Moenie apartheid vergoeilik nie

2011-07-14 13:37

Professor Anton van Niekerk

Leopold Scholtz (“Opnuut ’n groot wroeg”, DB, 11.06) en Flip Buys (“Afrikaner, vat jou verlede terug”, Beeld, 23.06) skryf byvoorbeeld albei besprekings van die musiekspel Tree aan, gegrond op ervarings tydens Suid-Afrika se Grensoorlog van die jare tagtig.

Albei maak ’n soortgelyke punt daaromtrent, naamlik dat wit mense wat aan die kant van die apartheidsregering in dié oorlog geveg het, heeltemal geregverdig was om dit te doen.

Die rede daarvoor is dat die oorlog nie gegaan het om die regverdiging van die apartheidsbedeling nie, maar om die “beveg van die kommunistiese aanslag”.

Die argument is dat die ANC geen demokratiese intensies vir Suid-Afrika gehad het nie, en dat wit mense se deelname aan die oorlog uitgeloop het op ’n skuif in die ANC se strategie van “stalinisme” na demokrasie en die regstaat.

P.W. Botha en sy apartheid-regime was dus inderwaarheid heeltemal reg om die oorlog te regverdig in die naam van ’n “totale ­aanslag” van ’n Moskou-ANC-SAKP-geïnspireerde kommunisme, en die feit dat ons vandag nie so ’n stelsel in Suid-Afrika het nie, is die gevolg van die oorlog en dus iets vir Afrikaners/wit mense om op trots te wees.

Met sulke interpretasies, meen Buys, kan die Afrikaner sy “verlede terugvat”: “Ons moet ons geskiedenis terugvat! Dit is die enigste manier waarop ons ons toekoms dan ook sal kan terugvat.” Ook Scholtz is hieroor uitgesproke: “Sonder die opofferings van die soldate van die Grensoorlog sou ons almal se stemme tjoepstil gewees het. ’n Artikel soos dié sou nooit verskyn het nie. En dus is my antwoord: Ja, ondanks alles was dit [die oorlog] wel die moeite werd.”

Hierdie betoog moet in samehang gelees word met Charl-Pierre Naudé se amperse oorval (“Filosoof deel pille uit vir haar eie siekte.”, DB, 29.06) oor Samantha Vice se fyn beredeneerde bespreking van die onomstootlike morele predikament verbonde aan wit-wees in Suid-Afrika (“How do I live in this strange place”, Journal of Social Philosophy, vol. 41, no. 3: 323-342).

Vice erken dat haar (en almal van ons wat wit is se) bevoorregte posisie in Suid-Afrika op ’n onontkenbare wyse te make het met die sistematiese bevoorregting wat ons en ons voorsate oor dekades en eeue ten koste van swart Suid-Afrikaners gehad het. (Twee kort voorbeelde: In die jaar 1986 was die verhouding tussen onderwyser en leerlinge in wit onderwys 1:18, en in swart onderwys 1:43. In 1960 het slegs 190 swartes – wat die oorgrote meerderheid van die bevolking was – in Suid-Afrika matriek geskryf.)

En ons weet wat dr. H.F. Verwoerd gedink het van die idee dat swart mense iets meer as rudimentêre onderwys moet ondergaan; dit was “ongewens” omdat dit onvervulbare verwagtinge by hulle sou skep!

Dat sy egter só kan dink, is vir Naudé simptomaties van ’n “siekte” waaraan hy – wat niks aan enig­iemand te danke het nie – gelukkig nie ly nie.
Het die feit dat die implikasies van die nuwe Suid-Afrika uiteindelik tot sommige besonder verbale Afrikaner-intellektuele begin deurdring het, werklik begin meebring dat hulle hulself begin wysmaak dat apartheid glad nie so sleg was nie en dat wit mense en Afrikaners – wat steeds verreweg die hoogste lewenstandaard in Suid-Afrika handhaaf – hulself aan hul skoenrieme opgetrek het?

Apartheid was ’n stelsel van staatsosialisme wat feitlik volledig afgestem was op die bevoorregting van Afrikaners. Ook die ouers en voorouers van jong wit mense wat geen aantoonbare aandeel in die vestiging en bestendiging van hierdie stelsel gehad het nie, het dit wel gehad, en hulle is dus ’n produk daarvan.
Om voorts te redeneer dat die “totale aanslag”-ideologie ten opsigte van die Grensoorlog korrek was, is ’n bedenklike verdraaiing van die waarheid.

Dit mag wel wees dat die ANC in die oorlogsjare sterker as vandag onder Moskou se invloed gestaan het. Om egter op grond daarvan te redeneer dat die apartheid-regime die ANC militêr aangevat het ten einde “demokrasie en die regstaat” te beskerm, is ’n lagwekkende idee.
Die Suid-Afrika van apartheid was slegs ’n “demokrasie” ten opsigte van ’n klein minderheid van sy bevolking, en van respek vir menseregte was daar feitlik geen sprake nie. In wese is met “totale aanslag” bedoel wat die term in sy argeloosheid eintlik aanvoer: ’n totale aanslag op die bevoorregte leefwyse van Suid-Afrika se wit minderheid, ’n aanslag wat ten alle koste afgeweer moes word.

Die idee van demokrasie, die regstaat en menseregte was net soveel ’n (gerieflike) ontdekking van die wit maghebbers in die onderhandelingsfase in die vroeë jare negentig as van enigiemand anders.
Dit help nie om die “geskiedenis terug te vat” deur dit te laat buikspreek in terme van die vrese en obsessies van die hede nie. As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.

Vandaar Vice se suggestie dat nederigheid en stilte die meer gepaste reaksie van wit mense in ons tyd moet wees. Ek stem met haar saam ten opsigte van nederigheid: as wit mense het ons geen onwrikbare morele locus standi van waar ons links en regs oor ander kan oordeel nie.

Ek verskil egter van haar ten opsigte van stilte, selfs al is dit so dat die stilte wat sy bepleit, nie ’n passiewe oorgawe is nie, maar ’n aktiewe luister en ’n stille werksaamheid om reg te stel waar moontlik.

Ek sou egter nogtans wou pleit vir die reg om mee te doen aan die gesprek – en dus ook vir Buys, Scholtz en Naudé se reg in hierdie verband. Stilte skep te maklik die geleentheid om die onregte van die vroeër benadeeldes ook oor die hoof te sien.

Gesprek is belangrik, omdat dit slegs via die pyn van interaksie en die soeke na wedersydse begrip is dat ons mekaar uiteindelik beter sal leer verstaan en dat ons uiteindelik in staat sal wees om aanvaarding te verwerf en op die grondslag van gedeelde waardes die land as gelykes te bewoon.

--- Die skrywer is die direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
64 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nog-kommentaar

Jurie sê... Jared, terwyl jou opinie 'n geldige een is, is dit nie eintlik waarom die hoofartikel gaan nie. Dit gaan daarom - soos die opskrif dit duidelik stel - dat die debat daaroor moet voortgaan. Die ANC probeer tegelyk die debat smoor, die kunswerk brandmerk as rassisties - want dis mos die toppunt van doodsondes - en boonop nog regsingryping tot sy voordeel manipuleer. En dit alles terwyl die hoofkwessie is dat ons in 'n demokrasie is, waar vryheid van uitdrukking 'n hoeksteen is. 'n Mens kan verskil of saamstem soos jy wil - jy kan Murray se werk brandmerk as "in vrot smaak" of "gepas en briljant" - maar dit gaan daarom dat Murray wetlik die reg het om Zuma so uit te beeld al dan nie, en dat daaroor debat gevoer kan word. DIT is die kruks van die saak. En dan, wanneer die reg om debat te voer herbevestig is, dan moet ons voortgaan om die debat rondom ons president (of ons nou daarvan hou of nie) se bedenklike (my opinie) morele waardes te voer. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.