2012-05-01 00:00
Die Suid-Afrikaanse werker kan vandag op Werkersdag ’n bietjie agteroorsit en ontspan. Wat die beskerming van werkerregte betref, is Suid-Afrika se arbeidswetgewing van die liberaalste wat daar is.
2012-04-26 00:00
Min ander ministers in die kabinet van pres. Jacob Zuma straal die etiket van steeksheid en hardkoppigheid meer uit as me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging.
2012-04-24 00:00
Twee belangrike tussenverkiesings vind môre op Grabouw en in Guguletu/Manenberg plaas wat ’n goeie aanduiding kan gee hoe die wind in die Wes-Kaapse politiek waai.
2012-04-20 00:00
Verbruikers sal vorentoe die hand diep in die sak moet steek weens die regering se swak bestuur, ontoereikende beplanning en die gebrekkige instandhouding van infrastruktuur.
2012-04-18 00:00
Nog ’n geleentheid vir die internasionale finansiële instellings om hulself te hervorm het verbygegaan met die aanstelling van dr. Jim Yong Kim, ’n Suid-Koreaansgebore Amerikaner, as nuwe hoof van die Wêreldbank.
2012-04-15 20:08
Die voorval waarin die negejarige Matilda du Preez in Mountainview, Pretoria, glo deur ’n lid van die plaaslike sektor-polisiëringsforum (SPF) doodgery is, behoort ’n waarskuwing te wees vir alle burgerlike organisasies wat in die stryd teen misdaad help.
2012-04-12 00:00
Sodra ’n mens dink niks méér kan skeefloop in die toprange van die polisie nie, word mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, beskuldig van die misbruik van geld uit misdaadintelligensie se noodfonds.
2012-04-10 00:00
Die waarskuwing van die openbare beskermer (OB) dat korrupsie by ’n breekpunt is en dreig om oor die afgrond te tuimel, is ’n uiters belangrike wekroep.
2012-04-04 00:00
Pres. Jacob Zuma se ontkenning van betrokkenheid by die besluit oor die opheffing van lt.genl. Richard Mdluli se skorsing, is interessant, maar nie besonder oortuigend nie.
2012-04-01 21:33
Daar is meer vrae as antwoorde oor die heraanstelling van lt.genl. Richard Mdluli in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).