Pele-beginsels en -vereistes
van Balanstelkaart.
Die formele kwalifikasie vereis vir hierdie pos is ’n Senior Sertifikaat (of gelykwaardige
kwalifikasie) met toepaslike klerikale/administratiewe ondervinding. Kandidate wat nie aan die
minimum geadverteerde kwalifikasievereistes voldoen nie, maar wat oor die nodig
bevoegdhede beskik om in die pos te presteer, mag ook aansoek doen.
Bevoegdhede: • goeie mensevaardighede en die vermoë om onder druk te funksioneer met
’n hoë vlak van verantwoordelikheid • bewese organisatoriese vaardighede • bewese
rekenaargeletterdheid (MS Office) • goeie skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede.
Minimum 2- 3 years experience in reconciling a debtors book with a value
of at least R1 million +. Exposure to the collection of debts at large retailers. Knowledge of Syspro system advantageous.
netNaweek.com Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.